|
Showing 1 - 8 of
8 matches in All Departments
Ouerskap is 'n taak waarvoor ons geen opleiding kry nie, daar is
nie 'n keurproses of eksamens nie, en geen permit word vereis nie.
Tog hou jy die lewe en toekoms van 'n ander mens in jou hande
wanneer jy 'n ouer word. Hierdie titel sal 'n reusebydrae lewer to
elke ouer se ouerskapvaardighede. Dit fokus op kommunikasie as die
kern van interpersoonlike verhoudings en sal jou help om jou
kinders die beste moontlike, weloorwoe opvoeding te gee. Hoewel
elke mens 'n unieke kulturele agtergrond het, is daar universele
ouerskapbeginsels en het ons kinders dieselfde behoeftes, vrese en
drome. Elkeen van ons se diepste behoefte is waarskynlik om te weet
dat ons gekoester en waardevol geag word bloot op grond van onsself
wees. Positiewe ouerskap kyk uit hierdie perspektief na die
volgende: Wat is jou wense vir jou kind? Hoe struktuur geborgenheid
meebring; 'n Goeie selfbeeld vir jou kind; Vorm goeie verhoudings;
Onvoorwaardelike liefde; Hoe om pret te he met jou kind.
Spiritualiteit positiewe ouerskap is 'n noodsaaklike gids om ouers
te help om die wonderlike, maar veeleisende verantwoordelikheid van
ouerskap in die 21ste eeu in Suid-Afrika met selfvertroue te
hanteer.
|
You may like...
Fast X
Vin Diesel, Jason Momoa, …
DVD
R172
R132
Discovery Miles 1 320
Loot
Nadine Gordimer
Paperback
(2)
R383
R318
Discovery Miles 3 180
|
Email address subscribed successfully.
A activation email has been sent to you.
Please click the link in that email to activate your subscription.