![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Showing 1 - 25 of 91 matches in All Departments
Die superspeurder kom weer te staan teen sy groot vyand, Ramkat, wat die lewe vir die polisie moeilik maak. Ramkat ontsnap uit die tronk en breek in by ’n laboratorium. Hy steel ’n masjien en maak ’n miniatuurkloon van homself, Kleinkat. Intussen ontvries ’n professor ’n psigokentiese vis om sy brein te bestudeer, maar Hondman breek per ongeluk al die grate in sy lyf. Die professor opereer die vis en maak ’n supervis.
Greg Owen is the head boy of a private boys’ school when Eckardt
Wilken, an outsider, joins them in their final year.
Wanneer Tomas ’n draakvrugboom in sy oupa se tuin ontdek en ’n klein drakie uit een van die vrugte bars, ontdek hy dat drake baie meer moeite is as komkommers! Daar is ontploffende draakbolle oral ‒ selfs eenkeer in Oupa se ontbytgraan ‒ die huiskat word gedurig rondgejaag en Tomas se tandeborsel (en ander persoonlike items) word gereeld brandgesteek. Maar dis darem nie net chaos en ontploffende draakbolle nie! Die eerste keer toe Flikker sy stert om Tomas se nek krul en hom met sy groot diamant-oë kyk, kom Tomas agter dat daar heelwat meer as net towerkrag in drake steek. Maar as jy ’n draak het moet jy dit geheim hou, want wie wil nie hulle eie draak hê nie?
Tomas het ’n groot geheim: hy het ’n klein drakie wat hy in sy oupa se tuin gekweek het. En dis nie al nie – sy vriende, Ted, Kai en Kat het ook hulle eie drake! Om ’n draak te hê is ’n betowerende ondervinding, maar dis netsowel jy dra ’n onvoorspelbare vulkaan in jou broeksak! Om die drake uit die moeilikheid te hou is baie harde werk. Boonop lyk die drakevrugteboom effens verlep. Tomas en sy vriende moet die drakevrugteboom weer gesond kry en ook probeer uitpluis wat Liam, die skoolboelie, in die mou voer.
Daar is 'n nuwe soort polisieman op die toneel! George en Harold het 'n nuwe held geskep wat bedrog uitgrou, sy kloue in kroeke inslaan en diewe omduik! Ben die hond en sy polisiehoof word beseer op diens, maar 'n operasie verander ook lewe soos ons dit ken, en Hondman word gebore. Met die kop van 'n hond en die lyf van 'n mens, het hierdie heldhaftige hond 'n neus vir geregtigheid. Maar is sy hondemaniere regtig iets van die verlede?
Hondman is terug en hy het 'n appeltjie te skil met die wêreld se wildste katskurk! Hondman, die nuutste superheld van die skepper van Captain Underpants, is maar nog nat agter die ore. As die kaptein hom net 'n kans wil gee . . . Ramkat is vry en sy kriminele aktiwiteite neem die stad op horings. Kan die nuwe polisieheld die stad betyds red uit die kloue van hierdie skurk, of gaan Ramkat met die perfekte misdaad wegkom?
In die vyfde boek van die Hondman-reeks moet die "Megamakkers" met
nuwe skurke afreken! Wanneer die skelms hulle verskyning maak,
moet ons helde saam met 'n onwaarskynlike bondgenoot werk. Kan Ramkat
van sy wrokke vergeet en vir Hondman, Kleinkat en 'n merkwaardige robot
help om die vyande uit sy verlede te laat les opsê? Bekroonde skrywer
en kunstenaar Dav Pilkey se gewilde Hondman-reeks spreek lesers van
alle ouderdomme aan en verken universele positiewe temas.
Volgens die skoolhoof, Mev. Brombom-Bredeboud, is 4B die stoutste klas
op aarde. Sy sê skool gaan nie oor leeglê en lyf wegsteek, of pret
hê nie. Dit gaan oor leer en dis hoogtyd dat 4B harder dáárin probeer
uitblink.
