|
Showing 1 - 5 of
5 matches in All Departments
Soos internasionaal die geval is, word die toegepaste taalkunde as
studieterrein lank reeds in Suid-Afrika ondersoek, asook ten
uitvoer gebring. Daarvan getuig die talle publikasies wat oor jare
heen al oor die toegepaste taalkunde in Suid-Afrika verskyn het.
Hierdie publikasies was egter meestal in Engels. Vir 'n publikasie
oor die toegepaste taalkunde in Afrikaans le die veld dus braak.
Dit is hierdie gaping wat met die boek gevul wil word. Hierdie boek
het ten doel om die toegepaste taalkunde as selfstandige dissipline
(wat dit internasionaal wel is) in Afrikaans te verken en in
hierdie proses behoorlik gevestig te kry. Dit word gedoen met die
hulp van bykans alle taalkundiges wat in hierdie dissipline in
Suid-Afrika werk - nie net taalkundiges uit die Afrikaanse konteks
nie, maar ook talle wat primer in Engels werk. Die gesamentlike
kundigheid van hierdie groep akademici word in die boek op 'n
kragtige wyse byeengebring. Die uiteenlopende komponente van die
toegepaste taalkunde word sistematies uiteengesit en toegelig met
Afrikaanse voorbeelde soos wat dit in die praktyk voorkom. Op
hierdie wyse word die inhoud van die toegepaste taalkunde uitgepak
vir 'n diverse gehoor: studente, akademici en belangstellendes in
die taalkunde. Om hierdie rede is dit 'n boek wat verdien om gelees
en gebruik te word.
In die afgelope bykans 30 jaar het 'n groot leemte ontstaan aan
omvattende verwysingsbronne en handboeke in die Afrikaanse
taalkunde wat op universiteitsvlak voorgeskryf kan word. In 2014
word hierdie leemte gevul deur Kontemporere Afrikaanse Taalkunde.
Die feit dat 'n tweede, hersiene uitgawe slegs drie jaar later
verskyn, beklemtoon weereens die groot behoefte aan so 'n bron. Die
samestelling van hierdie boek bied 'n nuwe blik op die taalkunde en
het wye gebruikspotensiaal omdat dit die kernvelde van die
taalkunde, en in die besonder van die Afrikaanse taalkunde, dek.
Sodoende gee dit nuwe lewe aan 'n belangrike komponent in die
bestudering van die Afrikaanse taal: die taalkunde en alles wat
daarmee saamhang. Inhoud en konsepte strek van die ontstaan en aard
van die Afrikaanse taal, leksikografie en dokumentontwerp tot
fonetiek, fonologie, morfologie, sintaksis, semantiek, pragmatiek,
taalverwerwing en die normatiewe taalkunde. Al die bestaande
hoofstukke is op datum gebring, en 'n ekstra hoofstuk oor sintaksis
is bygevoeg om nuwer sieninge te weerspieel. Bydraes deur
spesialiste in die onderskeie velde bied daarom die nuutste
navorsing en 'n verskeidenheid teoretiese vertrekpunte met die
Afrikaanse taalkunde as fokus. Nuwe en moontlik selfs omstrede
standpunte sal akademiese gesprek stimuleer, terwyl elke hoofstuk
nasionale en internasionale ontwikkelinge op die bepaalde gebied
voorle aan 'n nuwe geslag studente, onderwysers, akademici en
taalpraktisyns.
Norme vir Afrikaans het oor jare al bewys gelewer dat dit 'n
besonder effektiewe bron is vir gebruik in taalkundeklaskamers van
tersiere instellings en selfs in skole. Die titel is 'n praktiese
naslaanbron wat as basis vir eie taalontwikkeling kan dien. In die
aanpak word probeer om taalteorie en taalpraktyk te versoen. In die
besonder fokus die boek op die "norme" wat 'n mens in gedagte moet
hou by die praktiese gebruik van Afrikaans, o.m. die beginsels
onderliggend aan hierdie norme, en dan ook die identifisering van
belangrike en nuttige bronne van taaladvies oor problematiese
taalsake. Die doel van die boek is nie om streng "normatief" te
probeer voorskryf nie, maar eerder om leiding te gee met die
hantering van praktiese taalkwessies met as vertrekpunt gefundeerde
taalteoretiese kennis oor die Afrikaanse taalkunde. Die boek is 'n
omvattende en uiters bruikbare hulpmiddel vir sowel student as
dosent en is die vrug van die outeur se jarelange ondervinding as
taaldosent. Die riglyne van die tiende uitgawe van die Afrikaanse
Woordelys en Spelreels (AWS) (2009) is ook volledig in hierdie
uitgawe verreken.
Norme vir Afrikaans (nou reeds in 'n sesde uitgawe) het sedert 1989
bewys gelewer dat dit 'n besonder effektiewe bron is vir gebruik in
taalkundeklaskamers van tersiere instellings en selfs in skole. Die
boek is aan die een kant 'n praktiese naslaanbron wat as basis vir
eie taalontwikkeling kan dien. Aan ander kant word in die aanpak
probeer om taalteorie en taalpraktyk te versoen. Dat die outeur
hierin geslaag het, is bewys deur die gereelde bywerk van die boek
en die wye gebruik daarvan. In die besonder fokus die boek op die
verskeidenheid "norme" wat 'n mens in gedagte moet hou by die
praktiese gebruik van Afrikaans, onder meer die beginsels
onderliggend aan hierdie norme, en dan ook die identifisering van
belangrike en nuttige bronne van taaladvies oor problematiese
taalsake. Die doel van die boek is nie om streng "normatief" te
probeer voorskryf nie, maar eerder om leiding te gee in die
hantering van praktiese taalkwessies met as vertrekpunt gefundeerde
taalteoretiese kennis oor die Afrikaanse taalkunde. Die boek is nou
al deeglik gevestig as 'n omvattende en uiters bruikbare hulpmiddel
vir sowel student as dosent en is die vrug van die outeur se
jarelange ondervinding as taaldosent en navorser. Daar word ook
rekening gehou met die geleidelike herstandaardisering van
Afrikaans, vandaar die nuwe subtitel "Moderne Standaardafrikaans",
wat 'n aanduiding is dat Afrikaans in die proses is om te
moderniseer vir 'n nuwe geslag gebruikers. Die riglyne van die
elfde uitgawe van die Afrikaanse Woordelys en Spelreels (AWS)
(2017) is volledig in hierdie uitgawe verreken.
Hierdie is die eerste werklik omvattende boek in Afrikaans oor wat
die tekslinguistiek as vakgebied behels. 'n Heel nuwe terrein vir
taalkundige navorsing in Afrikaans word ontgin, want die klem val
in die besonder op die insigte wat 'n studie van taaltekste (dus
groter as die enkelsin) meebring. In hierdie opsig behoort die boek
vir studente in die taal- en letterkunde asook almal wat belangstel
in effektiewe kommunikasie van groot waarde te wees - as
naslaanbron, maar veral as bron waarin 'n volume kennis byeengetrek
is wat verdere selfstandige navorsing kan stimuleer.
|
|