0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
  • All Departments
Price
  • R100 - R250 (1)
  • R250 - R500 (2)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 3 of 3 matches in All Departments

Geheime Op Philadelphia (Afrikaans, Paperback): Riaan Grobler Geheime Op Philadelphia (Afrikaans, Paperback)
Riaan Grobler
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) View more sellers Ships in 7 - 11 working days

Reghardt du Toit is ’n bekende sanger met die wêreld aan sy voete. ’n Ernstige ongeluk verander sy lewe onherroeplik. As gevolg van gehoorverlies, is sing skielik buite die kwessie. Hy gaan soek na ’n nuwe begin in die klein WesKaapse dorpie van Philadelphia.

Hier maak Reghardt ’n boetiekrestaurant oop terwyl die dorpie en inwoners in sy hart inkruip. ’n Dokter met ’n praktyk in die naburige Malmesbury trek ook met sy gesin en ’n geheimsinnige au pair na Philadelphia.

Die plaaslike dominee se dogter is ’n internasionale model en haar pa se enigste kind. Sy weet sy presies wat sy in die lewe wil hê. Sy spits haar toe daarop om Reghardt se hart te verower. Die dowe sanger fokus egter daarop om mentor te wees vir ’n seun wat sy eie sangtalent wil slyp.

’n Skokkende tragedie bring ’n onverwagse wenteling in almal se lewens. Sal Reghardt genoeg liefde en vergifnis kan vind om die ontrafeling wat volg te weerstaan, of sal alles weer inmekaartuimel?

Die Avonture Van Helga Roets (Afrikaans, Paperback): Riaan Grobler Die Avonture Van Helga Roets (Afrikaans, Paperback)
Riaan Grobler
R320 R230 Discovery Miles 2 300 Save R90 (28%) Ships in 5 - 10 working days

Helga Roets is dalk aan die verkeerde kant van 80, maar jy kan haar steeds deur ’n ring trek, elke dag van die week. Sy woon nou al amper vyf jaar by Silwerhare Aftreeoord in Pretoria, en hoewel die aanpassing swaar was, voel haar blyplekkie deesdae soos huis. Sy het darem nog haar motortjie waarmee sy gereeld winkel toe ry.

Soms besoek sy vriendinne of gaan sit by ’n koffiewinkel om die mense om haar te bekyk.

Dit kom dus as ’n groot skok wanneer die oogarts makulêre degenerasie in albei haar oë diagnoseer. En vandeesweek is hoeka so ’n bedrywige week: twee begrafnisse, en Saterdag ’n troue in die Paarl.

Ten spyte van haar kinders se teenkanting, glip Helga Dinsdag suutjies uit by die aftreeoord, bagasie gepak, reg om haar reisavontuur te begin. Maar wie wag onder die lamppaal? Niemand anders nie as Stefaans de Wet, so ewe van plan om haar op haar tog te vergesel – net omdat sy nie mooi kan sién nie.

Hospitaal Weltevreden (Afrikaans, Paperback): Riaan Grobler Hospitaal Weltevreden (Afrikaans, Paperback)
Riaan Grobler
R310 R291 Discovery Miles 2 910 Save R19 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Anna-Mart is ’n noodeenheid-spesialis en ken die lang gange van Hospitaal Weltevreden goed. Sy is nie bang vir harde werk nie. Dis immers ál hoe sy uit die armoede van haar en haar twee broers se enkelma-huishouding kon ontsnap en haar droom om ’n dokter te word, kon verwesenlik. Maar sy en haar ma, Beatrice, is bekommerd want haar broers is met verkeerde vriende deurmekaar. Hulle het maande terug van die twee gehoor. En boonop skaam Anna-Mart haar vir haar eenvoudige ma wat deesdae by haar woon.

Uit die bloute arriveer ’n pasiënt by die ongevalle eenheid vanuit haar verlede. Jacques Fourie laat weer eens haar hart klop soos hy destyds op skool gedoen het, al het sy hom nooit vertel hoe sy voel nie ...

Louise Tredoux is Anna-Mart se boesemvriendin en ’n onkoloog wat in wetenskap en niks anders glo nie – totdat Petro met haar groot juk en nog groter geloof by haar spreekkamer instap en in Louise se swart-op-wit logika kom rondkrap. Maar Louise staan sterk op haar beginsels totdat sy eendag onverwags inmekaarsak en alles in haar lewe omver gewerp word.

En dan is daar Rentia le Roux, die geskeide sielkundige met twee kinders en die interessante pasiënt, Shawn, wat van een verhouding na ’n ander rond fladder. Is dit van hom wat sy skielik romantiese geskenke kry, of kom dit van die aantreklike Dr Marloux Pienaar? Die kardioloog staan self op skei en vang al die verpleegsters se oë, en ná wat in sy kantoor gebeur het, ook Rentia s’n. Maar is daar enigsins ’n toekoms vir haar met ’n man soos Marloux?

Veral nadat sy een oggend met ’n verblindende hoofpyn in ’n vreemde plek wakker word ...

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
iPhone 14 / 14 Plus Front Facing Camera…
R340 R243 Discovery Miles 2 430
Treeline A6 Lined Memo Hardcover Books…
R132 Discovery Miles 1 320
Choosing Effective Development Programs…
James E. Gardner Hardcover R2,534 Discovery Miles 25 340
iPhone 15 Back Housing Cover Adhesive…
R334 R238 Discovery Miles 2 380
Rexel A4 ColourHide Notebook - Purple…
R99 Discovery Miles 990
Silicene-Based Layered Materials…
Ming-Fa Lin Paperback R771 Discovery Miles 7 710
Dagboek Van 'n Wimpy Kid 18 - Leekoppie
Jeff Kinney Paperback R170 R157 Discovery Miles 1 570
Silicene-Based Layered Materials…
Ming-Fa Lin Hardcover R3,284 Discovery Miles 32 840
iPhone 15 Pro Max Easy Replacement Big…
R2,993 R2,138 Discovery Miles 21 380
Rexel A4 ColourHide Notebook - Red (120…
R99 Discovery Miles 990

 

Partners