AHOOI DAAR, SKARMINKELS! Grootgaapbaai is oorval met ROTTE! Groot rotte, klein rotte, kwaai rotte en honger rotte. Gelukkig bied 'n geheimsinnige towerfluitspeler, Rufus Rottus, aan om van die knaagdierprobleem ontslae te raak – teen betaling. Wanneer die gulsige burgemeester egter weier om die towerfluitspeler vir sy dienste te betaal, speel hy 'n betowerde deuntjie en lei al die kinders in Grootgaapbaai weg. Sal Matilda, Basjan en die Van der Branders hulle kan red? Dit is die vierde titel in die gewilde Seerower-reeks! 'n Lekker leeservaring vir kinders wat pas hulle eerste hoofstukboeke begin lees het.
Volgens die skoolhoof is 4B DIE STOUTSTE KLAS OP AARDE. Sy sê skool
gaan nie oor leeglê en lyf wegsteek, of pret hê nie. Dit gaan oor LEER.
Maar Alex en Manjit het LETTERLIK nie bedoel om die toilette te verstop
terwyl hulle die skoolgrond moes oppas nie. En hulle het definitief nie
bedoel om LETTERLIK 'n pikkewyn vanaf die dieretuin skool toe te bring
na hulle skooluitstappie nie. Hierdie goed gebeur net al het hulle 'n
perfekte plan gehad om daarmee weg te kom!
Kwaaikofski is ’n privaatspeurder. Hy het nou eenmaal ’n talent daarvoor. Gee hom ’n glas melk, Carpenters kougom en sy spesiale kep en hy is gereed vir enigiets! Hierdie omnibus bevat drie van Speurder Kwaaikofski se gewildste avonture vir beginnerlesers. Kwaaikofski word deur ouens met kaalgeskeerde blou koppe ontvoer, hy vertel hoe sy pad vir die eerste keer met die van die Slang gekruis het en hy moet 'n vermiste hond opspoor.
Mnr. Twak is ’n stink en mislike man met stukkies graanvlokkies en sardientjies in sy baard. Mev. Twak is ’n aaklige ou heks met ’n glasoog. Hulle hou die apie Moggelwomp en sy gesin al gans te lank gevange in ’n hok in die tuin en nou wil die apies WRAAK neem . . . Hierdie klassieke verhaal is nou vir die eerste keer in Afrikaans beskikbaar, met briljante vertaling deur Kobus Geldenhuys.
Mnr. Vos steel kos by die gemene boere Ben, Bart en Boon – een vet, een kort, een net vel en been. Hierdie drie skurke maak ’n plan om mnr. Vos by sy huis uit te grawe, maar hulle besef nie hoe fantasties mnr. Vos is en wat hy alles sal doen om sy gesin te red nie . . . Hierdie klassieke verhaal is nou vir die eerste keer in Afrikaans beskikbaar, met briljante vertaling deur Kobus Geldenhuys.
Gewoonlik ondersoek Kwaaikofski nie sake wat iets met honde te doen het nie – dit is vir beginners. As die stad se ander speurders moet uitvind hy loop agter ’n vermiste hond aan, skaam hy hom morsdood! Maar hierdie keer is dit ’n uitsondering – Masker Mike se reusehond, Wotan, is net so geheimsinnig en buitengewoon soos sy eienaar. Maar wie beskuldig vir Wotan van allerlei wandade? Is dit net ’n manier om van hom ontslae te raak, of probeer iemand vir Masker Mike bykom? Speurder Kwaaikofski stel ondersoek in. Die intriges van die stories in hierdie reeks is eenvoudig, maar uiters vermaaklik en die humoristiese illustrasies sal sorg dat kinders dol sal wees oor hierdie koddige, maar brawe klein speurder se avonture!
