|
|
Showing 1 - 25 of
54 matches in All Departments
Tant Bettie het 'n gunstelingbroekie wat op 'n dag van die
wasgoeddraad afgewaai word – en wilde avonture beleef. Sal Tant
Bettie ooit weer haar broekie terugkry? 'n Storie met koddige
kinkels en vrolike illustrasies, perfek vir voorlees!
In hierdie slim boekie oor die dromende sjimpansee Willie, gee
Anthony Browne 'n speelse knik in die rigting van skilders soos
Henri Rousseau en Salvador Dali, wie se kunswerke 'n mens dikwels
eerder aan drome as aan die werklikheid herinner. Willie hou
daarvan om te droom. Hy droom dat hy 'n filmster is; 'n skilder, 'n
balletdanser ... Hy droom van vreeslike monsters en superhelde …
Willie se droomland is ’n galery van wonderlike en magiese prente.
Maak die boek oop en kyk self!
In die derde boekie in die reeks oor Bella en Bollie, is Bollie lus
vir koek. Vandag is 'n hongerige dag en Bollie is lus vir koek.
Maar Bella wil liewer gesond eet. Hoe lank sal Bollie die njammie
geure kan weerstaan?
Willem die Wreedaard is geweldig wreed. Hy ontvoer briljante uitvinders en dwing hulle om masjiene te bou waarmee hy sy duiwelswerk kan doen. Maar daar kom ’n dag waarop hy besef dat hy so wreed is dat niemand van hom hou nie. Sal Willem ’n nuwe blaadjie kan omslaan?
’n Snaakse storie vir wreedaarde en weldoeners van alle ouderdomme!
Al die geluide in die woud is vir Tier vreeslik opwindend. Saam met
sy vriende (pronkende Pou, verstrooide Renoster en trompetterende
Olifant) soek hy na 'n antwoord op die opwindendste vraag van
almal: Wie is die koning van die woud?
Hond is lief vir sy vriende. Hy dink hulle is fantasties. Maar hy
dink ook hy is die beste, en hy hou nie op om hulle te vertel nie.
So wat gebeur toe sy vriende besluit om hom ’n les te leer deur hom
te wys waarin hulle die beste is? Die skrywer vertel: "Die idee vir
hierdie boek het by my ontstaan nadat ek 'n tenniswedstryd gewen
het. Ek het dit geniet om heeltyd by vriende en familie te spog, en
toe besef ek dat ek dit onder hulle neuse vryf, net soos Hond!"
'n Sjimpansee vertel van sy gunstelingboeke: van boeke oor
ruimtevaarders tot boeke oor seerowers. Ja, hy hou regtig van
boeke! Van watter tipe boeke hou jy? Snaakse boeke? Bangmaak-boeke?
Boeke oor monsters en seerowers? Boeke met sjimpansees? Waarvan jy
ook al hou, daar is iets in hierdie boek vir jou!
'n Boek met byklanke. Die klanke sit in die knoppies. Kekkelende
hekse, brullende monsters, kermende spoke … Maak hierdie boek oop
en gaan 'n wereld van bangmaak-klanke binne – mits jy dapper genoeg
is! Slobber, borrel, gorrel...Krrraak...Kletter, klater! Ha, ha,
ha, ha!A-hoeeeeee! Klein handjies sal nie hierdie klankknoppies kan
weerstaan nie.
Op 'n dag kom Tannie Frieda nie weer terug nadat sy die vullis gaan
uitsit het nie. Wat nou? 'n Klein chinchilla gaan kuier graag by
Tannie Frieda het is nou in 'n penarie. Hoe gemaak as daar gevaar
is in die lug om die woonstelblok waar sy woon? Dit is ’n lekker
spannende boek wat kinders sal laat omblaai tot op die heel laaste
bladsy!
Pieter die parkopsigter het die dag af. Dis die perfekte dag vir
niksdoen. Maar Pieter se rustige piekniek word onderbreek toe 'n
konyntjie onverwags in 'n waterput val.
Gister het ek wakker geword met my bababoetie Ben wat in my kamer
rondkruip en aan my goed lek ... Toe skree ek: GAAN UIT MY KAMER
UIT! en dit was die begin van MY GROOT SKREEDAG! Bella het ’n
slegte dag – niks is soos sy dit wil he nie en al wat sy kan doen
is skree. Maar slegte dae hou nie vir altyd aan nie, en Bella leer
daardie spesiale woord … JAMMER! 'n SKREEUSNAAKSE kinderboek.
