![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
Showing 1 - 7 of 7 matches in All Departments
Suid-Afrika is groot genoeg vir ’n leeftyd se reise. In Voetspore in Suid-Afrika 2 kry die Voetsporespan weer die geleentheid om ons land se natuurskoon en gasvryheid te beleef. Hulle drie maande lange reis begin in Pafuri, in die noordoostelike hoek van Suid-Afrika. Van daar af is dit verby Klaserie, Dullstroom, die Waterberge, die suid-Vrystaat, die Groot-Karoo, die Sederberge, die Weskus, oor die Hottentots-Hollandberge en tot aan die suidpunt van Suid-Afrika: Agulhas. Vrystaatse vlaktes, grootste Drakensberge, Bosveld, Kaapse strande – noem maar op – daar is ’n oorvloed om te geniet. Die langpad in Suid-Afrika roep … Benewens pragtige foto’s van die mooiste dele van ons land bevat hierdie reisgids ook:
In hierdie boeiende dagboek doen Johan Badenhorst self verslag oor sy span se reis van 20 000 km deur die ooste van Afrika, met besoeke aan plekke soos Zambie, Tanzanie, Rwanda, Uganda, Kenia, Ethiopie, Somaliland, Djiboeti, Eritrea, die Soedan en Egipte. Dit is ’n plakboek propvol asemrowende foto’s deur Gideon du Preez Swart, kaarte en nuttige inligting vir beide die ervare sowel as aspirantreisiger.
Voetspore op die ewenaar vertel van Johan Badenhorst en sy Voetsporespan se agtste reis deur Afrika. Hierdie keer pak hulle 'n reis op die ewenaar aan: 'n reis wat begin in Kenia, kronkel deur Uganda en eindig in die Demokratiese Republiek van die Kongo. Soos gewoonlik het die Voetsporemanne geen tekort aan avontuur, en hierdie keer selfs aan gevaar, nie. Hulle ontmoet president Barack Obama se ouma in Kenia, klim 'n deel van die Ruwenzoriberge in Uganda, bring 'n dag by die pigmee by Epulu in die DRK deur en sluit die reis af met 'n onvergeetlike bootvaart op die Kongorivier.
Bekende televisiepersoonlikheid, programvervaardiger en ervare avonturier Johan Badenhorst vertrek in Mei 2009 saam met die res van die Voetsporespan uit Casablanca, Marokko. Die ses manne (in drie 4x4-voertuie) se doel is om in minder as 100 dae na Kaapstad te reis – om 'n weg te baan af teen die westekant van Afrika. Die reis neem hulle deur die ongenadige Sahara, die indrukwekkende reenwoude van Sentraal-Afrika en die ongebaande wee van die Suide. Hulle trotseer uitdagings soos min, maar ontdek in die proses magiese stede soos Fes, Oudane, Timbuktu, Agadez, Kano, Limbe en Fanceville en reis dan kuslangs in Angola waar Damaraland roep. Suid-Afrika se grens word gekruis by Sendelingsdrift en van Alexanderbaai reis hulle saam met familie en vriende tot hulle eindelik hul doel bereik: Kaapstad.
Na hul Kaap-tot-Kaïro-ervaring draai die Voetsporespan hul viertrekvoertuie se neuse wes, na onbekende terrein. By Gansbaai kyk hulle die witdoodhaai in die oe voor hulle vertrek op besoek aan die mense van Riemsvasmaak, die Kgalagadi met sy groot katte, die Boesmans van Tsumkwe, die Kaudom-wildernisarea en die Himba-gebied noord van die Kunene. Langs die Skedelkus van Angola word al hul voertuie so byna deur die see opgeeis voordat hulle die beste wat Wes-Afrika bied verder verken deur die DRK en die Kongo tot in Gaboen, vanwaar hulle ook die eilande Sao Tome en Principe aandoen. Hoogtepunte was daar baie: skouspelagtige natuurverskynsels, vreemdsoortige diere en voels, historiese bakens, uitdagings vir hul 4X4-bestuursvernuf, maar ook grensposvertragings en gewapende milisie. En, soos altyd, gesellige kameradie om die kampvuur. 'n Volkeurreisjoernaal vir 4X4-avonturiers en leunstoelreisigers.
|
You may like...
Adjectives and Adverbs - Syntax…
Louise McNally, Christopher Kennedy
Hardcover
R4,487
Discovery Miles 44 870
Pearson Edexcel International A Level…
Joe Skrakowski, Harry Smith
Paperback
R974
Discovery Miles 9 740
The Oxford Handbook of Sound Studies
Trevor Pinch, Karin Bijsterveld
Hardcover
R5,427
Discovery Miles 54 270
|