0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
  • All Departments
Price
  • R100 - R250 (5)
  • R250 - R500 (2)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 7 of 7 matches in All Departments

Koning Eenoog - 'n Migranteverhaal (Afrikaans, Paperback): Toef Jaeger Koning Eenoog - 'n Migranteverhaal (Afrikaans, Paperback)
Toef Jaeger; Translated by Zandra Bezuidenhout
R110 Discovery Miles 1 100 View more sellers Ships in 6 - 10 working days

In 1957 emigreer die negejarige Henk van Woerden vanaf Nederland met sy gesin na Kaapstad – leertas in die hand, mussie oor die ore, serp om die nek, glasoog in die oogkas. Eers veertig jaar later ontdek hy wat die rede was vir hierdie vertrek na Suid-Afrika: Sy pa was ’n kollaborateur in die Tweede Wêreldoorlog. Die emigrasie is die begin van ’n lewe as buitestaander en vorm later die goue draad in sy skilderye en literêre werk.

Koning Eenoog is ’n boeiende biografie van die ewig soekende emigrant Henk van Woerden (1947–2005), ’n skrywer wat nie net ’n bekroonde oeuvre agtergelaat het nie (Een mond vol glas – Alan Paton Award en die Frans Kellendonk-prys, Ultramarijn – Gouden Uil en Inktaap) maar ook die Nederlandse literatuur oor Suid-Afrika verander het.

Bonita Avenue (Afrikaans, Paperback): Peter Buwalda Bonita Avenue (Afrikaans, Paperback)
Peter Buwalda; Translated by Zandra Bezuidenhout
R117 Discovery Miles 1 170 View more sellers Ships in 6 - 10 working days

Die lewenslustige Siem Sigerius is ’n briljante wiskundige, kranige judoka, rektor magnificus van die Universiteit van Enschede, en daar wink ook vir hom ’n belowende toekoms in die politiek. Sy vrou, sy pragtige, intelligente stiefdogters en ’n gemaklike, pastorale huis op die platteland voltooi die beeld van idille en sukses. Wanneer Sigerius egter agter die kap van die byl van sy stiefdogter Joni se duistere bedryf kom en sy misdadige seun boonop ook nog sy opwagting maak, dreig alles in sy idilliese bestaan om op katastrofiese wyse te ontplof. Die kaleidoskopiese sederoman Bonita Avenue verhaal die ondergang van die Sigerius-gesin teen die agtergrond van Enschede se vuurwerkramp in 2000. Peter Buwalda se debuutroman is ’n portret van ’n era wat die gaping tussen generasies op meesleurende wyse aanpak.

Melkweg (Afrikaans, Paperback): Zandra Bezuidenhout Melkweg (Afrikaans, Paperback)
Zandra Bezuidenhout
R203 Discovery Miles 2 030 View more sellers Ships in 6 - 10 working days
In Jou Gedagtes (Afrikaans, Hardcover): Herman Van Veen In Jou Gedagtes (Afrikaans, Hardcover)
Herman Van Veen; Illustrated by Alida Bothma; Translated by Zandra Bezuidenhout
R193 Discovery Miles 1 930 View more sellers Ships in 6 - 10 working days

In jou gedagtes kan jy orals wees, in die hemel sonder om eers dood te gaan, en hop-hoppetie-hop oor die Himalajas ... In jou gedagtes kan jy wees net wat jy wil, en ook alles word. Soos 'n walvis wat kan vlieg. Of 'n rob wat kan lees. In jou gedagtes kan jy doen wat jy glad nie kan doen nie. Jy kan he net wat jy wil, en begryp wat jy nie verstaan nie. En weet dat die tyd net 'n grappie van die son is. In jou gedagtes is 'n atmosferiese prenteboek oor hoe jy in jou gedagtes byna enigiets kan vermag. Jou gedagtes stel jou miskien selfs in staat om te begryp hoe 'n kindjie kan doodgaan, en 'n oupa gebore kan word. "Hierdie boekie het ek geskryf," se Van Veen, "na 'n geselsie met 'n man en 'n vrou wat my vertel het dat hul kindjie dalk nou 'n engeltjie is". 'n Prenteboek oor lewe en dood, geskik vir jonk en oud.