Wikkels Vark kry 'n verrassingspakkie by 'n partytjie. Hy is so
gretig om dit oop te maak, dat hy sy sagte speelding Snoekels aan
'n ballon vasbind, en nie sien wat gebeur nie! Met die oulike
Wikkels Vark in die hoofrol, is hierdie ’n oulike verhaal oor
skeidingsangs; 'n situasie wat elke ouer en kind sal herken.
Wikkels Vark het 'n nuwe hondjie. Wat sal ons hom noem? Almal het
idees, maar niemand stem saam nie. Dan kom Morsjors Vark verby...
Dis my verjaardag en ek gaan 'n koek bak. Ek het eiers, meel,
botter, melk, 'n knypie sout, suiker en 'n paar kersies vir bo-op
nodig. Kan my dierevriendjies my help? Wat kan nou lekkerder wees
as om ’n verjaardagkoek te deel met maatjies wat gehelp het om dit
te bak? Helen Oxenbury is ’n geliefde illustreerder van kinderboeke
wat al talle pryse gewen het met haar werk. Hierdie teks is ’n
aandoenlike verhaal oor vriendskap en mededeelsaamheid, wat op
peuters en kleuters gemik is.
Sammy is raiding his mother' cupboard to make himself the biggest
sandwich in the world. But will the sandwich with the chocolate
spread, mustard, chocolate vermicelli, raisins, jam, peanut butter,
a spoon of sweet honey and almost everything in the fridge be
enough to appease his hunger?
'n Huis vir Tippie is 'n pragtige, atmosferiese verhaal oor die
vriendskap tussen 'n seuntjie en 'n straatkat. Die seuntjie bring
elke dag 'n nuwe bakkie melk en wen so die kat Tippie se vertroue.
Maar op 'n dag is daar nie 'n bakkie nie. Geen bakkie nie, en ook
geen seuntjie nie. Tippie verdwaal en verkeer in gevaar. Sal die
twee vriende mekaar ooit weer sien?
Soos elke jaar klim al die diere en skepsels teen die heuwel op vir
'n vergadering. Hierdie jaar het olifant 'n vraag, 'n moeilike
vraag: Hoe weet mens dat jy iemand liefhet? Die verhaal begin met
'n groot prent van 'n treurige olifant met 'n klein stoeltjie op sy
kop en 'n blom in sy mond. Die vergadering wat olifant se vraag
moet bespreek, word gelei deur Mier, wat die woord gee aan Muis,
Sneeuwitjie, 'n klip, 'n swerwer, 'n ysbeer en nog vele ander
skepsels. As hulle saam by klomp filosofiese antwoorde oor die
liefde gekom het, word die vergadering gesluit en gaan elkeen
tevrede huis toe. Net Mier, wat oor die liefde skepties is, weet
nie waarom sy skielik so alleen voel nie. Olifant se vraag is 'n
ontroerende verhaal oor die vele fasette van die liefde. Leen van
der Berg bied die jong leser veel om verder oor te droom en te
filosofeer. Kaatje Vermeire se illustrasies, 'n kombinasie tussen
grafiek en illustrasies, is 'n pragtige versmelting van realisme en
fantasie. Die boek vorm sowel vir die oogstrelende fantasieryke
prente, as vir die boeiende teks, stof tot nadenke en bepeinsing.
Piet Grobler (1959) is 'n welbekende, veelbekroonde en
internasionaal erkende Suid-Afrikaanse kinderboek-illustreerder,
sowel as 'n gevestigde kunstenaar wat se werk plaaslik en oorsee
aftrek geniet. In hierdie boekie beeld Piet Grobler die alfabet op
sy eiesoortige, baie oorspronklike manier uit. By elke letter laat
hy die voeltjie iets se en doen; een drink 'n glas leeg en breek 'n
wind op (Burp!), 'n ander sit rustig op 'n tak tot 'n appel op sy
kop val (Doink!), en ander voeltjies eet wurms (Njam!) of le eiers
(Plop!). Elke letter beslaan twee bladsye. Daar word telkens hoof-
en kleinletters verskaf. Die interaksie tussen teks en illustrasie
is baie snaaks: So breek 'n houtkapper 'n "T" met sy snawel
middeldeur (Tok-tok-tok …) en maak 'n ander voel sy nes bo in die
"Y". Die voeltjies se ABC is 'n bekoorlike boekie wat vir ieder en
elk plesier sal verskaf!
|
|