![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
Showing 1 - 3 of 3 matches in All Departments
Ciska Luckhoff, ’n joernalis by Dagblad, se lewe verander handomkeer
wanneer beide haar ouers kort na mekaar sterf en haar geliefde, Liam,
gediagnoseer word met ’n lewensbedreigende siekte. Gedurende hierdie
tyd neem sy onbetaalde verlof om as voltydse versorger en broodwinner
op te tree met haar deeltydse werk as manuskripontleder en skrywer.
Lisette Posthimus, talentvolle balletdanseres, is gewoond aan koerantopskrifte waarin haar talent besing word. Die euforie word wreed onderbreek wanneer sy die rol waarin sy 'n pas de deux saam met 'n wêreldberoemde balletdanser sou dans, met 'n onderduimse gekonkel verloor. Dan moet die dansteater sy deure sluit weens die negatiewe nadraai wat die Covid-pandemie op die kultuurwêreld het. Drie jaar se verblyf in Londen moet sy uit eindelik in 'n enkele tas pak. Op die nippertjie kry sy 'n tydelike pos as aupair in Spanje by 'n Suid-Afrikaanse familie. Hier loop sy haar vas in 'n uiters aantreklike man met 'n verlede wat by hom spook , sy niggie wat aan 'n persoonlikheidsteuring ly, en sy sjarmante neef. Lisette word gekonfronteer met haar eie onvermoëns en geneigdheid om eerder te vlug as om te veg. In 'n omgewing waar vurige flamenco-musiek en -danse in die sigeuners se bloed ingebore word, dans ook sy uiteindelik die tango: Die dans van die liefde.
Alichi, ’n kunswewer, moet nuwe verblyf soek, maar haar weefgetou is te groot vir ’n plek in die stad. Sy vind uitkoms op ’n plaas waar sy deel kan wees van ’n opheffingsprojek om plaaswerkers se vrouens op te lei in die weefkuns. Haar nuwe lewe tussen die Kleinrivierber ge word gekompliseer deur haar baas, Wikus, ’n gesogt e vrygesel. Hy kom tot haar redding wanneer sy bergop stap en v erdwaal. Sy wil nie los drade hê wat haar nuwe sprokieslewe gaan bederf nie en hulle besluit om uiteindelik dinge uit te praat. Sal sy hom met haar hart kan vertrou?
|
You may like...
Natural Capital - Theory and Practice of…
Peter Kareiva, Heather Tallis, …
Hardcover
R5,237
Discovery Miles 52 370
Family Farming and the Worlds to Come
Jean-Michel Sourisseau
Hardcover
R4,769
Discovery Miles 47 690
|