Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
|||
Showing 1 - 25 of 68 matches in All Departments
Afrikaanse kinders word al geslagte lank vermaak deur die skelmstreke van Jakkals en Wolf. Jakkals probeer Wolf om elke hoek en draai ’n streep trek, tog is hulle beste maats. Beleef die opwindende avonture van hierdie twee geliefde skarminkels opnuut en lag saam oor dié twee se skreeusnaakse avonture. Hierdie bundel sluit ses pragtig geillustreerde stories in:
Ontdek die wonderlike wêreld van die Sanmense in hierdie asemrowende bundel van kortverhale. Wendy Maartens leer jou van die skerp wysheid wat skuil in die dans van die Kwagga en die fluister van die wind. Neem ʼn reis na ʼn tyd toe die diere nog kon praat en die mense ʼn besondere verhouding met die natuur gehad het. Dwaal saam met diere en mense in ʼn tyd waar elke ding ʼn betekenis het, en waar die verbintenis met die natuur die grootste skat is. Hierdie stories is nie net oor die diere nie, maar oor die erfenis en kultuur van die Sanmense wat die hart van hierdie unieke boek vorm. Kom ontdek die geheime van mitologie, volksverhale en die ou San-geskiedenis.
Hierdie bundel het ontstaan na aanleiding van ’n gesoute bibliotekaresse se vreugde oor kinders wat ’n ou hardebandbundel met Langenhoven se spookstories uit die volwasse afdeling smokkel om in die kinderafdeling voos te lees. Die spookverhale is versigtig uitgekies en hervertel deur Wendy Maartens om by die oorspronklike teks aan te sluit, en terselfdertyd ook tot die kind van vandag te spreek.
Chloe is feeling angry today. With an annoying big brother and teasing
classmates, she can’t help feeling angry.
Sello is feeling sad after his best friend moves away. He also feels
sad when his dog dies and when he is bullied at school.
Gugu is nervous about her first day at a new school. But a kind
gesture, a shared lunch and a rescued bird help her classmates see what
a great friend she can be.
Met Die beste kinderverse van Tienie Holloway kan jonk en oud van voor af die vreugde van Tienie Holloway-verse ontdek en in die proses terugkeer na die eenvoud van doodgewone dinge – padkos, pannekoek, pantoffels wat slof, touspring, ’n windpomp, waatlemoen, ’n toktokkie wat klop, of sommer net appelkooskonfyt op ’n sny brood! Vandag is daar amper nie ’n generasie wat nie hier en daar ’n versreël of strofe uit ’n Tienie Holloway-vers onthou nie. Ongelukkig is haar bundels dun gesaai en nog net hier en daar op ’n biblioteekrak in ’n plattelandse dorp te vinde. Die beste kinderverse van Tienie Holloway is saamgestel deur Wendy Maartens en van pragtige volkleurillustrasies voorsien deur Alida Bothma.
Kerneels is ’n agtjarige seuntjie met kortgeskeerde hare en ’n stukkende groottoon. Sy ma is ’n skoonmaakster by ’n winkelsentrum, en wanneer sy nagskof werk, moet Kerneels saamgaan. Hy trek dan sy pajamas onder sy klere aan, en sy ma maak vir hom ’n bed in die stoorkamer waar die skoonmaakgoed gebêre word. Dis vir Kerneels baie lekkerder by die winkelsentrum as by die huis. Hy kuier met oom Sol, die veiligheidswag, wat elke aand sy toebroodjies en frikkadelle met Kerneels deel, en hom leer van die Aandster en die Melkweg, Orion en die Skerpioen. Maar Kerneels wil weet of mens engele sal sien as jy in ’n regte vuurpyl na die sterre toe gaan, en op Oukersaand wil hy hê oom Sol moet die Betlehemster uitwys. “Ek dink hy het verskiet en in miljoene stukkies opgebreek,” sê oom Sol. “Elke stukkie het iewers in iemand se hart vasgesteek en help ons om mekaar lief te hê.”
Torchbearers; heroic women; inspiring women of South Africa. This amazing series contains the stories of 12 women who deserve to be celebrated; women that will inspire anyone. From well-known women like Thuli Madonsela, Caster Semenya and Vanessa Govender, to more unsung heros such as Grizelda Grootboom and Suna Venter. With unique, colourful illustrations by Linki Brand, this series is a must have for every young reader.
Torchbearers; heroic women; inspiring women of South Africa. This amazing series contains the stories of 12 women who deserve to be celebrated; women that will inspire anyone. From well-known women like Thuli Madonsela, Caster Semenya and Vanessa Govender, to more unsung heros such as Grizelda Grootboom and Suna Venter. With unique, colourful illustrations by Linki Brand, this series is a must have for every young reader.
Torchbearers; heroic women; inspiring women of South Africa. This amazing series contains the stories of 12 women who deserve to be celebrated; women that will inspire anyone. From well-known women like Thuli Madonsela, Caster Semenya and Vanessa Govender, to more unsung heros such as Grizelda Grootboom and Suna Venter. With unique, colourful illustrations by Linki Brand, this series is a must have for every young reader.
