0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
  • All Departments
Price
  • R100 - R250 (1)
  • R250 - R500 (4)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 5 of 5 matches in All Departments

Bloedbande (Afrikaans, Paperback): Jeanette Stals Bloedbande (Afrikaans, Paperback)
Jeanette Stals
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Speurder-sersant Luna Joubert van die Stellenbosch polisiediens word gestuur om die eienaardige dubbele moord op die eienaar van ’n kwekery en sy vrou te ondersoek. Die De Winters is beide met ’n skerp voorwerp aangeval, maar daar was geen teken van ‘n struweling of enige getuies om sin te maak van die voorval nie.

Terwyl Luna sukkel om ’n moord sonder verdagtes of leidrade op te los, maak Mike Grant weer sy onverwagte verskyning. Hierdie keer is hy op ’n geheime sending onder die geledere van ’n plaaslike dwelmsindikaat. Ten spyte van sy nuwe voorkoms vind Luna dit onmoontlik om nie die deur oop te maak wanneer hy klop nie.

Soos Mike homself in die onderwêreld ingrawe, begin Luna op tone trap om haar eie raaisel op te los. Was die De Winters wie almal dink hulle was? Weet die kinders dalk meer as wat hulle voorgee? Wat gaan aan by die studentehuis oorkant die straat? En wie is die man in die sportmotor wat so op die buitewyke van haar ondersoek beweeg?

Om antwoorde te kry sal Luna die donkerte en als wat daarin skuil moet trotseer. Bloedbande is die vierdie boek in Jeanette Stals se Luna Joubert-reeks.

Die Oseaan Tussenin (Afrikaans, Paperback): Jeanette Stals Die Oseaan Tussenin (Afrikaans, Paperback)
Jeanette Stals
R300 R277 Discovery Miles 2 770 Save R23 (8%) View more sellers Ships in 5 - 10 working days

Oorlog verswelg die Boererepubliek. Huise word verwoes, landery word verbrand, en vroue en kinders in konsentrasiekampe aangehou.

Pieter Nel lei ’n kommando bittereinders in ’n desperate opstand teen die Britse ryk. Hulle offer alles op vir ’n vrede wat dalk nooit gaan kom nie, vir ’n huis wat hulle dalk nooit weer gaan sien nie.

Intussen moet Katrina Nel baklei om haarself en hul kinders aan die lewe te hou namate die toestande in die konsentrasiekampe al hoe hagliker word. Hier word haar lewe onlosmaaklik vervleg met dié van die ander vroue, die hanskakies wat die vyand help om die kampe te bestuur, en die Engelse offisier wat haar hart wil wen.

Wag daar lewe of liefde anderkant die oorlog?

Volmaan in Baviaanskloof (Afrikaans, Paperback): Jeanette Stals Volmaan in Baviaanskloof (Afrikaans, Paperback)
Jeanette Stals
R290 R210 Discovery Miles 2 100 Save R80 (28%) Ships in 5 - 10 working days

Fransien Theron, ’n jong kunstenaar, besluit om haarself te gaan afsonder op ’n gasteplaas in die Baviaanskloof. Dis tyd om finaal afskeid te neem van haar baba wat sy twee jaar gelede in ’n ongeluk verloor het, en te aanvaar dat Hein van haar wil skei. Sy onderneem
om die kloof se berg uit te klim en vir oulaas iets van die mooi herinneringe, wat sy en haar geliefdes in gelukkiger tye gedeel het, tydens volmaan te ervaar.

Terwyl sy stap, kruis haar pad onwetend met dié van ’n beseerde luiperdwyfie wat onlangs haar opgeskote welpie in die kake van ’n slagyster verloor het. Instinktief begin hierdie twee bewus raak van mekaar se verlies, en onder die waaksame blik van die maan gebeur
iets wat Fransien se lewe onherroeplik verander. Haar innerlike reis na heelword begin.

