|
Showing 1 - 10 of
10 matches in All Departments
Die basiese gegewe van die roman is ’n boeiende klein menslike
drama, naamlik die ontstaan en afloop van ’n liefdesvierhoek: Die
verhouding tussen Die Skrywer en Geliefde loop op die rotse omdat
Die Skrywer betrokke raak by Die Vrou. Die Man, eksgeliefde van Die
Vrou, tree ook tot die verhaal toe wanneer daar ’n verhouding
tussen Geliefde en Die Man ontstaan.
In hierdie bundel kom 'n veelheid van temas aan die bod - 'n
vervloe jeugwereld, die verhouding tussen ouer en kind, reise, die
skryfproses, die dood van 'n bekende sanger. Maar bowenal is dit 'n
bundel oor die liefde, weliswaar in 'n volgehoue mineurtoonaard.
Die titel dui reeds op 'n einde, op aankruipende donkerte. Die
meeste gedigte handel oor die skipbreuk van 'n liefdesverhouding en
die verwerking van die pyn van verlies, onder meer deur daaroor te
skryf.
Hierdie lywige bundel is ’n keuse uit Joan Hambidge se oeuvre deur
die skrywer self. Dit is 'n kritiese seleksie uit digkuns wat
hoofsaaklik handel oor reis, die liefde, familieskap – en
eensaamheid. Joan Hambidge is professor in Afrikaans en Kreatiewe
Skryfwerk aan die Universiteit van Kaapstad, waar sy 'n MA-kursus
in Kreatiewe Skryfwerk aanbied. Benewens digter en akademikus, is
sy ook ’n gereelde boekresensent en skryf sy rubrieke oor
letterkunde en films.
|
Stasies
Joan Hambidge
|
R292
Discovery Miles 2 920
|
Ships in 5 - 7 working days
|
Hannah se speurtog dek ook die soeke na Lizelle. Was sy die liefde van Hannah se lewe, en wat sou van haar geword het? Die roman word eweneens 'n teoretiese besinning oor stories en hoe ons, soos Zizek beweer, fiksie behoef om by die self uit te kom.
In 'n poging om die verhoudings tussen ouers en kind uit te pluis,
bied hierdie bundel 'n ander sy van die digter, naamlik die
weekhartige omgee van 'n dogter vir haar ouers en veral die
problematiek van 'n dogter teenoor die herinneringe oor haar pa.
Sonder 'n sweem van swaarwigtigheid beeld sy waaksamig soos 'n
"andersoortige sekretaris" die kortstondigheid van 'n aardse lewe
uit. Sy word nie net haar vader se "geheuebank" nie, maar verstaan
haarself ook beter in die taksering van sy nalatenskap. Nuwe en
reeds gepubliseerde gedigte omarm mekaar rondom 'n bewustheid van
hoe teleurstelling in retrospeksie kan groei tot deernis en
berusting: Vandag nog ruik ek 'Old Spice' in tye van onsekerheid en
angs of alleenheid."
|
You may like...
Loot
Nadine Gordimer
Paperback
(2)
R383
R310
Discovery Miles 3 100
|