0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
  • All Departments
Price
  • R100 - R250 (1)
  • R250 - R500 (4)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 5 of 5 matches in All Departments

Roulette (Afrikaans, Paperback): Sidney Gilroy Roulette (Afrikaans, Paperback)
Sidney Gilroy
R320 R230 Discovery Miles 2 300 Save R90 (28%) Ships in 5 - 10 working days

In 1998 was hulle onskuldige tieners. In 2025 is hulle verdagtes.
Sersant Sollie Mthembu se nuwe ondersoek lei hom terug na ’n onopgeloste dossier van die negentigs. Om die moordenaar te stuit, en tegelyk iemand na aan hom se lewe te red, moet Sollie agter die kap van die byl kom: Is dit wraak? Of word mense stilgemaak?
Roulette is die bekroonde skrywer Sidney Gilroy se vyfde roman – ’n onthutsende krimi wat die gevolge van familiegeheime en gevaarlike speletjies onder die vergrootglas plaas.

Klikbek (Afrikaans, Paperback): Sidney Gilroy Klikbek (Afrikaans, Paperback)
Sidney Gilroy
R320 R286 Discovery Miles 2 860 Save R34 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Speurder Sollie Mtembu lê snags wakker oor of sy salaris ooit sy vrou se ambisies sal ewenaar. Maar in Oktober verdwyn 'n ou vriend van die polisiekommisaris en hy word opdrag gegee om dié “verdwyning” te ondersoek. Kort ná hy in Rhynveld arriveer verander die oënskynlike ontvoering in ’n moordsaak en Sollie moet sy vrese opsy skuif sodat sy speurvernuf kan seëvier. 

Bloedsomer (Afrikaans, Paperback): Sidney Gilroy Bloedsomer (Afrikaans, Paperback)
Sidney Gilroy
R320 R286 Discovery Miles 2 860 Save R34 (11%) View more sellers Ships in 5 - 10 working days

Petunia Moraleng, voormalige stasiebevelvoerder op Parys, is haar rang kwyt en oorgeplaas Mooibaai toe. Die bedompige klimaat voel soos ’n tronksel en sy mis die ooptes van die Vrystaat en, daarmee saam, bekostigbare blyplek. Speursersant JP Hendriks, aan wie sy deesdae rapporteer, toon boonop nie ’n greintjie simpatie nie.

Een Vrydagoggend in Desember vang ’n vakansieganger met sy hommeltuig se kamera ’n afgryslike toneel vas. Tussen die voetstukke van ’n geroeste windpomp in ’n afgeleë stuk veld wat grens aan ’n staproete, lê ’n bebloede bondeltjie mens. Minder as 24 uur later word ’n foto van nóg ’n slagoffer iewers in ’n stegie van die onderdorp soos ’n veldbrand op sosiale media versprei.

Wat het Die Clowns, ’n Russiese skeepskaptein en die matriarg van die vooraanstaande Heemstra-familie se testament gemeen? En waar kom die albaster wat in die eerste slagoffer se hand vasgeknyp is, vandaan?

Petunia en JP bevind hulself oornag as die hoofondersoekers in ’n duistere moordsaak.

Middernag (Afrikaans, Paperback): Sidney Gilroy Middernag (Afrikaans, Paperback)
Sidney Gilroy
R320 R286 Discovery Miles 2 860 Save R34 (11%) View more sellers Ships in 5 - 10 working days

Bloemfonteinse speurder Sollie Mthembu en sy vrou, Nyandi, verwag hul tweede baba. Nes baba Naledi in haar buik, groei Nyandi se inkopielys van dag tot dag. Terwyl dié sersant planne beraam om naweekuitstappies na Mimosa Mall met sy kredietkaart te ontduik, sluip daar snags ’n psigopaat deur die strate van Harrismith wat kleuters met roomyse uit hul ouerhuise weglok en ontvoer.

Wanneer die oorskot van ’n verminkte vierjarige in ’n Fruitti Tutti-roomyskarretjie in die vroeë oggendure aan die voet van Platberg ontdek word, besluit kaptein Maartin Brummels om Parkweg se bulhond saam te sleep vir die ondersoek. Sollie lyk dalk na ’n bedeesde ou wat op die vreemdste tye oor sy eie woorde struikel, maar as hy iets beetkry, laat los hy nie.

Sidney Gilroy se debuutroman, Klikbek, is 2019 met groot lof deur resensente en krimi-lesers ontvang. Almal stem saam dat beide skrywer en speurder Sollie ’n groot aanwins tot die Afrikaanse krimikorpus is.

Vlam (Afrikaans, Paperback): Sidney Gilroy Vlam (Afrikaans, Paperback)
Sidney Gilroy
R320 R286 Discovery Miles 2 860 Save R34 (11%) View more sellers Ships in 5 - 10 working days

Speursersant Mthembu se huwelik lê aan skerwe. Nyandi het die kinders gevat en is sak en pak terug Lesotho toe. Terwyl Parkwegstasie se ace-speurder in ’n gastehuis in Bloemfontein wakker lê en tob oor sy aandeel, brand Xanadu-galery, tuiste van die wêreldberoemde SA kunstenaar Aretha Hattingh, tot op die grond af. Haar oeuvre ’n hoop as. En in die middel van die ruïne: die oorskot van ’n vrou, vermoedelik dié van Aretha.

In Parys ontmoet Sollie ’n hand vol verdagtes: ’n kunsagent, ’n prokureur, ’n slagter, ’n bouer en ’n koerier. Voeg hierby ’n venynige aanneemkind, ’n jaloerse, skatryk eksman, die dorp se sprankelvrou én ’n stasiebevelvoerder wat die septer na haar eie reëls en tyd swaai, en jy het die wenresep vir ’n intrige gevul met hoogdrama.

Is dit moord? Selfdood? Of bloot ’n fratsongeluk?

Sollie geniet reeds groot aftrek onder Afrikaase lesers. En Vlam, die nuwe roman deur Gilroy, beloof om soos sy vorige twee krimi’s te boei en te vermaak tot op die laaste bladsy.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Katie John
Mary Calhoun Hardcover R654 Discovery Miles 6 540
Why Doesn't Mummy Love Me?
Cassandra Gaisford Hardcover R602 Discovery Miles 6 020
Upside Down
Sabah Rashid Hardcover R541 R500 Discovery Miles 5 000
Because Of Winn-Dixie
Kate Dicamillo Paperback R210 R198 Discovery Miles 1 980
Orange
Derrick S Slack Hardcover R568 Discovery Miles 5 680
Meet Chief Eaglefeather - Meditations…
Gitte Winter Graugaard Hardcover R861 Discovery Miles 8 610
Have You Seen My Egg?
Andrew W Fairchild Hardcover R454 Discovery Miles 4 540
You Are A Champion Action Planner - 50…
Marcus Rashford Paperback R245 R222 Discovery Miles 2 220
Boy, Everywhere
A. M. Dassu Paperback R239 R194 Discovery Miles 1 940
What Do You See When You Look at Me?
Indigo Skye Hardcover R590 Discovery Miles 5 900

 

Partners