|
|
Showing 1 - 14 of
14 matches in All Departments
Mara is uiteindelik vry van haar toksiese huwelik en trek terug
Stellenbosch toe waar sy destyds gestudeer het. Sy koop ’n boekwinkel
en begin stadig weer die toue van ou vriendskappe en haar lewe optel.
Kort voor lank is sy betrokke by die lief en leed van haar vriende en
kollegas wat soos familie vir haar raak.
Maar alles is nie idillies nie. Mara sukkel om haarself en haar geloof
weer te vind ná alles wat in haar huwelik gebeur het. En sy maak boonop
onverwagse vyande … Soos boeke wat een vir een van ’n lendelam boekrak
aftuimel begin Mara en die mense om haar se omstandighede hulle inhaal.
En dan is daar Bart, die professor met die goeie siel en sagte oë wat
in haar hart en boekwinkel kom rondkrap. Miskien kan hy vir Mara wys
daar is meer vir haar bestem hier en by hom as wat sy in haar verlede
agtergelaat het.
Twee broers, seuns van ’n skatryk volstruisboer, wil vir beeldskone Margaretha hê. Sy kies Michael, die erfgenaam, en John gaan veg in die Boereoorlog.
Later stort die veremark in duie en hulle is bankrot. Margaretha kry die geleentheid om te wys dat sy nie net ’n mooi gesig het nie.
Met die aanvang van die Anglo-Boereoorlog besluit Robert Campbell, ’n
dokter in Pretoria, en sy aptekersvriend, Thomas Park, om ’n ambulans
na die gevegsfront te stuur. Campbell se dogter, Eleanor, saam met
Thomas se dogter, Mary, en hul buurvrou, Martha, sluit aan as
verpleegsters.
Dr. Campbell se seun, Rory, onderbreek sy mediese studies in Skotland
om by die ambulanspoging aan te sluit. Op pad na Pretoria ontmoet hy
drie Russe wat as vrywilligers aan die Boerekant gaan veg, insluitend
Ivan van Sint Petersburg.
Soos die oorlog groei en baie gewondes in Eleanor se sorg kom, word
haar geloof geskud deur die gruwels van die oorlog, die geweld en die
verlies.
Wanneer Ivan in die Slag van Elandslaagte gewond word, versorg Eleanor
hom. Gedurende hierdie tyd raak hulle verlief, maar hulle besef gou dat
daar te veel struikelblokke tussen hulle liefde staan. Tydens die onrus
van die oorlog word Eleanor mislei en sy glo dat Ivan gesterf het.
Ná die oorlog bly Eleanor ongetroud en help sy haar moeder as vroedvrou
in haar praktyk. Maar, in 1919, verskyn Ivan weer ...
Maya is ’n suksesvolle eiendomsagent by haar flambojante verloofde,
Douw, se agentskap. Een die kliënte vir wie Maya huis soek, is dokter
Reinhardt Enslin. Hulle is aangetrokke tot mekaar, maar hy rou nog oor
sy vrou wat dood is, en hy het twee kinders op universiteit.
Toe Maya uitvind Douw is ontrou aan haar en knoei met die agentskap,
sneuwel hul verhouding. Is daar vir haar ’n toekoms saam met die
aantreklike, innemende Reinhardt, of droom sy verniet?
Karla Malan, ’n prokureur, kuier in Ciprus waar haar dogter as au pair
vir die Demetriou-gesin werk.
Daar ontmoet sy die aantreklike professor Nikolas Demetriou. Karla en
Nikolas voel aangetrokke tot mekaar, maar beide het slegte skeisake
agter hulle en iemand anders wat in hulle belangstel.
Kan hulle die hindernisse in hul pad oorkom en ’n tweede kans vir
liefde vind?
Claire Odendaal moet geld verdien vir haar verdere grade om sielkundige
te word. Sy word ’n au pair vir die moeilike stiefdogter van wewenaar
Adrian Lawrence, eienaar van ’n landgoed en ’n tegnomaatskappy.
Claire en Adrian is aangetrokke tot mekaar, maar sy is ambisieus en hy
wil nie weer trou nie. Daarby is Adrian se rokjagterbroer Wayne agter
Claire aan en daar is kriminele aktiwiteite in die Lawrencefamilie.
Kan Claire Adrian vertrou? En wil sy in so ’n opset inp as?
Toe Barbara se ouers sterf, moet sy haar graad in beeldende kunste
staak en uit haar skilder ye ’n bestaan maak.
Plaaseienaar Ryno de Villiers ontferm hom oor haar en laat haar toe om
in ’n vervalle kothuis op sy plaas te bly.
Ryno is ’n bekende sanger wat oral in die land optree. Hy en Barbara is
aangetrokke tot mekaar, maar albei het bagasie en boonop hulle is t
eenoorgesteldes.
Die liefde het vele skakerings. Sal hulle bymekaar kan aanpas?
Dokter Madeline du Bois se man verkul haar met ʼn verpleegster en sy besluit om die huwelik te beëindig. Sy doen aansoek vir ʼn pos in die Kaap by die nuwe Jonkershoek-kliniek buite Stellenbosch waar sy die eienaar, dokter Brian Thompson, ontmoet.
Madeline voel dadelik sterk aangetrokke tot Brian, al is sy nou versigtig vir mans. Brian reken hy rou nog oor sy oorlede vrou, maar besef ook dat hy Madeline nie kan weerstaan nie. Nie een van die twee beoog weer ʼn verhouding nie, maar hulle kan ook nie die aantrekkingskrag tussen hulle ignoreer nie.
Sal hulle die vele uitdagings kan oorwin en toelaat dat die liefde ou wonde genees?
’n Jong, roekelose joernalis ondersoek die moord van ’n regter. Dit lei haar na oud-Recces met griewe, oorlewingskampe, ’n geheime organisasie genaamd Die Beskermers, wraak, intimidasie en verskeie moorde.
|
You may like...
Still Life
Sarah Winman
Paperback
R362
Discovery Miles 3 620
Crooked Seeds
Karen Jennings
Paperback
R340
R314
Discovery Miles 3 140
Hate
Tate James
Paperback
(1)
R404
R376
Discovery Miles 3 760
|