0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
  • All Departments
Price
  • R250 - R500 (1)
  • R500 - R1,000 (3)
  • R1,000 - R2,500 (1)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 5 of 5 matches in All Departments

Kontemporere Afrikaanse taalkunde (Afrikaans, Paperback, 2nd ed): W.A.M. Carstens, N. Bosman Kontemporere Afrikaanse taalkunde (Afrikaans, Paperback, 2nd ed)
W.A.M. Carstens, N. Bosman
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R850 Discovery Miles 8 500 Ships in 4 - 6 working days

In die afgelope bykans 30 jaar het 'n groot leemte ontstaan aan omvattende verwysingsbronne en handboeke in die Afrikaanse taalkunde wat op universiteitsvlak voorgeskryf kan word. In 2014 word hierdie leemte gevul deur Kontemporere Afrikaanse Taalkunde. Die feit dat 'n tweede, hersiene uitgawe slegs drie jaar later verskyn, beklemtoon weereens die groot behoefte aan so 'n bron. Die samestelling van hierdie boek bied 'n nuwe blik op die taalkunde en het wye gebruikspotensiaal omdat dit die kernvelde van die taalkunde, en in die besonder van die Afrikaanse taalkunde, dek. Sodoende gee dit nuwe lewe aan 'n belangrike komponent in die bestudering van die Afrikaanse taal: die taalkunde en alles wat daarmee saamhang. Inhoud en konsepte strek van die ontstaan en aard van die Afrikaanse taal, leksikografie en dokumentontwerp tot fonetiek, fonologie, morfologie, sintaksis, semantiek, pragmatiek, taalverwerwing en die normatiewe taalkunde. Al die bestaande hoofstukke is op datum gebring, en 'n ekstra hoofstuk oor sintaksis is bygevoeg om nuwer sieninge te weerspieel. Bydraes deur spesialiste in die onderskeie velde bied daarom die nuutste navorsing en 'n verskeidenheid teoretiese vertrekpunte met die Afrikaanse taalkunde as fokus. Nuwe en moontlik selfs omstrede standpunte sal akademiese gesprek stimuleer, terwyl elke hoofstuk nasionale en internasionale ontwikkelinge op die bepaalde gebied voorle aan 'n nuwe geslag studente, onderwysers, akademici en taalpraktisyns.

Norme vir Afrikaans - Moderne standaardafrikaans (Afrikaans, Paperback, 6th ed): W.A.M. Carstens Norme vir Afrikaans - Moderne standaardafrikaans (Afrikaans, Paperback, 6th ed)
W.A.M. Carstens
R818 Discovery Miles 8 180 Ships in 5 - 10 working days

Norme vir Afrikaans (nou reeds in 'n sesde uitgawe) het sedert 1989 bewys gelewer dat dit 'n besonder effektiewe bron is vir gebruik in taalkundeklaskamers van tersiere instellings en selfs in skole. Die boek is aan die een kant 'n praktiese naslaanbron wat as basis vir eie taalontwikkeling kan dien. Aan ander kant word in die aanpak probeer om taalteorie en taalpraktyk te versoen. Dat die outeur hierin geslaag het, is bewys deur die gereelde bywerk van die boek en die wye gebruik daarvan. In die besonder fokus die boek op die verskeidenheid "norme" wat 'n mens in gedagte moet hou by die praktiese gebruik van Afrikaans, onder meer die beginsels onderliggend aan hierdie norme, en dan ook die identifisering van belangrike en nuttige bronne van taaladvies oor problematiese taalsake. Die doel van die boek is nie om streng "normatief" te probeer voorskryf nie, maar eerder om leiding te gee in die hantering van praktiese taalkwessies met as vertrekpunt gefundeerde taalteoretiese kennis oor die Afrikaanse taalkunde. Die boek is nou al deeglik gevestig as 'n omvattende en uiters bruikbare hulpmiddel vir sowel student as dosent en is die vrug van die outeur se jarelange ondervinding as taaldosent en navorser. Daar word ook rekening gehou met die geleidelike herstandaardisering van Afrikaans, vandaar die nuwe subtitel "Moderne Standaardafrikaans", wat 'n aanduiding is dat Afrikaans in die proses is om te moderniseer vir 'n nuwe geslag gebruikers. Die riglyne van die elfde uitgawe van die Afrikaanse Woordelys en Spelreels (AWS) (2017) is volledig in hierdie uitgawe verreken.

