|
|
Showing 1 - 5 of
5 matches in All Departments
Hierdie omvattend herbewerkte uitgawe van die Stylboek wat in 2006
gepubliseer is, is ’n ideale naslaanbron vir almal wat in Afrikaans
skryf. Dit is gerig op studente, akademici, redakteurs,
joernaliste, resensente, redigeerders, taalpraktisyns en opvoeders.
Skryfbeginsels word in die teks op eenvoudige en verstaanbare wys
verduidelik en met talle voorbeelde toegelig. In die afdelings oor
styl word verduidelik op watter wyse ’n teks oortuigend en
aantreklik, duidelik en bondig aangebied kan word sodat effektief
gekommunikeer kan word. Die gepaste toon vir verskillende
kontekste, wat van formeel na informeel kan wissel, word
uiteengesit en in ’n aparte hoofstuk word toeligtend oor die styl
van wetenskaplike tekste geskryf. Twee toevoegings by die
oorspronklike boek is ’n afdeling oor die styl van literere
analises en resensies en ’n hoofstuk gewy aan “regte” en
“verkeerde” taalgebruik.
Stylboek: Riglyne vir paslik skryf is die eerste volwaardige
stylhandboek in Afrikaans wat uitsluitlik op klassieke
stylbeginsels fokus. Die title is geskik vir almal wat
stylvaardighede in skriftelike tekste wil verbeter. Werklike
voorbeeldmateriaal uit 'n verskeidenheid tekstipes word gebruik om
praktiese riglyne te gee oor gepaste taalgebruik. Die titel fokus
nie op reg of verkeerd volgens die taalsisteem nie, maar eerder op
die verskeidenheid taalgebruiksmoontlikhede waarvan sommige meer
gepas is as ander, afhangende van die situasie en konteks waarin
die teks moet funksioneer.
|
Roanoke (Hardcover)
Wanda Smith, Ann French Clark
|
R719
R638
Discovery Miles 6 380
Save R81 (11%)
|
Ships in 18 - 22 working days
|
|
You may like...
Cold People
Tom Rob Smith
Paperback
R350
R277
Discovery Miles 2 770
Droomjagter
Leon van Nierop
Paperback
R340
R304
Discovery Miles 3 040
|
Email address subscribed successfully.
A activation email has been sent to you.
Please click the link in that email to activate your subscription.