|
Showing 1 - 5 of
5 matches in All Departments
In hierdie boeiende dagboek doen Johan Badenhorst self verslag oor
sy span se reis van 20 000 km deur die ooste van Afrika, met
besoeke aan plekke soos Zambie, Tanzanie, Rwanda, Uganda, Kenia,
Ethiopie, Somaliland, Djiboeti, Eritrea, die Soedan en Egipte. Dit
is ’n plakboek propvol asemrowende foto’s deur Gideon du Preez
Swart, kaarte en nuttige inligting vir beide die ervare sowel as
aspirantreisiger.
Voetspore op die ewenaar vertel van Johan Badenhorst en sy
Voetsporespan se agtste reis deur Afrika. Hierdie keer pak hulle 'n
reis op die ewenaar aan: 'n reis wat begin in Kenia, kronkel deur
Uganda en eindig in die Demokratiese Republiek van die Kongo. Soos
gewoonlik het die Voetsporemanne geen tekort aan avontuur, en
hierdie keer selfs aan gevaar, nie. Hulle ontmoet president Barack
Obama se ouma in Kenia, klim 'n deel van die Ruwenzoriberge in
Uganda, bring 'n dag by die pigmee by Epulu in die DRK deur en
sluit die reis af met 'n onvergeetlike bootvaart op die
Kongorivier.
Bekende televisiepersoonlikheid, programvervaardiger en ervare
avonturier Johan Badenhorst vertrek in Mei 2009 saam met die res
van die Voetsporespan uit Casablanca, Marokko. Die ses manne (in
drie 4x4-voertuie) se doel is om in minder as 100 dae na Kaapstad
te reis – om 'n weg te baan af teen die westekant van Afrika. Die
reis neem hulle deur die ongenadige Sahara, die indrukwekkende
reenwoude van Sentraal-Afrika en die ongebaande wee van die Suide.
Hulle trotseer uitdagings soos min, maar ontdek in die proses
magiese stede soos Fes, Oudane, Timbuktu, Agadez, Kano, Limbe en
Fanceville en reis dan kuslangs in Angola waar Damaraland roep.
Suid-Afrika se grens word gekruis by Sendelingsdrift en van
Alexanderbaai reis hulle saam met familie en vriende tot hulle
eindelik hul doel bereik: Kaapstad.
|
You may like...
Loot
Nadine Gordimer
Paperback
(2)
R205
R168
Discovery Miles 1 680
Loot
Nadine Gordimer
Paperback
(2)
R205
R168
Discovery Miles 1 680
|