Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
|||
Showing 1 - 11 of 11 matches in All Departments
Soos elke jaar klim al die diere en skepsels teen die heuwel op vir 'n vergadering. Hierdie jaar het olifant 'n vraag, 'n moeilike vraag: Hoe weet mens dat jy iemand liefhet? Die verhaal begin met 'n groot prent van 'n treurige olifant met 'n klein stoeltjie op sy kop en 'n blom in sy mond. Die vergadering wat olifant se vraag moet bespreek, word gelei deur Mier, wat die woord gee aan Muis, Sneeuwitjie, 'n klip, 'n swerwer, 'n ysbeer en nog vele ander skepsels. As hulle saam by klomp filosofiese antwoorde oor die liefde gekom het, word die vergadering gesluit en gaan elkeen tevrede huis toe. Net Mier, wat oor die liefde skepties is, weet nie waarom sy skielik so alleen voel nie. Olifant se vraag is 'n ontroerende verhaal oor die vele fasette van die liefde. Leen van der Berg bied die jong leser veel om verder oor te droom en te filosofeer. Kaatje Vermeire se illustrasies, 'n kombinasie tussen grafiek en illustrasies, is 'n pragtige versmelting van realisme en fantasie. Die boek vorm sowel vir die oogstrelende fantasieryke prente, as vir die boeiende teks, stof tot nadenke en bepeinsing.
'n Betowerende plakkerboek vir jong dogtertjies met poppies om aan te trek en hondjies om mee te speel. Die agterflap vou uit sodat ekstra plakkers gebęre kan word terwyl die poppe aangetrek word. Dit is 'n kreatiewe boek van die Britse uitgewershuis Usborne wat Protea Boekhuis in Afrikaans vertaal en aan 'n Suid-Afrikaanse mark bekendstel.
’n Betowerende plakkerboek vir jong dogtertjies met poppies om aan te trek en katjies om mee te speel. Die agterflap vou uit sodat ekstra plakkers gebęre kan word terwyl die poppe aangetrek word. Dit is ’n kreatiewe boek van die Britse uitgewershuis Usborne wat Protea Boekhuis in Afrikaans vertaal en aan ’n Suid-Afrikaanse mark bekendstel.
Op 'n eiland in 'n ou kliphuis woon 'n man. Elke dag wandel hy deur die inmekaargestrengelde paadjies, styl trappies en versteekte hoeke van sy betowerende tuin. Een oggend ontdek hy op sy gunstelingplek 'n onbekende plant wat hy nie in sy klassifiseringsgids kan vind nie. Hy besluit om alles waartoe hy in staat is in te span om haar te versorg. En toe sy een aand 'n blomknop kry, kom hy met allerhande idees vorendag om haar aan te moedig om oop te gaan. Maar niks wat die man kan doen laat die blom bloei nie ... tot een magiese volmaannag.
'n Boek vir jong kreatiewe dogtertjies wat in mode belang stel. Jong dogtertjies kan op 'n pret en leersame wyse met mode kennismaak deur hierdie aanvulling tot die gewilde “Sticker Dolly Dressing” reeks van die Britse uitgewershuis Usborne. Die manlike en vroulike poppe kan aangetrek word in outentieke klere deur meer as 200 plakkers te gebruik. Temas sluit in die Antieke Egipte, Antieke Rome, Antieke Sjina, Engeland in die Middeleeue, Spanje in die 1500’s, die Victoriaanse tye en die minirokkies van die 1960’s. Dit is die tweede boek in die reeks wat Protea Boekhuis in Afrikaans vertaal en aan 'n Suid-Afrikaanse mark bekendstel.
'n Byna woordlose prenteboek vir jong kinders van 3-6 met helderkleurige visse wat verskillende emosies uitbeeld – van opgewonde tot hartseer, van verlee tot trots, en van kwaad tot gelukkig. Die visse en die enkele woorde van die emosies wat elkeen uitbeeld is deur die bekende kinderboekillustreerder Mies van Hout met oliepastel en waskryt op 'n swart agtergrond in haar kenmerkende ekspressiewe styl geteken. Die boek is 'n internasionale sukses en is in Duitsland vir die gesogte Deutscher Jugendliteraturpreis genomineer.
'n Byna woordlose prenteboek vir jong kinders van 3-6 met kleurvolle monsters wat ware vriende is. Hulle speel, lag en liefkoos mekaar, maar hulle soek ook skoor met mekaar, en maak dan weer vrede. Die dinamiese illustrasies en woorde is deur die bekende kinderboekillustreerder Mies van Hout met oliepastel en waskryt op 'n swart agtergrond in haar kenmerkende ekspressiewe styl geteken. Dit beeld herkenbare verhoudings vir klein monstertjies uit en sluit aan by Vriende, die vertaling van Vriendjes, ook van Mies van Hout wat in 2015 deur Protea Boekhuis gepubliseer word.
Walter raak op die vreemdste plekke aan die slaap; in die middel van ’n hewige storm, in die swembad, selfs op sy eie verjaarsdagpartytjie. Sy bekommerde ouers sleep hom na allerhande dokters toe en probeer alles om hom wakker te maak – van gruwelike spinnekoppe en ’n groot blaasorkes van 65 musikante. Maar niks of niemand kan hom wakker maak nie. Dan gebeur daar egter iets verrassends. ’n Prettige prenteboek oor slaap met groot illustrasies en treffende moderne ontwerp deur Pieter Gaudesaboos.
n Boek vir jong kinders wat belang stel in die planete, sterre, ruimtemanne, vuurpyle en ruimtestasies. Jong kinders kan op 'n pret en leersame wyse met belangrike feite oor die ruimtereis kennismaak, en aangemoedig word om self tonele te ontwerp met meer as 250 plakkers van onder andere ruimteskepe, -pakke en -toerusting, teleskope, maanwandelaars en buiteruimtelike wesens. Dit is ’n kreatiewe en opwindende boek van die Britse uitgewershuis Usborne wat Protea Boekhuis in Afrikaans vertaal en aan 'n Suid-Afrikaanse mark bekendstel.
Andries Anders vertel die verhaal van 'n droomverlore skaap wat graag reis. Hy het in die noorde aan die kus langs 'n gestreepte rooi vuurtoring sy plek tussen 'n trop skape gevind. Wanneer die wind egter stories oor die see aanwaai en van verre plekke vertel, ontwaak sy avontuurlus. En dan onderneem Andries en sy maat, die meeu, 'n wonderbaarlike reis na die fassinerendste plekke op aarde. Hulle troue begeleier is die wind, saam met wie hulle ten einde weer daar land waar dit tog die mooiste is: tuis! 'n Poetiese boek met subtiele illustrasies, vir almal wat hulle tuistes liefhet, maar ook van ver plekke hou. Hierdie is die tweede boek van die skaap Andries Anders wat Protea Boekhuis vertaal en publiseer.
|
You may like...
The SimCalc Vision and Contributions…
Stephen J Hegedus, Jeremy Roschelle
Hardcover
R4,875
Discovery Miles 48 750
Linear Mixed-Effects Models Using R - A…
Andrzej Galecki, Tomasz Burzykowski
Hardcover
R4,328
Discovery Miles 43 280
Computationally Intensive Statistics for…
Debabrata Samanta, Amit Banerjee
Hardcover
R4,243
Discovery Miles 42 430
Bayesian Essentials with R
Jean-Michel Marin, Christian P. Robert
Hardcover
R3,712
Discovery Miles 37 120
Statistical Modelling of Survival Data…
Il Do Ha, Jong-Hyeon Jeong, …
Hardcover
R4,260
Discovery Miles 42 600
|