|
Showing 1 - 3 of
3 matches in All Departments
Die Sirkel van Wraak bring internasionale misdaad, speurwerk,
familiesaga en liefdesverhaal in 'n komplekse spanningsroman byeen.
Die Sirkel van Wraak se premis is: Wat het van Tamara geword? Dis
twintig jaar later en haar groot liefde, die psigiater Theo Rudman,
word met 'n moordenaar se anonieme oproepe gekonfronteer. Die
maniak dreig om 'n jong vrou in 'n hospitaal vir geestesversteurdes
te vermoor, en Rudman kom voor een van die moeilikste besluite van
sy loopbaan te staan. Intussen is Liu Xiong, internasionale skrywer
van verskeie toptreffers, besig om op 'n onbekende plek haar
nuutste manuskrip af te rond. Rudman beskik oor die volledige
Xiong-versameling by sy Scarborough strandhuis. Wanneer hy met die
pasient na hierdie stil, mistige kusdorp vlug, verdiep die misterie
en intrige.
Dr ST Potgieter is 'n geregistreerde sielkundige wat daagliks in sy
privaat praktyk in Bellville, Kaapstad in konsultasie staan. Hy was
vir 'n hele aantal jare in Windhoek, Namibie, asook in die Limpopo
Provinsie werksaam. Benewens sy werk as sielkundige tree hy gereeld
op in radioprogramme en het hy ook bekendheid verwerf as skrywer en
van sy bydraes en insette verskyn gereeld in artikels in koerante
en tydskrifte. Hy is 'n gewilde spreker by verskeie geleenthede,
van die korporatiewe mark tot by skole, manne en vroue-byeenkomste.
In Jou laaste selfhelp boek word al die kwessies en nog
aangespreek. Die leser se transformasie word as 'n projek aangepak
wat bestuur moet word. Dan word jy uiteindelik perfek geposisioneer
om die reis na die ontdekking van die outentieke jy aan te pak. Die
boek sal jou met nuwe oe na die lewe laat kyk. Dit sal jou opnuut
opgewonde maak oor die krag wat in jouself en God se wil vir jou
lewe opgesluit le. Jy sal perspektief kry op jou plek in die heelal
en leer om dankbaar te wees. Jy sal die kans kry om 'n kwaliteit
lewe te leef.
|
You may like...
Dire Bound
Sable Sorensen
Paperback
R395
R330
Discovery Miles 3 300
Sword Catcher
Cassandra Clare
Paperback
R399
R362
Discovery Miles 3 620
Herc
Phoenicia Rogerson
Paperback
R380
R339
Discovery Miles 3 390
Immortal
Sue Lynn Tan
Paperback
R435
Discovery Miles 4 350
|
Email address subscribed successfully.
A activation email has been sent to you.
Please click the link in that email to activate your subscription.