|
Showing 1 - 11 of
11 matches in All Departments
|
Olifant Se Vraag (Afrikaans, Hardcover)
Leen Van Den Berg; Edited by Rentia Bartlett-Mohl; Illustrated by Kaatje Vermeire; Translated by Shane Kleyn
|
R54
Discovery Miles 540
|
Ships in 4 - 8 working days
|
Soos elke jaar klim al die diere en skepsels teen die heuwel op vir
'n vergadering. Hierdie jaar het olifant 'n vraag, 'n moeilike
vraag: Hoe weet mens dat jy iemand liefhet? Die verhaal begin met
'n groot prent van 'n treurige olifant met 'n klein stoeltjie op sy
kop en 'n blom in sy mond. Die vergadering wat olifant se vraag
moet bespreek, word gelei deur Mier, wat die woord gee aan Muis,
Sneeuwitjie, 'n klip, 'n swerwer, 'n ysbeer en nog vele ander
skepsels. As hulle saam by klomp filosofiese antwoorde oor die
liefde gekom het, word die vergadering gesluit en gaan elkeen
tevrede huis toe. Net Mier, wat oor die liefde skepties is, weet
nie waarom sy skielik so alleen voel nie. Olifant se vraag is 'n
ontroerende verhaal oor die vele fasette van die liefde. Leen van
der Berg bied die jong leser veel om verder oor te droom en te
filosofeer. Kaatje Vermeire se illustrasies, 'n kombinasie tussen
grafiek en illustrasies, is 'n pragtige versmelting van realisme en
fantasie. Die boek vorm sowel vir die oogstrelende fantasieryke
prente, as vir die boeiende teks, stof tot nadenke en bepeinsing.
|
Hondjies (Afrikaans, Paperback)
Fiona Watt; Illustrated by Lizzie Mackay; Translated by Rentia Bartlett-Mohl
|
R124
Discovery Miles 1 240
|
Ships in 4 - 8 working days
|
'n Betowerende plakkerboek vir jong dogtertjies met poppies om aan te trek en hondjies om mee te speel. Die agterflap vou uit sodat ekstra plakkers gebęre kan word terwyl die poppe aangetrek word. Dit is 'n kreatiewe boek van die Britse uitgewershuis Usborne wat Protea Boekhuis in Afrikaans vertaal en aan 'n Suid-Afrikaanse mark bekendstel.
’n Betowerende plakkerboek vir jong dogtertjies met poppies om aan te trek en katjies om mee te speel. Die agterflap vou uit sodat ekstra plakkers gebęre kan word terwyl die poppe aangetrek word. Dit is ’n kreatiewe boek van die Britse uitgewershuis Usborne wat Protea Boekhuis in Afrikaans vertaal en aan ’n Suid-Afrikaanse mark bekendstel.
Op 'n eiland in 'n ou kliphuis woon 'n man. Elke dag wandel hy deur
die inmekaargestrengelde paadjies, styl trappies en versteekte
hoeke van sy betowerende tuin. Een oggend ontdek hy op sy
gunstelingplek 'n onbekende plant wat hy nie in sy
klassifiseringsgids kan vind nie. Hy besluit om alles waartoe hy in
staat is in te span om haar te versorg. En toe sy een aand 'n
blomknop kry, kom hy met allerhande idees vorendag om haar aan te
moedig om oop te gaan. Maar niks wat die man kan doen laat die blom
bloei nie ... tot een magiese volmaannag.
'n Boek vir jong kreatiewe dogtertjies wat in mode belang stel.
Jong dogtertjies kan op 'n pret en leersame wyse met mode
kennismaak deur hierdie aanvulling tot die gewilde “Sticker Dolly
Dressing” reeks van die Britse uitgewershuis Usborne. Die manlike
en vroulike poppe kan aangetrek word in outentieke klere deur meer
as 200 plakkers te gebruik. Temas sluit in die Antieke Egipte,
Antieke Rome, Antieke Sjina, Engeland in die Middeleeue, Spanje in
die 1500’s, die Victoriaanse tye en die minirokkies van die 1960’s.
