0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
  • All Departments
Price
  • R100 - R250 (2)
  • R250 - R500 (2)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 4 of 4 matches in All Departments

Bloedbande (Afrikaans, Paperback): Jeanette Stals Bloedbande (Afrikaans, Paperback)
Jeanette Stals
R320 R275 Discovery Miles 2 750 Save R45 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Speurder-sersant Luna Joubert van die Stellenbosch polisiediens word gestuur om die eienaardige dubbele moord op die eienaar van ’n kwekery en sy vrou te ondersoek. Die De Winters is beide met ’n skerp voorwerp aangeval, maar daar was geen teken van ‘n struweling of enige getuies om sin te maak van die voorval nie.

Terwyl Luna sukkel om ’n moord sonder verdagtes of leidrade op te los, maak Mike Grant weer sy onverwagte verskyning. Hierdie keer is hy op ’n geheime sending onder die geledere van ’n plaaslike dwelmsindikaat. Ten spyte van sy nuwe voorkoms vind Luna dit onmoontlik om nie die deur oop te maak wanneer hy klop nie.

Soos Mike homself in die onderwêreld ingrawe, begin Luna op tone trap om haar eie raaisel op te los. Was die De Winters wie almal dink hulle was? Weet die kinders dalk meer as wat hulle voorgee? Wat gaan aan by die studentehuis oorkant die straat? En wie is die man in die sportmotor wat so op die buitewyke van haar ondersoek beweeg?

Om antwoorde te kry sal Luna die donkerte en als wat daarin skuil moet trotseer. Bloedbande is die vierdie boek in Jeanette Stals se Luna Joubert-reeks.

Die Oseaan Tussenin (Afrikaans, Paperback): Jeanette Stals Die Oseaan Tussenin (Afrikaans, Paperback)
Jeanette Stals
R300 R234 Discovery Miles 2 340 Save R66 (22%) Ships in 5 - 10 working days

Oorlog verswelg die Boererepubliek. Huise word verwoes, landery word verbrand, en vroue en kinders in konsentrasiekampe aangehou.

Pieter Nel lei ’n kommando bittereinders in ’n desperate opstand teen die Britse ryk. Hulle offer alles op vir ’n vrede wat dalk nooit gaan kom nie, vir ’n huis wat hulle dalk nooit weer gaan sien nie.

Intussen moet Katrina Nel baklei om haarself en hul kinders aan die lewe te hou namate die toestande in die konsentrasiekampe al hoe hagliker word. Hier word haar lewe onlosmaaklik vervleg met dié van die ander vroue, die hanskakies wat die vyand help om die kampe te bestuur, en die Engelse offisier wat haar hart wil wen.

Wag daar lewe of liefde anderkant die oorlog?

Diep Spoor (Afrikaans, Paperback): Jeanette Stals Diep Spoor (Afrikaans, Paperback)
Jeanette Stals
R300 R234 Discovery Miles 2 340 Save R66 (22%) View more sellers Ships in 5 - 10 working days

In die stormagtige jare voor en tydens die Groot Trek raak drie vroue se lewe vervleg in ’n stryd om voortbestaan. Lojaliteit word getoets en inbors word beproef.

Katrien is ’n sensitiewe waterverfskilder. Sy en haar man, Stefaans, wou vir hulle ’n lewe op ’n plaas op die Oosgrens maak. Maar toe teëspoed hulle tref, word hulle deel van Hendrik Potgieter se trek na die binneland.

Dina, ’n slavin, is Katrien se grootste vertroueling. Sy trek saam, haar liefde vir Stefaans ’n geheim wat sy ten alle koste moet bewaak.

Thabisa is deur haar man verwerp. Ook sý is deel van Katrien se kring.

Wanneer Stefaans by Piet Retief se noodlottige afvaardiging na Dingaan aansluit, onthou sy opnuut die onreg wat sy voorganger, Shaka, haar familie aangedoen het. In die loop van die geskiedenis laat hierdie drie vroue diep spore.

Dag Drie (Afrikaans, Paperback): Jeanette Stals Dag Drie (Afrikaans, Paperback)
Jeanette Stals
bundle available
R320 R275 Discovery Miles 2 750 Save R45 (14%) View more sellers Ships in 7 - 11 working days

Luna Joubert se moed en vernuf word weer tot die uiterste beproef in Dag drie. Sy en haar medespeurder, Johan, vergesel vir Mike, ’n volbloed diepdekkingsagent, op ’n missie na Mauritius waar Mike met ’n informant kontak sal maak. Luna en Johan moet die skyn van gewone vakansiegangers vir hom help bewaar, maar niks loop volgens plan nie.

Hulle eerste dag op die eiland lewer die lyk van ’n jong meisie op wat ooglopend vermoor is. Die informant laat nie van hom hoor nie en hulle word uit die bloute deur wildvreemde mense ‘bevriend’. Rooi ligte flikker toe hulle genooi word vir ’n visvang-uitstappie op ’n luuksejag. Luna het nie ’n goeie gevoel oor die eienaar van die boot nie, want hy is net ’n bietjie té gretig om hulle van naderby te leer ken. Nie alleen beland sy en haar twee kollegas in lewensgevaar nie; toe Johan verdwyn waag sy dit ook op baie dun ys om hom te probeer opspoor en dag drie eindig onvermydelik in ’n breekspul.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Surfacing - On Being Black And Feminist…
Desiree Lewis, Gabeba Baderoon Paperback R395 R309 Discovery Miles 3 090
Confronting Apartheid - A Personal…
John Dugard Paperback R320 R250 Discovery Miles 2 500
We Were Perfect Parents Until We Had…
Vanessa Raphaely, Karin Schimke Paperback R330 R220 Discovery Miles 2 200
Recipes
SuzelleDIY Paperback R295 R231 Discovery Miles 2 310
Hoe Ek Dit Onthou
Francois Van Coke, Annie Klopper Paperback R300 R219 Discovery Miles 2 190
Women In Solitary - Inside The Female…
Shanthini Naidoo Paperback  (1)
R355 R305 Discovery Miles 3 050
Jump - A Memoir
Lenerd Louw Paperback R248 Discovery Miles 2 480
Stellenbosch: Murder Town - Two Decades…
Julian Jansen Paperback R335 R288 Discovery Miles 2 880
Closing The Gap - The Fourth Industrial…
Tshilidzi Marwala Paperback R560 Discovery Miles 5 600
100 Mandela Moments
Kate Sidley Paperback R250 R200 Discovery Miles 2 000

 

Partners