|  | 
                    
                    
                        
                        
                        
                            
                            
                                
                            
                            
                                Showing 1 - 3 of
                                3 matches in All Departments 
	
	
		
			
				
			
	
 Dit is die ironie van die lewe dat die dinge waarna jy die hardste
streef omdat jy meen dat jy daardeur geluk kan verwerf, jou ontgaan
juis op die oomblik wanneer dit net binne jou bereik le. Dit is die
pad van die lewe wat na eensaamheid lei. Willem, ’n uitgeworpene,
is oortuig dat daar niks op die aarde is om na te strewe en voor te
werk nie. Dan kry hy ’n nuwe geloof wanneer hy weer
verantwoordelikheid kry vir plante en diere, vir lewende dinge wat
van hom afhanklik is. Willem se pad kruis met Hans. Hans aanvaar al
sy lewe lank dat elke mens verantwoordelikhede het en ’n plig om te
werk. En wanneer hy begin vrae stel en die aanvaarding verdwyn,
plaas hy nie net homself op die pad na eensaamheid nie, maar hy
vernietig ook die geluk wat twee ander mense moontlik sou kon vind.
				
		 
	
	
		
			
				
			
	
 Hierdie verhaal is vol van avontuur, misterie en romanse. Dit is 'n
lekkerleesboek wat die leser se aandag tot die einde behou. Toe 'n
vreemde man onverwags op Rietkuil as plaasbestuurder begin werk, is
dit die begin van 'n reeks onverklaarbare gebeure. Waar Rietkuil
eens op ’n tyd die rustigheid self was, bring die nuweling op die
werf ’n vlaag van misdade met hom saam en selfs harte bly in die
slag. Dan sien Tant Annie een spookagtige aand die vreemde man met
'n groot, donker bondel in sy arms haastig in die donker skaduwees
verdwyn. Wie is hierdie man? Wat is sy regte naam? Waar kom hy
vandaan? Wat steek hy weg? Met Man uit die vreemde prikkel Kas van
den Bergh die leser se nuuskierigheid met volgehoue vernuf, sodat
die boek nie neergesit kan word voordat die ware identiteit van die
vreemdeling bekend is en al sy geheime onthul is nie.
				
		 
	
	
		
			
				
			
	
 Diamantsmokkelary, liefde en moord vorm die hoofbestanddele van
hierdie spannende verhaal. Sannie se liefdesverhouding met dokter
Frans Weber kom tot 'n skielike einde wanneer dominee Johan de
Villiers hom op Doringkraal kom vestig. Maar dan verskyn Joop de
Lange en sy halfsuster, Lisinda, op die toneel. Lisinda –
wereldwys, dinamies en beeldskoon – se teenwoordigheid in die klein
dorpie veroorsaak baie gou die mees verreikende liefdesintriges
wat, gepaard met die moord op Joop, dreig om die lewe van verskeie
mense op onheilspellende wyse in die war te stuur. Bewus van die
bergplek van die diamante en die identiteit van die moordenaar,
word dokter Frans die spil van 'n tragiese noodlot. Die skrywer het
met sy skitterende verteltrant en natuurlike situasie-skepping
homself met hierdie verhaal bewys as 'n spanningsskrywer by
uitstek.
				
		 |   | 
	Email address subscribed successfully.
	A activation email has been sent to you.
	Please click the link in that email to activate your subscription.