Kwaaikofski word ontvoer! Sy ontvoerders lyk baie grillerig -- hulle het almal maskers op en hulle kaalgeskeerde koppe is blou! Maar dis nie die ergste nie: Een van die booswigte waag dit om vir Kwaaikofski dieselfde haarstyl te gee -- en nou lyk hy soos ’n blou paaseier. Ons slim speurder gaan dit beslis nie daar los nie. So begin een van die mees misterieuse sake van sy hele speurloopbaan . . . Die intriges van die stories in hierdie reeks is eenvoudig, maar uiters vermaaklik en die humoristiese illustrasies sal sorg dat kinders dol sal wees oor hierdie koddige, maar brawe klein speurder se avonture!
Moet ook nie Kwaaikofski se derde speursaak misloop nie! Kommisarek, die skool se opsigter, het ’n groot probleem: hy glo dit spook by die skool. Die afgelope paar aande hoor hy snaakse geluide en sien vreemde, onaardse skaduwees op die skoolterrein rondsluip. Kwaaikofski skrik natuurlik nie vir ’n koue pampoen nie en hy besluit dadelik om ondersoek in te stel. Maar toe hy die pienk skoolspook een aand om middernag van aangesig tot aangesig aanskou, is selfs hý nie meer so braaf nie . . . Die intriges van die stories in hierdie reeks is eenvoudig, maar uiters vermaaklik en die humoristiese illustrasies sal sorg dat kinders dol sal wees oor hierdie koddige, maar brawe klein speurder se avonture!
Xar en Wens het die bestanddele vir die doepa om van hekse ontslae te raak gekry. Nou roep die towerkoning hulle na die Meer van die Verlorenes. Maar hulle moet die doepa eers in die beker van tweede kanse aanmaak. Xar is ’n towenaarseun wat deur ’n gevaarlike heksevlek beheer word. Wens is ’n krygermeisie met sterk towerkrag. Kan hulle die honger Draakwurmmonster verslaan en met die beker ontsnap? En sal die doepa se towerspreuk sterk genoeg wees om die VLOEK VAN DIE WOESTE WOUD te verbreek … of sal die hekse VIR EWIG regeer?
6-10 jaar. Hierdie keer is Kwaaikofski in die platteland, maar dit is alles behalwe ’n vakansie! Die dorpie waar hy gaan kuier het ‘n goeie speurder dringend nodig. Met sy aankoms gewaar hy ’n vreemde, blou rubberkoei wat deur die lug vlieg. En later vind Kwaaikofski ’n harige koeistert in sy bed, saam met twee lang, bleek bene! Iemand probeer hom beslis die skrik op die lyf jaag . . . Gelukkig sorg die mooi meisie, Julie, dat die lewe tussen koeie, trekkers en gruwelike skurke darem nie té ondraaglik raak nie. Die intriges van die stories in hierdie reeks is eenvoudig, maar uiters vermaaklik en die humoristiese illustrasies sal sorg dat kinders dol sal wees oor hierdie koddige, maar brawe klein speurder se avonture!
Tomas kan nie sy lewe voorstel sonder sy draak Flikker nie. Flikker is meer as net ’n troeteldier – hy’s die beste maat wat Tomas al ooit gehad het! Maar hy het sy oupa belowe dat hy en sy vriende hulle drake sal vrylaat, en dis beslis nie ’n maklike ding om te doen nie. Veral nie wanneer Tomas en sy vriende soveel pret het saam met hulle drake Flikker, Son, Vrieska en Sluiper nie, nie as hulle nog moet uitwerk waar die drake vandaan kom en hoe om hulle weer terug by hulle huis te kry nie, en nie as Tomas op die nippertjie is om die storie agter die geheimsinnige draakvrugboom uit te pluis nie!
