|
Showing 1 - 6 of
6 matches in All Departments
In beeldryke verse word die "liefdesgeskiedenis" van die liriese
subjek gekoppel aan San- en Khoi-mitologie. Die meeste verse in
Grobler se bundel vorm tematies 'n geheel omdat dit die eie bodem
en kultuur ontgin en aanspreek. Daar is twee afsonderlike afdelings
– te wete Evasgesange waarin die Khoikhoi en die Xhosa hoofsaaklik
in gedigte gestalte vind en Boekreis waarin die geskiedenis van
Vasco da Gama, die strafekspedisie teen Kalikoet, Catharina de
Ataide en kolonialisering 'verdig' word. Catharina was natuurlik
die vrou "wat Vasco se swerflus later/ met sewe kinders laat
bedaar/" het!
Bella ken 'n paar parmantige truuks. Sy en haar kat Sebastiaan
woon op Wag-'n-Bietjie en sommer met die intrapslag laat hulle
die dorp regopsit toe Bella al haar meubels by die voordeur uit
toor. Sy neem ook deel aan die dorp se talentkonsert - as
kulkunstenaar! Bella skryf Sebastiaan in vir die katteskou, met
katastrofiese gevolge, en wanneer Bella werk kry as
"misterieuse koper" moet die dorp se diewe ligloop vir Bellamet-
haar-kamera-bril!
Hoe het hulle geleef, en wat het hulle gevoel - daardie oermense
wat langs ons Suidkus geleef het, wie se nasate ons die San en die
Khoi noem? Wie kan saampraat met hulle, die "eerste mense" van wie
ons net oorblyfsels van groot mites, tergende rotsprente en
enigmatiese artefakte het? Eintlik is dit net die digkuns wat dit
kan waag om in hulle stiltes in te beweeg.
Isinye, die grootmaak-kind is 'n township-verhaal wat daarin slaag
om komplekse kwessies soos kinderregte en aanneming aan te spreek
en terselfdertyd 'n lekkerlees-storie te wees. Isinye is haar antie
Thandiwe en oom Siyolo se eie grootmaak-kind. Maar dan daag haar
regte ma uit die bloute op en vat Isinye saam met haar na die
plakkerskamp waar sy bly. Met pragtige swart-en-wit illustrasies
deur Elizabeth Andrew.
|
|
Email address subscribed successfully.
A activation email has been sent to you.
Please click the link in that email to activate your subscription.