0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
  • All Departments
Price
  • R100 - R250 (3)
  • R250 - R500 (5)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 8 of 8 matches in All Departments

Israel-Reeks: Omnibus 2 - Tiferet Yisra'el en Shomer Yisra'el (Afrikaans, Paperback): Marzanne Leroux-Van Der Boon Israel-Reeks: Omnibus 2 - Tiferet Yisra'el en Shomer Yisra'el (Afrikaans, Paperback)
Marzanne Leroux-Van Der Boon
R350 R328 Discovery Miles 3 280 Save R22 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Shomer Yisra'el: Die tweede Libanese oorlog breek uit en Marc word opgeroep. Hul persoonlike krisis verdiep wanneer hulle besef dat Rivkah weer swanger is.

Tiferet Yisra'el: Elke keer wanneer Marc vrees ervaar raak hy bewus van die teenwoordigheid van die Heilige by hom. Hy worstel met sy eie bitterheid wanneer sy ma ’n slagoffer van Suid-Afrika se misdaadprobleem word.

Israel-reeks 10: Ter wille van die vaders (Zechut Avot) (Afrikaans, Paperback): Marzanne Leroux-Van Der Boon Israel-reeks 10: Ter wille van die vaders (Zechut Avot) (Afrikaans, Paperback)
Marzanne Leroux-Van Der Boon
R310 R291 Discovery Miles 2 910 Save R19 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Henok kry ’n verrassing wanneer sy vrou in Israel kom kuier. Re’uven se pyn oor sy eersgeborene se dood lê nog vlak. Dit laat Marc wonder of hy Adonai nog sal kan liefhê as dit hom sou tref. Hy voel verskeur tussen sy gesin en sy ma met haar eie hartseer in Suid-Afrika. Tog vind hy troos in die wete dat Adonai se weë ver bo ons verstand verhewe is.

Granate Bloei in Jerusalem (Afrikaans, Paperback): Marzanne Leroux-Van Der Boon Granate Bloei in Jerusalem (Afrikaans, Paperback)
Marzanne Leroux-Van Der Boon
R310 R291 Discovery Miles 2 910 Save R19 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Marc, 'n sensitiewe jong Suid-Afrikaanse kunstenaar, gaan na Jerusalem om sy Joodse ouma te ontmoet en sy eie Joodse wortels na te speur. Hy vind so sterk aanklank by die Joodse geloof dat hy verstrengel raak in 'n geloofstryd. Te midde van geweld en selfmoord-bomaanvalle kry hy Rivkah, die dapper Jodin, lief. Terug in Suid-Afrika moet hy die chaos in sy hart probeer orden: Sien hy kans om sy aan sy met geweld en onrus in Israel te leef? Die is die eerste roman in die gewilde Israel-reeks.

Hasukkah shel David - Die tent van Dawid (Afrikaans, Paperback): Marzanne Leroux-Van Der Boon Hasukkah shel David - Die tent van Dawid (Afrikaans, Paperback)
Marzanne Leroux-Van Der Boon
R310 R291 Discovery Miles 2 910 Save R19 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Rivkah is weer swanger. Terwyl die terreuraanvalle toeneem, wonder beide Marc en Rivkah: Is hierdie die tyd en die plek om nog ’n kind in die wereld te bring? Dit raak net gevaarliker in Jerusalem se strate. Soos die geboortepyne van sy ma begin, vind Yoshi egter troos in Yeshua se woorde dat sy terugkoms ook soos ’n geboorte gaan wees en dit sal beteken dat die tyd naby is vir Hom om weer Hanukkah shel David op te rig …

Hatikvah: Land Van Hoop (Paperback, 2nd ed): Marzanne Leroux-Van Der Boon Hatikvah: Land Van Hoop (Paperback, 2nd ed)
Marzanne Leroux-Van Der Boon
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R231 Discovery Miles 2 310 Ships in 2 - 4 working days

Rivkah hoor sy is swanger. Terwyl sy worstel oor die ongebore kind se opvoeding, kyk Marc deur kunstenaarsoe na kinders rondom hom. Kort daarna het sy ’n miskraam en verloor sy die baba. Onbeantwoorde vrae tussen Marc en Rivkah lei tot huwelikspanning tussen hulle twee. Sal Rivkah weer kans sien om swanger te word en in die Land van Hoop saam met Marc hoop vir die toekoms vind? Hatikvah is die tweede roman in die gewilde Israel-reeks.

