0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
  • All Departments
Price
  • R50 - R100 (1)
  • R250 - R500 (2)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 3 of 3 matches in All Departments

Onwillig Verlief (Afrikaans, Paperback): Marijke Greeff Onwillig Verlief (Afrikaans, Paperback)
Marijke Greeff
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R341 Discovery Miles 3 410 Ships in 4 - 6 working days

Hierdie is ’n mega-omnibus van Marijke Greeff se vorige Kaapse liefdesverhale bestaande uit Esmeralde, Seerower vir Shakira en Markies vir Melesinda.

Esmeralde:

By haar agtiende verjaarsdagbal ontmoet Esmeralde die baie aantreklike René Courtelle. Hulle is dadelik aangetrokke tot mekaar, maar René is ’n getroude man. Wat Esmeralde egter nie weet nie, is dat hy baie ongelukkig getroud is met ’n erg ontroue vrou wat met iemand konkel om al die Courtelle-skatte in die hande te kry.

Seerower vir Shakira:

In ’n dobbelspel word Shakira deur haar pa aan die gevreesde seerower Raoul Monserat verpand. Op sy skip word hulle in die eg verbind. Sy verafsku hom, maar een of ander tyd gaan hy sy huweliksregte opeis.

Markies vir Melesinda:

Dis die geheimsinnige Nagvalk wat Melesinda se gedagtes sedert haar aankoms in Frankryk vollê. Maar met die markies Beaumont du Brecy moet sy trou. Beau ontken die Nagvalk se bestaan, al red hy Melesinda keer op keer.

Agter Maskers (Afrikaans, Paperback): Marijke Greeff Agter Maskers (Afrikaans, Paperback)
Marijke Greeff
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R267 Discovery Miles 2 670 Ships in 4 - 6 working days

Ná 'n versmorende huwelik van twintig jaar sal Mia kaalvuis baklei vir die voorreg om selfstandig te wees en nie in enige iemand anders se oë te kyk vir haar daaglikse brood nie. Dit is egter makliker gesê as gedaan, want op agt en dertig is sy skielik op haarself aangewese en het sy geen opleiding, geen ervaring en boonop geen selfvertroue nie. Op hierdie kritieke tydstip in haar lewe maak die eienaar van die eksklusiewe restaurant Tsalanang haar 'n aanbod wat sy nie kan weier nie. Giep Rossouw bied haar die geleentheid om te begin bou aan 'n loopbaan en in die proses haar eie menswaardigheid te ontdek. Hoekom bly sy, wat mans vir goed afgesweer het, egter in Giep se donker, smeulende blik vasval? En hoekom bedien hy erotiese skemerkelkies in 'n dameskroeg as hy eintlik 'n opgeleide predikant is? In 'n pynlike proses, waarin ou verhoudings verbrokkel en nuwes gevorm word, word Mia gestroop van die masker waaragter sy nog altyd geskuil het en moet sy diep delf om haarself te vind en haar eie identiteit te vestig. In 'n tyd van haar lewe wat dit vir Mia voel asof sy alles verloor, ontdek sy die krag wat in haar binneste lê en besef sy wat dit beteken om haar hart eers vir haarself te win, voordat sy dit vir iemand anders kan weggee.

Satyn Omnibus 4 (Paperback): Ettie Bierman, Marijke Greeff, Zoe Gouws Satyn Omnibus 4 (Paperback)
Ettie Bierman, Marijke Greeff, Zoe Gouws
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R82 Discovery Miles 820 Ships in 4 - 6 working days

In Ettie Bierman se ’n Reenboog vir Aralie stem die hoofkarakter teesinnig in toe haar verlamde eksman, Niel, haar smeek om in sy plek as veearts op ’n wildplaas in Namibie te gaan waarneem. En so ontmoet sy vir Franco Conradie, die “olifantfluisteraar”. In Marijke Greeff se Skoonlief en die dirigent is Nina O’Neill ’n inspekteur van Georganiseerde Misdaad in die Polisiediens wat opdrag kry om wereldberoemde Ierse dirigent en violis Quinn Chauncey op te pas. Hy hoor Nina by ’n troue sing en toe een van sy soliste siek word, vra hy Nina om in te staan. En dan spat die vonke behoorlik tussen hulle! En in Zoe Gouws se Liefde in fokus is Xante Knobel ’n bedrewe fotograaf wat kennis maak met Faan Viljoen, ’n argitek met ’n passie vir bekostigbare behuising. Hy is ook die pa van ’n dogtertjie wat graag ’n model wil word – iets wat vir hom heeltemal onaanvaarbaar is. Die dogtertjie se ma, sy eks, was immers ’n model, en kyk waarop het dit uitgeloop… Net toe dit lyk asof Xante en Faan op professionele vlak goed sal saamwerk, sien Faan hoedat Xante sy dogtertjie afneem met die oog op modelwerk, en die gort is gaar!

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
3-Colour Powdered Milk Container
R103 Discovery Miles 1 030
Aerolatte Cappuccino Art Stencils (Set…
R110 R104 Discovery Miles 1 040
Alexandre J Oscent Eau De Parfum Spray…
R2,283 Discovery Miles 22 830
Loot
Nadine Gordimer Paperback  (2)
R367 R340 Discovery Miles 3 400
Adidas Hybrid 25 Boxing Gloves (Red)
R491 R409 Discovery Miles 4 090
Canon 054 Original Toner Cartridge…
R16,000 R7,290 Discovery Miles 72 900
Peptine Pro Equine Hydrolysed Collagen…
 (2)
R359 R249 Discovery Miles 2 490
Asus ZenScreen MB16ACV 15.6" FHD IPS…
R5,999 R4,599 Discovery Miles 45 990
Loot
Nadine Gordimer Paperback  (2)
R367 R340 Discovery Miles 3 400
Samsung Original 60W 1.0m Type C to Type…
R259 Discovery Miles 2 590

 

Partners