|
Showing 1 - 1 of
1 matches in All Departments
Met die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog in 1899 vertrek MJ de
Jager as luitenant van die Staatsartillerie van die ZAR na die
Natalse front. Hy onderskei homself tydens die veldslae by
Modderspruit, Colenso, Ladysmith en Platrand. Na die slag van
Donkerhoek op 11 Junie 1900 neem hy vir anderhalfjaar deel aan die
guerillafase van die Anglo-Boereoorlog. Op 26 Januarie 1902 word hy
in die distrik Ermelo gevange geneem en na St. Helena verban. Hy
sit sy militêre loopbaan in die Transvaalse Polisie en die
Unie-verdedigingsmag voort. Na die Suidwes-veldtog word hy hoof van
die Unie-besettingsmag in die destydse Suidwes-Afrika en vestig hom
op ’n plaas naby Windhoek. Hy word uiteindelik tot generaal
bevorder, maar sy roemryke loopbaan word deur sy skielike dood in
1939 kortgeknip. De Jager se oorspronklike “Gedenkboek” het ook ’n
veelbewoë geskiedenis en word nou vir die eerste keer gepubliseer
nadat dit naelskraaps aan die aanslae van vuur en rysmiere ontkom
het en daarná vir 60 jaar jaloers deur sy familie bewaar is.
|
|
Email address subscribed successfully.
A activation email has been sent to you.
Please click the link in that email to activate your subscription.