Dit is die tweede boek in die reeks wat Protea Boekhuis in
Afrikaans vertaal en aan 'n Suid-Afrikaanse mark bekendstel.
|
Vrolik (Afrikaans, Hardcover)
Mies van Hout; Illustrated by Mies van Hout; Translated by Rentia Bartlett-Mohl
|
R140
R117
Discovery Miles 1 170
Save R23 (16%)
|
Ships in 4 - 8 working days
|
'n Byna woordlose prenteboek vir jong kinders van 3-6 met
helderkleurige visse wat verskillende emosies uitbeeld – van
opgewonde tot hartseer, van verlee tot trots, en van kwaad tot
gelukkig. Die visse en die enkele woorde van die emosies wat elkeen
uitbeeld is deur die bekende kinderboekillustreerder Mies van Hout
met oliepastel en waskryt op 'n swart agtergrond in haar
kenmerkende ekspressiewe styl geteken. Die boek is 'n
internasionale sukses en is in Duitsland vir die gesogte Deutscher
Jugendliteraturpreis genomineer.
|
Vriende (Afrikaans, Hardcover)
Mies van Hout; Illustrated by Mies van Hout; Translated by Rentia Bartlett-Mohl
|
R56
R48
Discovery Miles 480
Save R8 (14%)
|
Ships in 4 - 8 working days
|
'n Byna woordlose prenteboek vir jong kinders van 3-6 met
kleurvolle monsters wat ware vriende is. Hulle speel, lag en
liefkoos mekaar, maar hulle soek ook skoor met mekaar, en maak dan
weer vrede. Die dinamiese illustrasies en woorde is deur die
bekende kinderboekillustreerder Mies van Hout met oliepastel en
waskryt op 'n swart agtergrond in haar kenmerkende ekspressiewe
styl geteken. Dit beeld herkenbare verhoudings vir klein
monstertjies uit en sluit aan by Vriende, die vertaling van
Vriendjes, ook van Mies van Hout wat in 2015 deur Protea Boekhuis
gepubliseer word.
Walter raak op die vreemdste plekke aan die slaap; in die middel
van ’n hewige storm, in die swembad, selfs op sy eie
verjaarsdagpartytjie. Sy bekommerde ouers sleep hom na allerhande
dokters toe en probeer alles om hom wakker te maak – van gruwelike
spinnekoppe en ’n groot blaasorkes van 65 musikante. Maar niks of
niemand kan hom wakker maak nie. Dan gebeur daar egter iets
verrassends. ’n Prettige prenteboek oor slaap met groot
illustrasies en treffende moderne ontwerp deur Pieter Gaudesaboos.
n Boek vir jong kinders wat belang stel in die planete, sterre,
ruimtemanne, vuurpyle en ruimtestasies. Jong kinders kan op 'n pret
en leersame wyse met belangrike feite oor die ruimtereis
kennismaak, en aangemoedig word om self tonele te ontwerp met meer
as 250 plakkers van onder andere ruimteskepe, -pakke en
-toerusting, teleskope, maanwandelaars en buiteruimtelike wesens.
Dit is ’n kreatiewe en opwindende boek van die Britse uitgewershuis
Usborne wat Protea Boekhuis in Afrikaans vertaal en aan 'n
Suid-Afrikaanse mark bekendstel.
Andries Anders vertel die verhaal van 'n droomverlore skaap wat
graag reis. Hy het in die noorde aan die kus langs 'n gestreepte
rooi vuurtoring sy plek tussen 'n trop skape gevind. Wanneer die
wind egter stories oor die see aanwaai en van verre plekke vertel,
ontwaak sy avontuurlus. En dan onderneem Andries en sy maat, die
meeu, 'n wonderbaarlike reis na die fassinerendste plekke op aarde.
Hulle troue begeleier is die wind, saam met wie hulle ten einde
weer daar land waar dit tog die mooiste is: tuis! 'n Poetiese boek
met subtiele illustrasies, vir almal wat hulle tuistes liefhet,
maar ook van ver plekke hou. Hierdie is die tweede boek van die
skaap Andries Anders wat Protea Boekhuis vertaal en publiseer.
|
You may like...
The Music Box
Howard G. Awbery
Paperback
R270
Discovery Miles 2 700
The Dance Tree
Kiran Millwood Hargrave
Paperback
R385
R301
Discovery Miles 3 010
Katryn
Winnie Rust
Paperback
R220
Discovery Miles 2 200
|