|
Showing 1 - 2 of
2 matches in All Departments
Ons leef in 'n stukkende, gebroke wereld. Maar selfs in hierdie
wereld is daar oral flentertjies vreugde, liefde, hoop en selfs
geloof. Die sleutel is om te weet hoe om betrokke te raak en hoe om
'n helpende hand uit te steek. Volgens UNICEF en ander bronne is
daar nagenoeg 2 miljoen weeskinders in Suid-Afrika, maar tussen
April 2010 en Maart 2012 is slegs 2 013 kinders aangeneem. Daar
word geskat dat daar in 2015 ongeveer 5.2 miljoen vigswesies gaan
wees. Dit is ’n werklike probleem in ons land wat ons nie meer kan
ignoreer nie. Lina du Plessis is een van daardie juweelmense wie se
vingerafdrukke lewenslank op jou hart rondlê. Van 2006 af is Lina
betrokke by twee pleegsorghuise in Pretoria. Van 2009 tot onlangs
woon sy as pleegouer in een van die huise. Flenterkinders is ’n
versameling van Lina se belewenisse en verhale wat sy bymekaar
gemaak het in die tyd wat sy by die versorging van weeskinders
betrokke was. Hierdie kort sketse oor weeskinders en die vreugdes
van pleegsorg word met humor en deernis vertel. Dit vertel vanuit
verskillende hoeke aangrypende verhale van God se goedheid. Hierdie
boek open nuwe vensters op God se genade wat die leser sprakeloos
sal laat en hulle sal aanspoor om God op nuwe maniere aktief te
begin dien.
|
|
Email address subscribed successfully.
A activation email has been sent to you.
Please click the link in that email to activate your subscription.