Shomer Yisra'el - Beskermer Van Israel (Afrikaans, Paperback, 2nd ed): Marzanne Leroux-Van Der Boon Shomer Yisra'el - Beskermer Van Israel (Afrikaans, Paperback, 2nd ed)
Marzanne Leroux-Van Der Boon
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R178 Discovery Miles 1 780 Ships in 2 - 4 working days

Dis die somer van 2006 in Jerusalem en die tweede Libanese oorlog breek uit. Marc, Rivkah en hul babaseuntjie word in die gewelddadige gebeure rondom hulle vasgevang. Wanneer die oorlog in intensiteit toeneem, word dit duidelik dat Marc, gevoelige kunstenaar wat hy is, beslis opgeroep gaan word. Hul persoonlike krisis verdiep wanneer hulle besef dat Rivkah weer swanger is, terwyl sy brand om as paramedikus haar deel tot die land se verdediging by te dra. Dit is iets wat Marc ten sterkste afkeur. Terselfdertyd maak hulle kennis met Henok en Sarah Kambungu, twee Suid-Afrikaners wat hulle op hul eerste besoek aan Israel midde-in ’n oorlog bevind. Henok dra na dertig jaar nog swaar aan sy donker herinnerings van die Kassinga-slagting gedurende die grensoorlog in Namibie. En terwyl die oorlog rondom hom woed, kom rabbi Chaim Cohen, Marc se skoonpa, voor die grootste uitdaging van sy lewe te staan. Hoe gaan hy bekend maak dat Yeshua wel die Joodse Messias is, en wat gaan die gevolge van die belydenis wees? Shomer Yisra’el is die derde roman in die gewilde Israel-reeks.

Skadu's Van Gister (Afrikaans, Paperback): Marzanne Leroux-Van Der Boon Skadu's Van Gister (Afrikaans, Paperback)
Marzanne Leroux-Van Der Boon
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R250 Discovery Miles 2 500 Ships in 2 - 4 working days

'n Heerlike tweeluik: Klaprose teen die wind is 'n roman oor seksuele ambivalensie en die verskrikking van vigs. Die tema word ewewigtig en indringend ontgin. En op die koop toe kry die leser insae in die leefwyse van die Nederlanders, word hy/sy bekoor deur die vreemde. Dit is 'n roman wat die verstand en die hart aanraak. Soos honde van die hemel is 'n waagsame, ondersoekende roman oor die onlangse verlede waarin die soeklig helder val op 'n gemeenskap in 'n oorgangstydperk en op die individu. 'n Aangrypende verkenning van verhoudings – tussen mens en mens, en tussen mens en God.

Lewensblik - Sketse oor die lewe (Afrikaans, Paperback): Marzanne Leroux-Van Der Boon Lewensblik - Sketse oor die lewe (Afrikaans, Paperback)
Marzanne Leroux-Van Der Boon
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R196 Discovery Miles 1 960 Ships in 2 - 4 working days

Hierdie bundel is 'n versameling uit die keur van Marzanne Leroux-Van der Boon se essays wat die afgelope agt jaar in Leef met hart en siel verskyn het. Haar vertellings is kort sketse oor die lewe wat handel oor al die dinge wat ons lewens inkleur, soms met sagte pastelle, en soms met harder hale. Dit vertel van die weerloosheid van die mens, maar ook van hoop en vertroue. Dit beskryf die uitdagings wat die lewe ons bied, maar ook die vertroosting van die Here se liefde en genade wanneer ons dit die nodigste het. Dit teken die afwagting en onsekerheid van reis en verhuis, die kommer en chaos van siekte en dood, maar ook die teenwoordigheid en die voorsiening van die Een wat ons hartseer laat bedaar en ons soms ’n dubbelporsie van sy goedheid gee, sodat ons blymoedig van blydskap kan dans.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Meisner and Mindfulness - Authentic and…
Royce Sparks Hardcover R4,313 Discovery Miles 43 130
The Wild Ones - The Pioneer Call of…
Nate Johnston Hardcover R935 Discovery Miles 9 350
The First Splish Splash - Book One…
Lotta D Todd Hardcover R565 Discovery Miles 5 650
Line Upon Line - Papers from Heaven…
Dewey Olmstead Hardcover R594 R543 Discovery Miles 5 430
Hubert in Heaven
Broman Hardcover R489 Discovery Miles 4 890
A Latter-Day Saint Ode to Jesus - The…
Edward Kenneth Watson Hardcover R914 R798 Discovery Miles 7 980
Sunshine And Shadows
Busisekile Khumalo Paperback R340 R319 Discovery Miles 3 190
Harbored Mantras
Water Borders CD R41 R30 Discovery Miles 300
Sweet Sweet Revenge Ltd.
Jonas Jonasson Paperback R388 Discovery Miles 3 880
Rinse: 17 (Mixed By Elijah & Skilliam)
Elijah & Skilliam CD R85 Discovery Miles 850

 

Partners