|
Showing 1 - 1 of
1 matches in All Departments
Hierdie opwindende reeks vir eerste addisionele taal-leerders van
Afrikaans is volledig herwerk om te voldoen aan die hersiene
kurrikulumverklaring en bevat 'n verskeidenheid interaktiewe
materiaal om leerders te boei. Die aktiwiteite in Kaperjol Graad 7
leerdersboek is rondom woordspeletjies, aksieliedjies, rympies,
strokies en ander interessante brokkies gebou om te verseker dat
die leerders nooit 'n vervelige oomblik in die klas beleef nie. So
word die ses leeruitkomste vir die leerarea tale (Luister, praat,
lees en kyk, skryf, dink en redeneer, en taalstruktuur en -gebruik)
op 'n geintergreerde wyse ontwikkel. In hierdie uitgawe is meer
aandag aan Leeruitkoms 6 (Taalstruktuur en -gebruik), met 'n
deeglike uiteensetting van taalreels en -konstruksies agter in die
boek. Kleurvolle en humorisities voorstellings verseker nie net dat
visuele geletterheid aangemoedig word nie, maar bevorder ook
kritiese denke en redeneervaardighede op 'n prettige wyse. Die
Kaperjol Graad 7 leerderboek bied 'n prettige aanslag tot leer wat
op 'n natuurlike wyse met ander leerareas integreer. Verder bied
dit leerders ook die geleentheid om hulself te assesseer en om die
doelstellings van uitkomsgebaseerde onderwys te verwesenlik. In die
onderwysersgids is daar inligting oor die hersiene nasionale
kurrikulumverklaring, assesseringsriglyne en -blaaie om te verseker
dat alle leeruitkomste en assesseringstandaarde van die leerarea
tale verwesenlik word, uitbreidings- en remedieringsaktiwiteit en
riglyne oor hoe om taalverwerwing binne die kommunikatiewe
benadering te verseker.
|
You may like...
Loot
Nadine Gordimer
Paperback
(2)
R205
R168
Discovery Miles 1 680
|
Email address subscribed successfully.
A activation email has been sent to you.
Please click the link in that email to activate your subscription.