In hierdie magiese ruimte waar skoenlappers volgens die eksentrieke Tobie fêries op hul vlerke rondkarwei, begin Fransien weer kleur en vorm sien en leer sy opnuut hoe om voluit te lewe.

Dag Drie (Afrikaans, Paperback): Jeanette Stals Dag Drie (Afrikaans, Paperback)
Jeanette Stals
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) View more sellers Ships in 7 - 11 working days

Luna Joubert se moed en vernuf word weer tot die uiterste beproef in Dag drie. Sy en haar medespeurder, Johan, vergesel vir Mike, ’n volbloed diepdekkingsagent, op ’n missie na Mauritius waar Mike met ’n informant kontak sal maak. Luna en Johan moet die skyn van gewone vakansiegangers vir hom help bewaar, maar niks loop volgens plan nie.

Hulle eerste dag op die eiland lewer die lyk van ’n jong meisie op wat ooglopend vermoor is. Die informant laat nie van hom hoor nie en hulle word uit die bloute deur wildvreemde mense ‘bevriend’. Rooi ligte flikker toe hulle genooi word vir ’n visvang-uitstappie op ’n luuksejag. Luna het nie ’n goeie gevoel oor die eienaar van die boot nie, want hy is net ’n bietjie té gretig om hulle van naderby te leer ken. Nie alleen beland sy en haar twee kollegas in lewensgevaar nie; toe Johan verdwyn waag sy dit ook op baie dun ys om hom te probeer opspoor en dag drie eindig onvermydelik in ’n breekspul.

Diep Spoor (Afrikaans, Paperback): Jeanette Stals Diep Spoor (Afrikaans, Paperback)
Jeanette Stals
R320 R295 Discovery Miles 2 950 Save R25 (8%) Ships in 5 - 10 working days

In die stormagtige jare voor en tydens die Groot Trek raak drie vroue se lewe vervleg in ’n stryd om voortbestaan. Lojaliteit word getoets en inbors word beproef.

Katrien is ’n sensitiewe waterverfskilder. Sy en haar man, Stefaans, wou vir hulle ’n lewe op ’n plaas op die Oosgrens maak. Maar toe teëspoed hulle tref, word hulle deel van Hendrik Potgieter se trek na die binneland.

Dina, ’n slavin, is Katrien se grootste vertroueling. Sy trek saam, haar liefde vir Stefaans ’n geheim wat sy ten alle koste moet bewaak.

Thabisa is deur haar man verwerp. Ook sý is deel van Katrien se kring.

Wanneer Stefaans by Piet Retief se noodlottige afvaardiging na Dingaan aansluit, onthou sy opnuut die onreg wat sy voorganger, Shaka, haar familie aangedoen het. In die loop van die geskiedenis laat hierdie drie vroue diep spore.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
The First Black Boxing Champions…
Colleen Aycock, Mark Scott Paperback R778 Discovery Miles 7 780
Life According to the Rules of Boxing…
Jolie Glassman Hardcover R993 Discovery Miles 9 930
Chicago Boxing
J. J. Johnston, Sean Curtin, … Hardcover R719 R638 Discovery Miles 6 380
Modern Computational Intelligence…
Ryszard Tadeusiewicz Hardcover R4,020 Discovery Miles 40 200
Breast MRI - Diagnosis and Intervention
Laura Liberman Hardcover R8,039 Discovery Miles 80 390
Handbook of Molecular Imaging
Ned Wolf Hardcover R3,248 R2,938 Discovery Miles 29 380
Functional and Molecular Imaging in…
Antonio Luna Hardcover R1,720 Discovery Miles 17 200
The Self-Defense Handbook - The Best…
Sam Fury Hardcover R564 Discovery Miles 5 640
Material-Microbes Interactions…
Nabin Aryal, Yifeng Zhang, … Paperback R3,457 Discovery Miles 34 570
Baltimore's Boxing Legacy - 1893-2003
Thomas Schaif, Thomas Scharf Hardcover R719 R638 Discovery Miles 6 380

 

Partners