Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
|||
Showing 1 - 2 of 2 matches in All Departments
Eric-Emmanuel Schmitt is die geliefde skrywer van Oskar en die Pienk Tannie en Monsieur Ibrahim en die Blomme van die Koran. In Madame Pylinska en die Geheim van Chopin vertel Schmitt die vermaaklike en dikwels roerende verhaal van sy lesse by ‘n Poolse klavieronderwyseres, Madame Pylinska. Sy ‘Saterdae saam met Madame Pylinska’ sluit ook lesse in oor die geskiedenis van Pole en komponiste wat vir die klavier geskryf het, veral Chopin en Liszt. Ander onvergeetlike karakters in die verhaal is Schmitt se Tante Aimée, aan wie hy sy liefde vir die klavier en veral Chopin te danke het, en Madame Pylinska se katte, vernoem na (of geïnkarneer deur?) beroemde Chopinpianiste soos Alfred Cortot, Arthur Rubinstein en Vladimir Horowitz. Dit is ook die verhaal van Schmitt se ontdekking van waar sy eintlike talent lê: nie by die uitvoering van Chopin nie, maar by die skryf van kortverhale, romans en dramas.
Onder die talle boeke met 'n donkie as hoofkarakter, is Paul Gallico se A Small Miracle een van die mees bekoorlike. Dit is die roerende verhaal van 'n Italiaanse oorlogswesie, Pepino, wie se liefde vir sy donkie, Violetta, en sy geloof in Sint Franciskus hom van Assisi na die Vatikaan in Rome neem. Gallico is veral bekend vir sy Dunkirk-verhaal, The Snow Goose.
|
You may like...
Labour Relations in South Africa
Dr Hanneli Bendeman, Dr Bronwyn Dworzanowski-Venter
Paperback
|