|
Showing 1 - 19 of
19 matches in All Departments
Jason wil graag eendag 'n fyngebaksjef word. Hy en sy twee beste maats, Tando en Claudia, neem saam bakklasse en besluit om in te skryf vir Bohaai! 'n bakkompetisie wat op TV uitgesaai word.
Maar gaan Minette, Jason se grootste kompetisie, ook deelneem? Wie moet hy kies om in sy span te wees? Hoe gaan hy keer dat Minette wen? Veral as hy met goed soos deegmonsters, stink koekies en resepte in vreemde tale te doen kry?
Vir sy 10de verjaardag wens Jaco net vir een ding: 'n hond! En hy wil 'n hondepartytjie hê, met hondekolwyntjies.
Maar gaan sy ouers vir hom die geskenk van sy drome gee? Sal sy gunsteling-sanggroep, Wagter en die waghonde, by sy partytjie kan wees? En wie moet hy nooi: net sy maats wat van honde hou of almal in sy klas? En wat moet hy doen as sy partytjie skielik heeltemal skeef loop, of as die hond wat hy kry in iets eienaardigs verander?
'n Storie propvol kinkels en keuses!
|
Macon (Hardcover)
Stephen Wallace Taylor, Matthew Jennings
|
R781
R653
Discovery Miles 6 530
Save R128 (16%)
|
Ships in 10 - 15 working days
|
Kurt, sy suster Nieke en hul maats is in Gr 5 in Laerskool Bitterbos, en bly in die koshuis. Die nuwe skoolhoof waai soos 'n yskoue onweerswind by die eerste saalbyeenkoms in. Daar's 'n NW-taak wat moet klaarkom, as groepwerk! Toe Kurt-hulle se idee vir 'n sonkrag-oondjie TE goed werk en hulle 'n mini-ontploffing in die vierkant veroorsaak, word hulle na die hoof se kantoor ontbied - met verrassende gevolge . . .
Rikus se ouma is die hoofsanger van die gewilde rockgroep, Ouma! Sy
is op die voorblaaie van koerante en tydskrifte, en gaan na
partytjies toe saam met die staatspresident. Sy het selfs haar hare
grasgroen gekleur en 'n rooi sportmotor aangeskaf! Dit is egter nie
aldag maklik om die beroemdste ouma in die land te he nie, soos wat
Rikus uitvind toe 'n skurk probeer om sy ouma te ontvoer …
Hy’s rof en onbeskof ... en hy is Zander se persoonlike lyfwag!
Zander het nog nooit tevore iets gewen nie. Daarom is hy heeltemal uit die veld geslaan toe hy die GROOT PRYS in ’n kompetisie wen: ’n regte egte ... ROFSTOEIER!
Die stoeier se naam is Max die Masjien. Hy is rof en onbeskof. Hy het nie hare nie. Hy het nie ’n nek nie. Maar hy het spiere. Sy spiere het spiere. Sy spiere se spiere het spiere. Bo-op al daardie spiere het hy ’n tatoe.
En hy gaan vir ’n hele WEEK lank Zander se persoonlike lyfwag wees!
Zander se tweelingboeties dink dit is die heel beste ding wat nog OOIT met hulle gebeur het. Maar Zander is nie heeltemal seker wat op aarde hy met Max moet doen nie. Niemand anders het nog ooit ’n rofstoeier as lyfwag saamgebring skool toe nie.
Miskien kan Max hom help om vir Wynand Wiese op sy plek te sit. Dalk kan hy hom in sy spesiale Soebat-en-smeek-greep beetkry en hom druk tot sy oë wil uitpop. Wynand het blonde hare en blou oë, en hy lyk so onskuldig soos ’n seuntjie in ’n waspoeier-advertensie. Maar hy is ’n regte boelie. Die soort wat nie eens vir ’n rofstoeier skrik nie.
Ongelukkig loop dinge by die skool lelik skeef.
En Max het boonop ’n geheim van sy eie ...
Kom klim in die kryt saam met Max die rofstoeier vir ’n WILDE, WOESTE skaterlag-avontuur uit die pen van Jaco Jacobs!
This scarce antiquarian book is a selection from Kessinger
Publishing's Legacy Reprint Series. Due to its age, it may contain
imperfections such as marks, notations, marginalia and flawed
pages. Because we believe this work is culturally important, we
have made it available as part of our commitment to protecting,
preserving, and promoting the world's literature. Kessinger
Publishing is the place to find hundreds of thousands of rare and
hard-to-find books with something of interest for everyone!
|
|