|
Showing 1 - 25 of
220 matches in All Departments
|
Olifant Se Vraag (Afrikaans, Hardcover)
Leen Van Den Berg; Edited by Rentia Bartlett-Mohl; Illustrated by Kaatje Vermeire; Translated by Shane Kleyn
|
R54
Discovery Miles 540
|
Ships in 13 - 17 working days
|
Soos elke jaar klim al die diere en skepsels teen die heuwel op vir
'n vergadering. Hierdie jaar het olifant 'n vraag, 'n moeilike
vraag: Hoe weet mens dat jy iemand liefhet? Die verhaal begin met
'n groot prent van 'n treurige olifant met 'n klein stoeltjie op sy
kop en 'n blom in sy mond. Die vergadering wat olifant se vraag
moet bespreek, word gelei deur Mier, wat die woord gee aan Muis,
Sneeuwitjie, 'n klip, 'n swerwer, 'n ysbeer en nog vele ander
skepsels. As hulle saam by klomp filosofiese antwoorde oor die
liefde gekom het, word die vergadering gesluit en gaan elkeen
tevrede huis toe. Net Mier, wat oor die liefde skepties is, weet
nie waarom sy skielik so alleen voel nie. Olifant se vraag is 'n
ontroerende verhaal oor die vele fasette van die liefde. Leen van
der Berg bied die jong leser veel om verder oor te droom en te
filosofeer. Kaatje Vermeire se illustrasies, 'n kombinasie tussen
grafiek en illustrasies, is 'n pragtige versmelting van realisme en
fantasie. Die boek vorm sowel vir die oogstrelende fantasieryke
prente, as vir die boeiende teks, stof tot nadenke en bepeinsing.
|
Hondjies (Afrikaans, Paperback)
Fiona Watt; Illustrated by Lizzie Mackay; Translated by Rentia Bartlett-Mohl
|
R124
Discovery Miles 1 240
|
Ships in 13 - 17 working days
|
'n Betowerende plakkerboek vir jong dogtertjies met poppies om aan te trek en hondjies om mee te speel. Die agterflap vou uit sodat ekstra plakkers gebêre kan word terwyl die poppe aangetrek word. Dit is 'n kreatiewe boek van die Britse uitgewershuis Usborne wat Protea Boekhuis in Afrikaans vertaal en aan 'n Suid-Afrikaanse mark bekendstel.
’n Betowerende plakkerboek vir jong dogtertjies met poppies om aan te trek en katjies om mee te speel. Die agterflap vou uit sodat ekstra plakkers gebêre kan word terwyl die poppe aangetrek word. Dit is ’n kreatiewe boek van die Britse uitgewershuis Usborne wat Protea Boekhuis in Afrikaans vertaal en aan ’n Suid-Afrikaanse mark bekendstel.
Op 'n eiland in 'n ou kliphuis woon 'n man. Elke dag wandel hy deur
die inmekaargestrengelde paadjies, styl trappies en versteekte
hoeke van sy betowerende tuin. Een oggend ontdek hy op sy
gunstelingplek 'n onbekende plant wat hy nie in sy
klassifiseringsgids kan vind nie. Hy besluit om alles waartoe hy in
staat is in te span om haar te versorg. En toe sy een aand 'n
blomknop kry, kom hy met allerhande idees vorendag om haar aan te
moedig om oop te gaan. Maar niks wat die man kan doen laat die blom
bloei nie ... tot een magiese volmaannag.
'n Boek vir jong kreatiewe dogtertjies wat in mode belang stel.
Jong dogtertjies kan op 'n pret en leersame wyse met mode
kennismaak deur hierdie aanvulling tot die gewilde “Sticker Dolly
Dressing” reeks van die Britse uitgewershuis Usborne. Die manlike
en vroulike poppe kan aangetrek word in outentieke klere deur meer
as 200 plakkers te gebruik. Temas sluit in die Antieke Egipte,
Antieke Rome, Antieke Sjina, Engeland in die Middeleeue, Spanje in
die 1500’s, die Victoriaanse tye en die minirokkies van die 1960’s.
Dit is die tweede boek in die reeks wat Protea Boekhuis in
Afrikaans vertaal en aan 'n Suid-Afrikaanse mark bekendstel.
In The Feminine Mystique, Jewish-raised Betty Friedan struck out
against a postwar American culture that pressured women to play the
role of subservient housewives. However, Friedan never acknowledged
that many American women refused to retreat from public life during
these years. Now, A Jewish Feminine Mystique? examines how Jewish
women sought opportunities and created images that defied the
stereotypes and prescriptive ideology of the "feminine mystique."
As workers with or without pay, social justice activists, community
builders, entertainers, and businesswomen, most Jewish women
championed responsibilities outside their homes. Jewishness played
a role in shaping their choices, shattering Friedan's assumptions
about how middle-class women lived in the postwar years. Focusing
on ordinary Jewish women as well as prominent figures such as Judy
Holliday, Jennie Grossinger, and Herman Wouk's fictional Marjorie
Morningstar, leading scholars from a variety of disciplines explore
here the wide canvas upon which American Jewish women made their
mark after the Second World War.
|
|