0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
  • All Departments
Price
  • R100 - R250 (6)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 6 of 6 matches in All Departments

Die Manjifieke Onthulling Van Mel (Afrikaans, Paperback): Jacolet van den Berg Die Manjifieke Onthulling Van Mel (Afrikaans, Paperback)
Jacolet van den Berg
R290 R249 Discovery Miles 2 490 Save R41 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Wanneer die lewe jou omwentel is die wéét binne-in jou.

Vir Mel is haar eie melkweg skitterend. Sy het wat sy wil hê, sy is wie sy wil wees. Sy maak die reëls en sy dra nie maskers nie, want sy is in beheer. Maar skielik maak ’n veel groter ster haar verskyning: Isabella, ʼn ongevraagde toevoeging tot die gesin. En boonop besef Mel dat haar beroepskeuse as mediese suster ʼn ode was aan haar oorlede ma. Susterwees was dalk haar ma se passie, maar is dit regtig hare? Mel maak gereed om uit haar einste, skitterende melkweg te verskiet. Dit is ʼn waagstuk, iets wat só nie haar ding is nie. Die ontdekkingsreis vat haar na ʼn wêreld wat sy nog altyd vermy het, tussen mense wat nie haar dam se ganse is nie.

By die flats van Belhar kom sy tot die besef dat die dam dalk nie hare is nie, maar dat sy tog, teen haar verwagting, inpas by die ganse. Sy ontmoet ’n jeugwerker met tatoes en ʼn skaatsplank wat baanbrekerswerk onder die jeug doen. Sy leer Llewellyn, haar stiefsuster se grootste aanhanger, beter ken en wys hom sy is nie so upstairs soos hy gedink het nie. Mel ontdek haarself en ʼn wêreld buite haar eie reëls.

Moet sy kies tussen wie sy was en wie sy kan wees? Of is daar plek vir Mel die skateboarder, die biker en die kelner in haar melkweg?

Liefde In Ink 3 In 1 Omnibus: Jacolet van den Berg Liefde In Ink 3 In 1 Omnibus
Jacolet van den Berg
Sold By Readers Warehouse - Fulfilled by Loot
R142 Discovery Miles 1 420 Ships in 5 - 7 working days

Liefde in Ink:Hoe verlief Sanet ook al op hom is, hy is ’n halwe dominee en sy ’n tatoeëerkunstenaar. Boonop het hy ’n rebelse tienerdogter. Of kan liefde soos dié tog ’n gapende afgrond oorbrug?Liefste Amelia:Hoe verlief Sanet ook al op hom is, hy is ’n halwe dominee en sy ’n tatoeëerkunstenaar. Boonop het hy ’n rebelse tienerdogter. Of kan liefde soos dié tog ’n gapende afgrond oorbrug?Kasteelbruid: Tanja Vermeer het Suid-Afrika toe gekom om ’n vreemde man se vrou te word omdat sy geen ander uitweg gesien het nie. Die man wat haar op die lughawe kom haal, lyk nog aantrekliker as op die internetfoto. Maar tot haar skok moet sy uitvind dis nie Karel nie. By Purper Drome aangekom, word sy nie net deur ’n bombastiese Karel gekonfronteer nie, maar ook deur sy snobisties tant Muriel.

Bravo! Charlie (Afrikaans, Paperback): Jacolet van den Berg Bravo! Charlie (Afrikaans, Paperback)
Jacolet van den Berg
R200 R145 Discovery Miles 1 450 Save R55 (28%) Ships in 7 - 11 working days

Wat het geword van elke man vir homself?

Charlie Flets is 17, taai en ʼn 800m atleet op pad na SA’s. Behalwe vir sy skaaphond buddy, Bravo, en vriend, Jordan Jafta, probeer Charlie sy bes om solo te vlieg. Probeer ...

Dis makliker gesê as gedaan, veral as jou buddies moeilikheid kry.

Terwyl hy bloed sweet op die atletiekbaan, maak hy seker dat hy nie per ongeluk ʼn barmhartige Samaritaan soos die res van sy gesin word nie. Hy fokus eerder op sy eie oorlewing, want hy haat dit dat sy pa ’n helikoptervlieënier in die lewensgevaarlike Soedan is en hy haat dit dat sy ma alles en almal in nood help. Soos die uiters vreemde tannie San wat haar intrek in sý buitekamer kom neem het.

En dan tel Charlie teensinnig ʼn verlore joernaal op en teen sy beterwete probeer hy die eienaar opspoor. Skielik word sy eie planne van alleen leef ontspoor, want die joernaal maak ʼn ander wêreld vir hom oop.

Die Geheime Lewe Van Gita (Afrikaans, Paperback): Jacolet van den Berg Die Geheime Lewe Van Gita (Afrikaans, Paperback)
Jacolet van den Berg
R290 R249 Discovery Miles 2 490 Save R41 (14%) View more sellers Ships in 7 - 11 working days

Niemand mag haar sien sonder haar mantel nie.