Jy kry allerhande soorte pa’s. Daar is vettes en maeres, langes en kortes. Daar is lawwe pa’s en ernstige pa’s, pa’s wat bulder en pa’s wat sag praat. Daar is natuurlik goeie pa’s. En daar is slegte pa’s … Frank se pa was ’n kampioen-stampkarrenjaer, die koning van die renbaan. Gilbert die Grote! Maar ná ’n aaklige ongeluk noem mense hierdie topjaer ’n flopjaer. Nou is Frank en Gilbert platsak – en in ’n wrede boewebaas en sy trawante se kloue. En wanneer Gilbert in die tronk gegooi word, kan net Frank hom red … David Walliams se tiende roman is ’n doller-as-kopaf-rit saam met ’n pa en seun op ’n opwindende avontuur om die bose meneer Groot op sy plek te sit!
Toe Mata Hari in Parys aangekom het, was sy platsak. Kort daarna is sy gevier as die elegantste vrou in die stad. As ’n danseres het sy gehore geskok en verruk, as ’n vertroueling en courtisane het sy die rykste en magtigste mans van haar era betower. Maar paranoia as gevolg van die oorlog het Frankryk verteer, en Mata Hari se leefstyl het haar onder verdenking geplaas. In 1917 is sy gearresteer in haar hotelkamer aan die Champs-Elysees en van spioenasie aangekla. Die Spioen is die onvergeetlike verhaal van ’n vrou wat dit gewaag het om die konvensies van haar tyd uit te daag en die prys daarvoor betaal het, soos vertel in Mata Hari se stem in haar finale brief.
Wens en Xar moet nou soos misdadigers vlug. Almal maak op hulle jag: krygers, towenaars en die ergste van almal: HEKSE … Kan hulle die geheime bestanddele vir die towerspreuk wat van hekse ontslae raak in die hande kry voordat die heksekoning sy kloue op towerkrag-wat-op-yster-werk kry? Hulle volgende sending is nog meer skrikwekkend en gevaarlik as ooit … En iemand gaan hulle verraai … Is jy gereed om drie keer te klop?
Die opvolg van die bekroonde Juffrou Goth en die spookmuis. Daar word naarstiglik voorbereidings getref vir die volmaanfees en die groot Grommengrou-bakkompetisie. Beroemde kokke daag vir die groot geleentheid op, en soos gewoonlik tree Maltravers verdag op. Om alles te kroon verras Ada se ontwykende kamermeisie, Martelina, haar met ’n groot geheim en dit lyk asof almal Ada se verjaarsdag vergeet het!
Sê nou oeroue mites is glad nie mites nie, en daar bestaan regtig iets soos monsters en towerkuns? Alfie is die troonopvolger, maar op veertien sukkel hy nog om skool te oorleef. Terwyl ’n oeroue vyand probeer om Brittanje in sy bose mag te kry, besef hy dit gaan baie meer gaan verg as wat hy ooit gedink het om koning te word: Alfie moet ook die Redder word: Die Redder van die Ryk.
Ada Goth is die enigste kind van Lord Goth. Hulle woon saam in die reusagtige Ghastly-Gorm Hall. Lord Goth glo dat kinders gehoor maar nie gesien mag word nie, en laat Ada groot lomp stewels dra sodat hy haar altyd kan hoor wanneer sy naderkom. Dit maak dir vir haar moeilik om vriende te maak en sy is eintlik baie eensaam. Een dag kom Emily en William Cabbage by hulle bly, en saam met ’n spookagtige muis met die naam Ishmael begin hulle om agter die kap van die byl te kom van dit wat die geheimsinnige opsigter Maltravers probeer konkel. Ada en haar vriende moet saamwerk om ’n stokkie voor sy nare planne te steek voordat dit te laat is! |
![]() ![]() You may like...
Carolina Whitewater - A Paddler's Guide…
David Benner, Bob Benner
Hardcover
The Political Economy of New Regionalism…
Chang-Jae Lee, You-Il Lee, …
Hardcover
R4,461
Discovery Miles 44 610
|