![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Showing 1 - 3 of 3 matches in All Departments
In hierdie debuutbundel word die verhouding tussen vader en seun vanaf geboorte tot by volwassenheid verken. Dit is egter 'n besonder komplekse verhouding omdat die seun outisties is. Die tema van outisme, wat nog nie voorheen in die Afrikaanse poesie neerslag gevind het nie, word deurgaans vanuit die subjektiewe ervaring van die vader verwoord, wat voortdurend op soek is na maniere om deur te dring tot die bykans geslote wereld van die kind. Die narokkong van die bundeltitel verwys na 'n geheimsinnige voel van die nag wat ook in D.J. Opperman se gedig “Koggelbos” figureer, maar eintlik verder terugverwys na 'n kortverhaal, “Koors”, deur Sangiro. Vir die siek kind in die verhaal is die narokkong 'n bringer van onheil, maar in die kind se koorsdrome word hy self ook 'n narokkong wat deur die giftige nabome gelok word. In Franzsen se bundel is daar ook 'n vreemde band tussen die outistiese kind en die voel wat alles met sy afsydige swart oe dophou en is dit nie altyd duidelik of die voel bedreiging of beskerming inhou nie. Die gedigte bring die leser te staan voor die wereld van die ouers en hul radelose pogings om deur te dring tot die kind, om iets te verstaan van die manier waarop hy die werklikheid ervaar, en hul bekommrnis omdat hul besef dat hy nooit selfstandig sal kan leef nie (“Paasfees”). Voor hierdie verskynsel is die mediese wetenskap magteloos (“Hippokrates het sy hande vol”). Die leser sien ook iets van die kind se ontuisheid in 'n wereld wat vir hom onbegryplik is – “Hoe dans mens in sirkels/in hierdie vierkantige plek?” word in “Outisme I”gevra, en sy afgeslotenheid en opgeslotenheid (“Kerker”). Daar is egter ook momente van troos (“Engel in die bos”), van humor (“Beseringstyd”) en deernis (“Denmar”). Die bundel eindig met ’n aangrypende gebed (“Slotgesang”).
|
![]() ![]() You may like...
Diagnostic Biomedical Signal and Image…
Kemal Polat, Saban Ozturk
Paperback
R3,135
Discovery Miles 31 350
Raman and SERS Investigations of…
Monica Baia, Simion Astilean, …
Hardcover
R2,886
Discovery Miles 28 860
|