![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Showing 1 - 5 of 5 matches in All Departments
Sterling Visagie voel oor ouens net soos haar pa oor mooi vrouens. Sy kan kies en keur onder die ouens in haar skool, maar sy wil die nuwe ou se belangstelling trek, want hy's Frans en bitter aantreklik. Daarom begin sy Frans neem by Madame Morin - maar los dit weer toe sy agterkom haar pa en Madame Morin het 'n verhouding. Maar Jacques Richaud raak op haar verlief of sy kan Frans praat of nie. Hulle speel tennis, lees saam Franse gedigte en is later soos petrol en vuur bymekaar - tot Sterling halt roep. Jacques se eer is gekrenk en hy stel voor dat hulle minder van mekaar sien. Kort daarna word hy siek aan longontsteking - en toe word vigs gediagnoseer. 'n Byderwetse tienerverhaal wat verskeie omstrede kwessies aanroer - tienerliefde en -seks, vigs, rondloperpa's, afgeskeepte, vereensaamde ma's, verbrokkelende gesinsverhoudinge weens huweliksontrou... Sonder om ooit prekerig te wees, slaag die verhaal daarin om allerhande wanopvattinge en vrese oor vigs die nek in te slaan. 'n Groot lewenswaarheid wat die skryfster subtiel oordra, is dat niemand net sleg of net goed is nie.
Binne 'n kort tydjie kom Erna Rademeyer baie agter oor liefde en vriendskap: die verskillende vorme wat dit kan aanneem, die vreugde daarvan, maar ook die gevaar van verraad en misbruik. Sy kom nie met haar stiefpa oor die weg nie, terwyl haar eie pa - haar held - nog in die nabyheid is en sy vreugde het in die voelhok wat hy so spesiaal vir haar gebou het. Haar beste vriendin, die selfstandige, uitgesproke June, openbaar dat sy ook probleme het met haar stiefpa - maar baie meer skrikwekkend as Erna. Dan raak die twee meisies se vriendskap gekompliseerd as Erna uitvind dat sy en June op dieselfde seun verlief is. Sal die twee se vriendskap hulle help om in die lewe reg te kom? Die verhaal word gevolg deur 'n leesgids met: * inligting oor die outeur * 'n opsomming van die verhaal * woordverklarings van moeilike woorde * vrae oor die inhoud van die verhaal en letterkundige aspekte * antwoorde vir die vrae * 'n glossarium met letterkundige begrippe.
|
![]() ![]() You may like...
Contemporary Issues in Human Resource…
C. Brewster, P. Holland, …
Paperback
![]() R1,534 Discovery Miles 15 340
Gender Perspectives on Vocabulary in…
Rosa M Jimenez Catalan
Hardcover
R2,881
Discovery Miles 28 810
|