0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
  • All Departments
Price
  • R100 - R250 (1)
  • R250 - R500 (4)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 5 of 5 matches in All Departments

Oorlewingsgids vir 'n Bedonnerde Diva (Afrikaans, Paperback): Sophia Kapp Oorlewingsgids vir 'n Bedonnerde Diva (Afrikaans, Paperback)
Sophia Kapp 1
R380 R327 Discovery Miles 3 270 Save R53 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Dit is Simone se annus horribilis. Op vier en veertig stap sy vir die tweede keer uit n huwelik, bankrot, werkloos, moedeloos, verbrysel. Al wat sy het om van vier en veertig jaar te wys, is n bedenklike verlede, n tienerseun wat skaars met haar praat, en die besef van mislukking en ontoereikendheid wat soos n meulsteen om haar nek hang. Al waarheen sy het om te gaan, is die kleinburgerlike dorp op die Oos-Vrystaatse platteland waar sy grootgeword het, waar haar konserwatiewe ma en konvensionele suster haar gedurig aan haar tekortkominge kan herinner. Rock bottom, dis waar sy is. Maar omdat dit al is wat daar is om te doen, begin sy herbou; aan n loopbaan, n vriendekring, haar verhouding met haar kind, haar verhouding met haar ma. Aan haar vertroue in haarself. Stelselmatig kom daar lig, en sin, en rigting, selfs vir haar. Al waarvoor sy glad nie reg is nie, is Barnard Richter, wat van haar verwag om ten spyte van alles wat sy nie kon vermag nie en alles wat sy nooit sal kan wees nie, weer in die liefde te glo.

Lyfskap - Erotiese Kortverhale (Afrikaans, Paperback): Sophia Kapp Lyfskap - Erotiese Kortverhale (Afrikaans, Paperback)
Sophia Kapp; Edited by Leonie van Rensburg
R290 R249 Discovery Miles 2 490 Save R41 (14%) Ships in 7 - 11 working days

“Liefde, welke soort ookal, kom nooit alleen nie.”

’n Versamel erotiese verhale oor die liefde, wellus, genot, soete verleiding, passie, honger en vlamvat. Deur skrywers soos Maya Fowler, Joan Hambidge, Zirk van den Berg, Fanie Viljoen, Riana Scheepers, Jan Vermeulen, Irna van Zyl, Hans Pienaar, Marion Erskine, Leon van Nierop en Kerneels Breytenbach.

Kantelpunt (Afrikaans, Paperback): Sophia Kapp Kantelpunt (Afrikaans, Paperback)
Sophia Kapp
R380 R327 Discovery Miles 3 270 Save R53 (14%) Ships in 7 - 11 working days

ʼn Feministiese roman vir konvensionele vroue Kantelpunt is die boekstawing van Nellie van der Merwe (gebore Petronella Jacoba van Aarde) se wederopstanding. Nellie is pas 50, ʼn konvensionele, wit, Afrikaanse vrou wat haar lewe lank gedoen het wat almal van haar verwag – sy het stilgebly. Met haar stilte het sy haar plek gekoop in haar huwelik, haar gesin, haar familie, haar werk, in die kerk, in die land, in die samelewing. Maar dan ondergaan sy ʼn histerektomie, en haar wêreld kantel. Sy is losgesny van die ding wat van haar ʼn vrou gemaak het, en daarmee saam raak sy bevry van die stilte.

Sy begin haar stem terugeis, soms met verreikende gevolge, soms teen ʼn ontsettende prys. Sy word gedwing om alles wat sy tot dusver as gegewe aanvaar het te ondersoek, en in die proses moet sy nie net die mense naaste aan haar se aandeel in haar stryd erken nie, maar ook haar eie aandadigheid aan haar lot bepaal. Met elke insident, elke veldslag en elke gesprek tree sy verder weg van die geskiedenis en die konvensies wat haar stom gehou het, en kom sy nader aan die vrou wat sy van die begin af veronderstel was om te wees – die een met wie sý in vrede kan saamleef.

“Daar bestaan by my geen twyfel dat Kantelpunt nog meer suksesvol as Oorlewingsgids vir ’n bedonnerde diva sal wees nie. Dis die soort verhaal wat elke Afrikaanssprekende behoort te lees – vroue en mans.” – Chanette Paul

Nie vir sensitiewe lesers nie.

Die Tuiskoms (Afrikaans, Paperback, 2de Uitgawe): Sophia Kapp Die Tuiskoms (Afrikaans, Paperback, 2de Uitgawe)
Sophia Kapp 1
R380 R327 Discovery Miles 3 270 Save R53 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Tien jaar gelede is Liz Aucamp van haar geboortedorp weggejaag. Nou moet sy terug en haar verlede in die oe kyk. Die leuens is groter, die geheime donkerder. Durf sy meer as net haarself beskerm?

Die Ooreenkoms (Afrikaans, Paperback, 2nd ed): Sophia Kapp Die Ooreenkoms (Afrikaans, Paperback, 2nd ed)
Sophia Kapp 1
R380 R327 Discovery Miles 3 270 Save R53 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Hulle is pole uitmekaar, tog word Adam Rossouw, lid van Kaapstad se sosiale elite, en Petronel Cilliers, sanger in ’n grot van ’n kroeg, na ’n nag van passie onherroeplik aan mekaar verbind.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Coty Vanilla Musk Cologne Spray (50ml…
R852 R508 Discovery Miles 5 080
Tipping Point: Turmoil Or Reform…
Raymond Parsons Paperback R300 R215 Discovery Miles 2 150
STEM Activity: Sensational Science
Steph Clarkson Paperback  (4)
R256 R211 Discovery Miles 2 110
Bostik Double-Sided Tape (18mm x 10m…
 (1)
R31 Discovery Miles 310
Jabra Elite 5 Hybrid ANC True Wireless…
R2,899 R2,399 Discovery Miles 23 990
Tommee Tippee - Explora Feeding Bowl…
R155 R139 Discovery Miles 1 390
Rotatrim A4 Paper Reams (80gsm)(Box of…
 (1)
R499 R450 Discovery Miles 4 500
First Aid Dressing No 3
R5 Discovery Miles 50
Disney Princess Story Sparkle Princess…
R2,299 R999 Discovery Miles 9 990
Sharp EL-W506T Scientific Calculator…
R599 R560 Discovery Miles 5 600

 

Partners