Toegepaste Taalkunde In Afrikaans (Afrikaans, Paperback): W.A.M. Carstens, T.J. van Dyk Toegepaste Taalkunde In Afrikaans (Afrikaans, Paperback)
W.A.M. Carstens, T.J. van Dyk
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R871 Discovery Miles 8 710 Ships in 4 - 6 working days

Soos internasionaal die geval is, word die toegepaste taalkunde as studieterrein lank reeds in Suid-Afrika ondersoek, asook ten uitvoer gebring. Daarvan getuig die talle publikasies wat oor jare heen al oor die toegepaste taalkunde in Suid-Afrika verskyn het. Hierdie publikasies was egter meestal in Engels. Vir 'n publikasie oor die toegepaste taalkunde in Afrikaans le die veld dus braak. Dit is hierdie gaping wat met die boek gevul wil word. Hierdie boek het ten doel om die toegepaste taalkunde as selfstandige dissipline (wat dit internasionaal wel is) in Afrikaans te verken en in hierdie proses behoorlik gevestig te kry. Dit word gedoen met die hulp van bykans alle taalkundiges wat in hierdie dissipline in Suid-Afrika werk - nie net taalkundiges uit die Afrikaanse konteks nie, maar ook talle wat primer in Engels werk. Die gesamentlike kundigheid van hierdie groep akademici word in die boek op 'n kragtige wyse byeengebring. Die uiteenlopende komponente van die toegepaste taalkunde word sistematies uiteengesit en toegelig met Afrikaanse voorbeelde soos wat dit in die praktyk voorkom. Op hierdie wyse word die inhoud van die toegepaste taalkunde uitgepak vir 'n diverse gehoor: studente, akademici en belangstellendes in die taalkunde. Om hierdie rede is dit 'n boek wat verdien om gelees en gebruik te word.

Norme vir Afrikaans - Enkele riglyne by die gebruik van Afrikaans (Afrikaans, Paperback, 5th ed): W.A.M. Carstens Norme vir Afrikaans - Enkele riglyne by die gebruik van Afrikaans (Afrikaans, Paperback, 5th ed)
W.A.M. Carstens
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R489 Discovery Miles 4 890 Ships in 4 - 6 working days

Norme vir Afrikaans het oor jare al bewys gelewer dat dit 'n besonder effektiewe bron is vir gebruik in taalkundeklaskamers van tersiere instellings en selfs in skole. Die titel is 'n praktiese naslaanbron wat as basis vir eie taalontwikkeling kan dien. In die aanpak word probeer om taalteorie en taalpraktyk te versoen. In die besonder fokus die boek op die "norme" wat 'n mens in gedagte moet hou by die praktiese gebruik van Afrikaans, o.m. die beginsels onderliggend aan hierdie norme, en dan ook die identifisering van belangrike en nuttige bronne van taaladvies oor problematiese taalsake. Die doel van die boek is nie om streng "normatief" te probeer voorskryf nie, maar eerder om leiding te gee met die hantering van praktiese taalkwessies met as vertrekpunt gefundeerde taalteoretiese kennis oor die Afrikaanse taalkunde. Die boek is 'n omvattende en uiters bruikbare hulpmiddel vir sowel student as dosent en is die vrug van die outeur se jarelange ondervinding as taaldosent. Die riglyne van die tiende uitgawe van die Afrikaanse Woordelys en Spelreels (AWS) (2009) is ook volledig in hierdie uitgawe verreken.

Afrikaanse Tekslinguistiek - 'n Inleiding (Afrikaans, Paperback, Re-issue): W.A.M. Carstens Afrikaanse Tekslinguistiek - 'n Inleiding (Afrikaans, Paperback, Re-issue)
W.A.M. Carstens
R1,011 Discovery Miles 10 110 Ships in 5 - 10 working days

Hierdie is die eerste werklik omvattende boek in Afrikaans oor wat die tekslinguistiek as vakgebied behels. 'n Heel nuwe terrein vir taalkundige navorsing in Afrikaans word ontgin, want die klem val in die besonder op die insigte wat 'n studie van taaltekste (dus groter as die enkelsin) meebring. In hierdie opsig behoort die boek vir studente in die taal- en letterkunde asook almal wat belangstel in effektiewe kommunikasie van groot waarde te wees - as naslaanbron, maar veral as bron waarin 'n volume kennis byeengetrek is wat verdere selfstandige navorsing kan stimuleer.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Plane and Solid Analytic Geometry
Frederick Harold Bailey, Frederick S Woods Hardcover R921 Discovery Miles 9 210
Elements of Descriptive Geometry - With…
Charles Davies Paperback R498 Discovery Miles 4 980
The Quadrature of the Circle…
James Smith Paperback R501 Discovery Miles 5 010
Scientific Romances - First Series
Charles Howard Hinton Hardcover R835 Discovery Miles 8 350
Emerging Technologies in Intelligent…
V. Santhi, D P Acharjya, … Hardcover R5,975 Discovery Miles 59 750
Angelic Wisdom Concerning the Divine…
Emanuel Swedenborg Paperback R572 Discovery Miles 5 720
Analytical geometry for beginners
Alfred Baker Hardcover R779 R719 Discovery Miles 7 190
A Hibiscus Coast
Nick Mulgrew Paperback R336 Discovery Miles 3 360
Monday Night Class
Stephen Gaskin Paperback R352 R331 Discovery Miles 3 310
The Fourth Dimension Simply Explained…
Henry Parker Manning Paperback R499 Discovery Miles 4 990

 

Partners