0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
  • All Departments
Price
  • R100 - R250 (2)
  • R250 - R500 (1)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 3 of 3 matches in All Departments

In 'n sprokie verweef (Afrikaans, Paperback): Rina Cilliers In 'n sprokie verweef (Afrikaans, Paperback)
Rina Cilliers
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Alichi, ’n kunswewer, moet nuwe verblyf soek, maar haar weefgetou is te groot vir ’n plek in die stad. Sy vind uitkoms op ’n plaas waar sy deel kan wees van ’n opheffingsprojek om plaaswerkers se vrouens op te lei in die weefkuns. Haar nuwe lewe tussen die Kleinrivierber ge word gekompliseer deur haar baas, Wikus, ’n gesogt e vrygesel. Hy kom tot haar redding wanneer sy bergop stap en v erdwaal. Sy wil nie los drade hê wat haar nuwe sprokieslewe gaan bederf nie en hulle besluit om uiteindelik dinge uit te praat. Sal sy hom met haar hart kan vertrou?

Die Dogters Van Casalina (Afrikaans, Paperback): Rina Cilliers Die Dogters Van Casalina (Afrikaans, Paperback)
Rina Cilliers
R300 R281 Discovery Miles 2 810 Save R19 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Ciska Luckhoff, ’n joernalis by Dagblad, se lewe verander handomkeer wanneer beide haar ouers kort na mekaar sterf en haar geliefde, Liam, gediagnoseer word met ’n lewensbedreigende siekte. Gedurende hierdie tyd neem sy onbetaalde verlof om as voltydse versorger en broodwinner op te tree met haar deeltydse werk as manuskripontleder en skrywer.

Haar omstandighede dreig egter om haar onder te kry en sy nader haar ma se sielkundige, Isobelle Verwey. Isobelle staan Ciska nie net by gedurende hierdie traumatiese tyd nie, maar word ook ’n hegte vriendin.

’n Bejaarde kunstenaar, Francina Bernardi, nader Ciska om haar memoires te skryf en Isobella moedig haar aan om die aanbod te aanvaar. Opsoek na ’n nuwe begin en begrip vir God se plan vir haar lewe, gryp Ciska die geleentheid aan. Sy vertrek na Casalina, die drietoringhuis naby Knysna, waar sy deel van die Bernardi-familie se huishouding raak. Sy vind inspirasie in die intrige van die muurskilderye, waarin die kunstenaar met taferele daarop haar en haar man se lewensgeskiedenis verbeeld.

Maar die teenwoordigheid van ’n aantreklike Bernardi-nasaat verwar haar omdat sy nie weet hoe om haar verlede af te sluit óf wat om met haar nuwe gevoelens te maak nie. Tydens Kerstyd by Casalina ontvou ’n verhaal wat die verlede en hede se geheime ontrafel. Ciska moet vrede maak met ’n skokkende ontdekking sodat die dogters van Casalina uiteindelik in ’n sirkel van genade kan terugkeer.

Tango Met 'n Twist (Afrikaans, Paperback): Rina Cilliers Tango Met 'n Twist (Afrikaans, Paperback)
Rina Cilliers
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) In Stock

Lisette Posthimus, talentvolle balletdanseres, is gewoond aan koerantopskrifte waarin haar talent besing word. Die euforie word wreed onderbreek wanneer sy die rol waarin sy 'n pas de deux saam met 'n wêreldberoemde balletdanser sou dans, met 'n onderduimse gekonkel verloor. Dan moet die dansteater sy deure sluit weens die negatiewe nadraai wat die Covid-pandemie op die kultuurwêreld het.

Drie jaar se verblyf in Londen moet sy uit eindelik in 'n enkele tas pak. Op die nippertjie kry sy 'n tydelike pos as aupair in Spanje by 'n Suid-Afrikaanse familie. Hier loop sy haar vas in 'n uiters aantreklike man met 'n verlede wat by hom spook , sy niggie wat aan 'n persoonlikheidsteuring ly, en sy sjarmante neef. Lisette word gekonfronteer met haar eie onvermoëns en geneigdheid om eerder te vlug as om te veg.

In 'n omgewing waar vurige flamenco-musiek en -danse in die sigeuners se bloed ingebore word, dans ook sy uiteindelik die tango: Die dans van die liefde.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
The Count of Monte Cristo
Alexandre Dumas Paperback R173 Discovery Miles 1 730
Beyond Functional Sequence - The…
Ur Shlonsky Hardcover R3,582 Discovery Miles 35 820
Becoming Men - Black Masculinities In A…
Malose Langa Paperback R350 R323 Discovery Miles 3 230
Ten Lectures on Diachronic Construction…
Martin Hilpert Hardcover R3,513 Discovery Miles 35 130
Understanding Abnormal Behavior
Derald Wing Sue, David Sue, … Hardcover  (3)
R1,348 R1,255 Discovery Miles 12 550
Solution Business - Building a Platform…
Kaj Storbacka, Risto Pennanen Hardcover R2,118 Discovery Miles 21 180
Imperatives and Commands
Alexandra Y. Aikhenvald Hardcover R3,523 Discovery Miles 35 230
Super Easy Air Fryer Recipes - Learn How…
Linda Wang Hardcover R743 R652 Discovery Miles 6 520
A Grammar of Gurindji - As spoken by…
Felicity Meakins, Patrick McConvell Hardcover R5,506 Discovery Miles 55 060
Faber-Castell Hex. Aquarelle Colour…
R143 Discovery Miles 1 430

 

Partners