Tydlyn - 'n Reis deur die geskiedenis (Afrikaans, Hardcover): Peter Goes Tydlyn - 'n Reis deur die geskiedenis (Afrikaans, Hardcover)
Peter Goes; Illustrated by Peter Goes; Translated by Zandra Bezuidenhout
R417 Discovery Miles 4 170 View more sellers Ships in 6 - 10 working days

Ontdek die wereldgeskiedenis – van die oerknal tot die hede – in hierdie beeldverhaal. Met groot kleurplate vir groot en klein word die wereldgeskiedenis as een deurlopende, asemrowende verhaal voorgestel. Boordevol interessante feite oor: die dinosourusse, die Wikings, ridders en ontdekkingsreisigers, die Griekse wysgere, die eerste skrif, antieke Chinese koninkryke, wereldoorloe, die Berlynse muur, kastele, joerts en wolkekrabbers, die opkoms van die internet en soveel meer. ’n Groot kinderboek vir ’n grootse geskiedenis.

Lampie (Afrikaans, Paperback): Annet Schaap Lampie (Afrikaans, Paperback)
Annet Schaap; Translated by Zandra Bezuidenhout
R307 Discovery Miles 3 070 View more sellers Ships in 6 - 10 working days

Lampie handel oor geheimsinnige seebewoners en rowwe seerowers.

Oor die Swart Huis van die admiraal, waar daar glo ’n monster woon. Oor ’n grys vuurtoring op ’n eiland, wat nog net-net aan die vasteland vassit. Oor Lampie, die vuurtoringwagter se dogter, wat elke aand die een-en-sestig trappies uitklim om die lig aan te steek. Oor ’n stormagtige aand, wanneer die vuurhoutjies op is en alles skeefloop.

Maar veral oor dapperheid en hoe jy meer kan regkry as wat jy ooit gedink het.

Arsenaal van klank (Afrikaans, Paperback): Anna Enquist Arsenaal van klank (Afrikaans, Paperback)
Anna Enquist; Translated by Zandra Bezuidenhout
R188 Discovery Miles 1 880 View more sellers Ships in 6 - 10 working days

Anna Enquist is die skrywersnaam van die Nederlandse digter en prosaskrywer Christa Widlund-Broer. Sy het sowel psigoanalise as musiek gestudeer en albei hierdie terreine word in haar skryfwerk weerspieel. Haar gewildheid in Nederland kan onder meer toegeskryf word aan die herkenbare alledaagse werklikheid in haar poesie, waarby lesers aansluiting vind. Alhoewel haar gedigte oenskynlik verstandelik en nugter is, word die leser juis getref deur die vasberade erns en innerlike krag waarmee sy byvoorbeeld die verlies van haar dogter verwerk deur daaroor te skryf. Die emosionele word egter altyd gebalanseer deur redelikheid, sodat haar gedigte nie sentimenteel is nie, maar tog die leser raak, soos in die gedig “Habanera” Daar was ’n kind. Met haar het ek deur die kamer gedans, ons het van hoek tot kant galop, ons het luidkeels ’n lied gesing. Sy het ’n warm gesig gehad. Sy was my dogter. As ek asemhaal vonk sy na in die gedig.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Age of Heroes
Sean Bean, Izabella Miko, … Blu-ray disc  (1)
R528 R397 Discovery Miles 3 970
100 Mandela Moments
Kate Sidley Paperback R231 Discovery Miles 2 310
Instant Insights: Supporting Cereal…
Tinashe Chiurugwi, Simon Kerr, … Paperback R1,186 Discovery Miles 11 860
Collected Works, Volume I - Scientific…
Adolf Grunbaum Hardcover R2,224 Discovery Miles 22 240
Heterogeneous Computing - Hardware and…
Mohamed Zahran Hardcover R1,517 Discovery Miles 15 170
Power In Action - Democracy, Citizenship…
Steven Friedman Paperback R388 Discovery Miles 3 880
Computational Frameworks - Systems…
Mamadou Kaba Traore Hardcover R1,630 Discovery Miles 16 300
On the Scope and Tendency of Botanical…
Cuthbert Collingwood Paperback R294 Discovery Miles 2 940
Financial Management
Carlos Correia Paperback R1,034 R839 Discovery Miles 8 390
Breakthrough - The Struggles And Secret…
Mac Maharaj, Z. Pallo Jordan Paperback R360 R279 Discovery Miles 2 790

 

Partners