![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
Showing 1 - 3 of 3 matches in All Departments
Daar is niks wat Leola so ontstel soos bedrog nie, en as dit nie was dat Wian haar vooraf van haar voete af geswiep het nie, sou sy hom baie moeiliker vergewe het toe hy haar werk as veearts in Bloubosch kom oorneem. Toe Wian se erfhuis in ’n bosbrand vernietig word, nooi Leola hom om tydelik by haar in te trek. Gou besef sy die “saamblyery” is glad nie goed vir haar siel, verstand of hart nie.
Chloe Basson is bang vir rillers en spoke. Nou moet sy die bekroonde
skrywer Zack Basson by ’n verlate kasteel op Lesotho se grens ontmoet.
Die Prins-egpaar aanvaar die jong Delmarie Kemp met ope arms nadat sy in haar matriekjaar wees gelaat word. Sy word deel van hul familie en doen alles in haar vermoë om eendag onafhanklik te wees. Waarmee sy egter nie tred hou nie, is die feit dat die hart hom nie laat voorskryf nie. Deur die loop van jare het die Prins-boeties ontwikkel in aantreklike, selfversekerde jong mans, en tydens ’n gesinsvakansie by die see ontdek Delmarie dat sy in diep-diep moeilikheid is. Dit is immers een van haar “broers” teen wie sy haar hart moet staal, en sy moet probeer kophou om nie die grense van haar aanneemfamilie se lojaliteit te oorskry en hul vertroue in haar te skaad nie. Want hoe sal sy haar tweede stel ouers teleurstel as sy vir hulle moet vertel wat in haar hart brand? Veral as die gevoelens vir iemand is wat, deur die wêreld en haar aanneemouers gesien, veronderstel is om haar broer te wees? ’n Broer wat dit ook telkemale duidelik gemaak het dat hy haar nie in die familie wil hê nie!
|
You may like...
Revealing Revelation - How God's Plans…
Amir Tsarfati, Rick Yohn
Paperback
(5)
|