Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
|||
Showing 1 - 2 of 2 matches in All Departments
Die avonture van Kuifie (Frans: Les Aventures de Tintin et Milou) is een van die gewildste strokiesverhale wat in die twintigste eeu verskyn en is vandag steeds populêr. Die boeke word in ongeveer 60 tale vertaal. Die hoofkarakter van die verhale is die jong Belgiese verslaggewer Kuifie. Saam met sy hond, Spokie, beleef hy verskeie avonture. In Die farao se sigare onderneem Kuifie en Spokie ’n bootreis na die Ooste. Tydens die vaart ontmoet hulle die Egiptoloog Filemoon Sikloon. Hy nooi hulle na Kaïro om saam met hom na die graf van die farao Kih-Oskh te gaan soek. Al die vorige geleerdes wat hierdie missie aangepak het, het geheimsinnig verdwyn. Wanneer Kuifie ’n sigaar met die farao se teken op die etiket vind, wonder hy of die sleutel tot die raaisel dalk daarin opgesluit lê …
Die avonture van Kuifie (Frans: Les Aventures de Tintin et Milou) is een van die gewildste strokiesverhale wat in die twintigste eeu verskyn en is vandag steeds populêr. Die boeke word in ongeveer 60 tale vertaal. Die hoofkarakter van die verhale is die jong Belgiese verslaggewer Kuifie. Saam met sy hond, Spokie, beleef hy verskeie avonture. In Die Blou Lotus word Kuifie na Sjanghai ontbied, maar die boodskapper word vergiftig voor Kuifie uitvind hoekom. Daar gekom, besef hy sy stryd teen die internasionale dwelmbende, met wie ons in Die farao se sigare kennis gemaak het, is nog lank nie verby nie. Gelukkig ontmoet hy die jong Chinees Tjang en saam trotseer hulle baie gevare. Groot is Kuifie se verbasing toe hy agterkom dat die baas van die dwelmbende iemand is wat hy ken …
|
You may like...
|