Nicole en Pappa is mal oor hulle nuwe buurt en hulle het reeds ‘n klomp vriende gemaak. Daar is oom Samsodien met die mooi roostuin, tannie Bets met die poedels, die Masango-gesin met die twee klein dogtertjies, mevrou Carboni en haar kleinseun Luca met sy rekenaar en kitaar, die veearts en haar ontvangsdame, Simon in die rolstoel, en die busbestuurder wat elke dag vir Simon na sy toe skool neem. Maar Nicole het steeds nie ’n maat van haar eie ouderdom nie. Iemand wat sy haar BESTE maat kan noem. Dan kom Zintle huis toe vir die skoolvakansie. Sy woon oorkant Nicole-hulle en al is sy blind, is sy baie onafhanklik en groot pret. Saam bou die twee maats vir Appelliefie ’n dam, maar hulle kry stry wanneer Nicole vir Zintle met alles probeer help, selfs met die dinge wat sy self kan doen. Asof dit nie genoeg is nie, is daar ook ’n droogte in Kaapstad. Hoe op aarde gaan hulle genoeg water kry om die dam vol te maak? Gelukkig is daar altyd hulp in ’n buurt soos hulle s’n …
This amazing series contains the stories of 12 women who deserve to be celebrated; women that will inspire anyone. From well-known women like Thuli Madonsela, Caster Semenya and Vanessa Govender, to more unsung heros such as Grizelda Grootboom and Suna Venter. With unique, colourful illustrations by Linki Brand, this series is a must have for every young reader. This box set features four books, with three stories per book. Book 1: Thuli Madonsela, Ingrid Jonker, Grizelda Grootboom Book 2: Caster Semenya, Zulaikha Patel, Saray Khumalo Book 3: Zolani Mahola, Maggie Jooste, Suna Venter Book 4: Esther Mahlangu, Vanessa Govender, Elsje Neethling
Slyp jou 5- tot 8-jarige se syfervaardigheid met prettige speletjies en lekkerlees-stories! In Pret met syfers kombineer Wendy Maartens 40 stories met aktiwiteite om kinders se syfervaardigheid te slyp. Deur die stories ontdek hulle die wêreld van getalle in die Bybel – van belangrike feite soos dat ons net 1 God het, minder bekende stories soos die 15 jaar wat by Hiskia se lewe gevoeg is, tot by die baie belangrike 70 x 7 keer vergewe. Aktiwiteite soos inkleur volgens nommers, soek die syfer en ’n paar lekker somme sal sorg vir ure se pret vir besige lyfies. Die antwoorde vir die speletjies word agter in die boek voorsien.
Ontwikkel jou kind se taalvaardigheid met prettige speletjies en lekkerlees-stories! In Pret met letters kombineer Wendy Maartens 26 stories met prettige aktiwiteite om 5- tot 8-jariges se taalvaardigheid ’n hupstoot te gee. Wendy het woorde gekies wat ’n Bybelse inslag het, soos ark (A), Betlehemster (B) en Christen (C). Aktiwiteite soos soek die woorde en eenvoudige blokkiesraaisels sal sorg vir ure se pret vir besige lyfies. Die antwoorde vir die speletjies word agter in die boek voorsien.
Nicole en Pappa trek in ’n nuwe huis in Kaapstad in ná die dood van haar ma. Die nuwe huis voel vreemd en leeg, en Nicole mis vir Mamma vreeslik. Wanneer Nicole verjaar, neem Pappa haar na die middestad om roomys te eet en vir haar nuwe skoene te koop. Hier ontdek hulle ’n beseerde gansie wat hulle saamneem huis toe. Hulle bure help Om die gansie gesond te kry en sommer gou voel die nuwe huis en straat soos ‘n ware tuiste.
Sea Stories is a collection of stories from around the world, from “Hans and the hole” in Haarlem to the harvesters of seabird nests Adhi and Sinta in the East. But there are also many local stories about the Birkenhead Command, “The Flying Dutchman”, the Alibama, Wolraad Woltemade, the Hole-in-the-Wall at esiKhaleni where the water people come to fetch you, “The ghosts of Jutten Island”, “Adamastor and the Cape of Storms” and the shepherd from Macassar who found Sheik Yusuf’s grave amongst the dunes. Sea Stories also contains adaptations of The Little Mermaid, the tale of Princess Elisa and her eleven swan brothers, and the West Coast farmer Koos Malgas who stole his wife’s seal skin. And of course Hare tricks Salt Water Crocodile. The charming illustrations by Marjorie van Heerden will carry a little reader away to a magical world full of oceanic wonder.
Humbug lives with his family in the marsh. The horses roam wild and are
very shy. A photographer takes photos of them for a calendar. People
really like the photos. One day the photographer brings a boy in a
wheelchair along. Humbug forgets to be shy. He does all sorts of silly
things to make the boy smile. It becomes a very special day and the boy
promises to visit again.
Danser bly saam met sy familie in die vlei. Die perde loop wild rond en
is baie skaam. ’n Fotograaf neem foto’s van hulle vir ’n kalender. Die
mense hou baie daarvan. Eendag bring die fotograaf ’n seuntjie in ’n
rolstoel saam. Danser vergeet om skaam te wees. Hy doen allerhande
lawwe dinge om die seuntjie te laat glimlag. Dit word ’n baie spesiale
dag en die seuntjie belowe om weer te kom kuier. |
You may like...
|