0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
  • All Departments
Price
  • R250 - R500 (4)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 4 of 4 matches in All Departments

Die Wolkversamelaars (Afrikaans, Paperback): Nadia De Kock Die Wolkversamelaars (Afrikaans, Paperback)
Nadia De Kock
R355 R317 Discovery Miles 3 170 Save R38 (11%) Ships in 9 - 14 working days

Die laaste wens van ’n jare lange vriendin stuur Talla na die Glencoe-vallei in Skotland. Sy neem digbundels saam, asook haar wolkboekie om haar stokperdjie voort te sit – die soeke na seldsame wolke. Sy gaan by Munro’s tuis, ’n onopgesmukte herberg gewild onder bergklimmers, en hoop om stories oor tradisionele tartanwewerye te versamel.

By Munro’s ontmoet sy die koddige rondloper, Mikey, wat die hele Skotland plat stap op soek na sy Kate – ’n geliefde wat hom glo jare gelede sonder waarskuwing verlaat het. Talla word by Mikey se soektog betrek, maar dit blyk gou dat sy gedagtes nie helder is nie, en sy geestestoestand net so troebel.

Intussen duik herinneringe aan Talla se kinderdae in Warmbad, en aan haar eerste liefde, Astian, by haar op. Wat is dit aan die stilte van hierdie vallei wat vergete verledes na die oppervlak laat dryf? Dit help ook nie dat Astian net ’n dag se reis ver, in Shetland, woon nie. Sal sy dit waag om die antwoorde op vrae uit haar eie verlede na te jaag?

Hekel & Word Heel 2 - Hoe Hekel Weer My Lewe Gered Het (Afrikaans, Paperback): Nadia De Kock, Hilda Steyn, Jessica Haasbroek Hekel & Word Heel 2 - Hoe Hekel Weer My Lewe Gered Het (Afrikaans, Paperback)
Nadia De Kock, Hilda Steyn, Jessica Haasbroek
R370 R347 Discovery Miles 3 470 Save R23 (6%) View more sellers Ships in 7 - 11 working days

Stories en patrone in Hekel en word heel 1 het talle hekelliefhebbers bemoedig en vol hoop gelaat. Die nuwe boek in die reeks sal ook. Dit bevat nuwe patrone en stories oor hoe hekel 21 mense deur moeilike en donker tye gehelp het. Die stories wissel van verlies, werkverwante stres, depressie, siekte, dood tot mishandeling.

Een-en-twintig mense maak hul harte oop en vertel hul aangrypende verhale van stryd en uiteindelike oorwinning. Hulle vind genesing in hekel en werk konstruktief en kreatief om verlies of hartseer te hanteer. Elke storie dien as inspirasie vir ’n motief en hierdie motief word in ’n projekpatroon gebruik. Daar is maklike en meer uitdagende patrone – iets vir almal! Hierdie unieke hekelboek bevat patrone vir ponchos, serpe, tjalies, truie en snoedels om net ’n paar te noem.

Hekel en word heel 2 is ’n viering van 21 mense se oorwinnings!

Crochet And Conquer - How Corchet Saved My Life (Paperback): Nadia De Kock, Hilda Steyn Crochet And Conquer - How Corchet Saved My Life (Paperback)
Nadia De Kock, Hilda Steyn
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) View more sellers Ships in 7 - 11 working days

Crochet and Conquer combines stories about healing with creative motifs and projects. Each poignant personal account is accompanied by its own matching motif and project The book contains twenty-one personal accounts of trauma and loss, each accompanied by a pattern or project. These projects and patterns will help you work through loss, work-related stress, depression, illness or trauma

Hekel en Word Heel (Afrikaans, Paperback): Nadia De Kock, Hilda Steyn Hekel en Word Heel (Afrikaans, Paperback)
Nadia De Kock, Hilda Steyn
R370 R347 Discovery Miles 3 470 Save R23 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Hekel 'n pad na genesing Hier is 'n hekelboek met 'n verskil. Vir die eerste keer in Afrikaans vertel vroue hoe hekel hulle deur moeilike en donker tye gehelp het. Stories wissel van verlies, werkverwante stres, depressie, siekte, die dood van 'n kind tot emosionele en fisieke mishandeling. Een-en-twintig dapper vroue maak hul harte oop en vertel hul aangrypende verhale van stryd en uiteindelike oorwinning. Omstandighede wat nie verander kan word nie, word deurgaans op 'n konstruktiewe en kreatiewe wyse hanteer en Hekel en word heel vier hierdie vroue se onblusbare gees. Die leser sal vol hoop voel ná die lees van die stories. Ons het 'n motief vir elkeen van hierdie een-en-twintig vroue se storie ontwerp en dit gebruik om persoonlike en huishoudelike artikels mee te maak. Gevorderde tegnieke is deurgaans gebruik om die beste moontlike eindresultaat te verkry. Entoesiastiese beginners sal ook geskikte patrone hier vind en daar is verwysings na hulpbronne indien dit nodig sou raak. Laastens het ons helder kleure ingespan, bont genoeg om jou dag mee op te vrolik. Hierdie is 'n handwerkboek met die eienskappe van 'n selfhelpboek. Die boek bevat een-en-twintig verhale met een-en-twintig gepaardgaande projekte en patrone, wat jou kan help om enige verlies, werkverwante stres, depressie, siekte of trauma te verwerk. Dit is iets soos die hekel weergawe van 'How to make an American quilt'.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Grinding It Out - The Making of…
Ray Kroc Paperback  (1)
R304 Discovery Miles 3 040
Population Health Management for Poly…
Thomas T.H. Wan Hardcover R3,311 Discovery Miles 33 110
Planning and Control of Manufacturing…
John Kenworthy Hardcover R4,495 Discovery Miles 44 950
The Electronic Health Record - Ethical…
Eike-Henner W. Kluge Paperback R3,001 Discovery Miles 30 010
The Future of Chinese Manufacturing…
Corinna Chin, Chris Rowley Hardcover R3,067 R2,874 Discovery Miles 28 740
Hospital Management and Emergency…
Information Resources Management Association Hardcover R13,324 Discovery Miles 133 240
Handbook of Research on Information…
Jorge Lima De Magalhaes, Zulmira Hartz, … Hardcover R10,591 Discovery Miles 105 910
Leadership In Health Services Management
Karien Jooste Paperback R805 Discovery Miles 8 050
The Digital Pill - What Everyone Should…
Elgar Fleisch, Christoph Franz, … Hardcover R727 Discovery Miles 7 270
Computer-Aided Applications in…
Jelena Duris Hardcover R3,335 Discovery Miles 33 350

 

Partners