Gita kruip al haar lewe lank agter voorgee weg; ʼn mantel vir elke okkasie.

Flambojante, pienk-Gita, vir wanneer sy opspraak wil maak, swart-Gita wanneer sy wil wegraak en laag lê, rooi-Gita wanneer sy uitdagend is, en natuurlik die blinkkant-bo-baadjie as sy voor die familie is. Maar agter die mantels spook dit by Gita. Haar pa het weggeloop met ’n ander vrou toe sy tien jaar oud was.

Sedertdien sukkel sy om mense naby haar toe te laat. Niemand mag haar sien sonder ’n mantel nie. Wanneer haar werk deure moet sluit pak sy haar lewe op en vertrek Knysna toe. Daar waar haar pa is. Waar sy nuwe vrou is. Waar sy nuwe kinders is. Langs die pad ontmoet sy die kleurvolle Llewellyn wat haar as verkleurvroutjie sien en sy is heeltemal oukei daarmee. Sy is wel nie oukei met die amper-blinde tjellospeler, Darius, en sy broer wat haar geheime lewe wil oopkrap nie. Skielik is daar vier baie verskillende mans in haar lewe, en Gita het nie genoeg mantels om alkant te dek nie.

Tyd Om Te Skaats (Afrikaans, Paperback): Jacolet van den Berg Tyd Om Te Skaats (Afrikaans, Paperback)
Jacolet van den Berg
R220 R189 Discovery Miles 1 890 Save R31 (14%) In Stock

Hannah is vasgekeer.

Tussen die boom se blare waar sy soms vir haar lewe wegkruip en per ongeluk vir Lua, die coolste meisie wat sy ken, afloer. Sy is vas tussen die soet geure van haar ma se koekskeppings en haar uitgewaste jeans. Vas tussen haar pa se rugbesering terwyl hy plastiek-warlord speel en die wêreld vanuit sy studeerkamer probeer red. Vas in haar onvermoë om haarself te laat geld. Sy is moeg vir wegkruip, moeg om die enigste agter-die-klip-tiener te wees en te vries wanneer sy moet vlieg.

Tot Lua onverwags ʼn paar ou rolskaatse vir Hannah gee en haar help om kelnerin by die akwarium se koffiewinkel te word.

Hannah kom voor ʼn keuse te staan: veg, vlug of vries?

Sy kies! Sy kyk video’s oor hoe om bo te bly, want skaats gaan sy skaats. Die De Lange-broers kruis haar pad. Leo leer haar skaats, Ben wys haar die dolfyne en Hannah se vlerke kry vere.

Sy vlieg en wanneer sy land ... land sy op wiele!

Klaskameraad Studiegids: Tyd om te Skaats (Afrikaans, Paperback): Jacolet van den Berg Klaskameraad Studiegids: Tyd om te Skaats (Afrikaans, Paperback)
Jacolet van den Berg; Compiled by Marieta Nel
R120 R103 Discovery Miles 1 030 Save R17 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Tussen die boom se blare waar sy soms vir haar lewe wegkruip en per ongeluk vir Lua, die coolste meisie wat sy ken, afloer. Sy is vas tussen die soet geure van haar ma se koekskeppings en haar uitgewaste jeans. Vas tussen haar pa se rugbesering terwyl hy plastiek-warlord speel en die wêreld vanuit sy studeerkamer probeer red. Vas in haar onvermoe om haarself te laat geld. Sy is moeg vir wegkruip, moeg om die enigste agter-die-klip-tiener te wees en te vries wanneer sy moet vlieg. Tot Lua onverwags'n paar ou rolskaatse vir Hannah gee en haar help om kelnerin by die akwarium se koffiewinkel te word. Hannah kom voor 'n keuse te staan: veg, vlug of vries? Sy kies! Sy kyk video's oor hoe om bo te bly, want skaats gaan sy skaats. Die De Lange-broers kruis haar pad. Leo leer haar skaats, Ben wys haar die dolfyne en Hannah se vlerke kry vere. Sy vlieg en wanneer sy land ... land sy op wiele!

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Mellerware Swiss - Plastic Floor Fan…
R371 Discovery Miles 3 710
Mellerware Aquillo Desktop Fan (White…
R579 Discovery Miles 5 790
Philips TAT2206 True Wireless In-Ear…
R899 R809 Discovery Miles 8 090
Loot
Nadine Gordimer Paperback  (2)
R383 R318 Discovery Miles 3 180
Casio LW-200-7AV Watch with 10-Year…
R999 R884 Discovery Miles 8 840
Cantu Shea Butter Leave-in Conditioning…
R70 Discovery Miles 700
Hampstead
Diane Keaton, Brendan Gleeson, … DVD R63 Discovery Miles 630
1 Litre Unicorn Waterbottle
R70 Discovery Miles 700
Ab Wheel
R209 R149 Discovery Miles 1 490
The Creator
John David Washington, Gemma Chan, … DVD R312 Discovery Miles 3 120

 

Partners