0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
  • All Departments
Price
  • R250 - R500 (1)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 1 of 1 matches in All Departments

Gids tot die Aalwyne van Suid-Afrika (Afrikaans, Hardcover): Ben-Erik Van Wyk, van Wyk, Ben-Erik | Smith, Gideon F, Gideon F.... Gids tot die Aalwyne van Suid-Afrika (Afrikaans, Hardcover)
Ben-Erik Van Wyk, van Wyk, Ben-Erik | Smith, Gideon F, Gideon F. Smith
Sold By Briza Publikasies / Publications - Fulfilled by Loot
R520 R470 Discovery Miles 4 700 Save R50 (10%) Ships in 2 - 4 working days

Harde band, meer as 400 volkleurfoto's

Ook beskikbaar in Engels - Guide to the Aloes of South Africa

Gids tot die Aalwyne van Suid-Afrika is die eerste volledige en moderne aalwyngids in Afrikaans. Dit is 'n volkleur-handleiding en die hoë gehalte foto's maak dit vir die algemene belangstellende sowel as die wetenskaplike maklik om aalwyne in die natuur en in tuine te identifiseer. Die inhoud weerspieël die nuutste wetenskaplike bevindings en bevat:
Volledige beskrywings van al 155 spesies wat tans deur aalwynkenners erken word, met inligting oor kenmerke waarvolgens die plante geïdentifiseer kan word, blomtyd, habitat en geografiese verspreiding, bewaringstatus, oorsprong van die wetenskaplike name, en volksname, asook algemene riglyne vir die kweek van die plante, en inligting oor hul tradisionele gebruike.
Meer as 400 kleurfoto's wat die habitat en groeivorm aantoon, sowel as nabyfoto's van die blomme en blare.
Verspreidingskaarte van al die spesies, as 'n verdere hulpmiddel vir identifisering.
'n Gebruikersvriendelike klassifikasiestelsel wat die aalwyne in 12 groepe verdeel, hoofsaaklik aan die hand van hul groeivorms.
Inleidende hoofstukke wat die fokus plaas op aalwynagtige plante (wat met aalwyne verwar kan word); medisinale, kosmetiese en tonikumgebruike; bewaring; kweking en vermeerdering; tuinmaak en landskapontwerp met aalwyne; hibriede en kultivars, plae en siektes; en verwantskappe en genuskonsepte.
'n Geïllustreerde woordelys van plantkundige terme, indeks tot die wetenskaplike en volksname, asook 'n literatuurlys vir verdere leeswerk.

Die outeurs: Ben-Erik van Wyk is 'n professor in Plantkunde aan die Universiteit van Johannesburg en het 'n navorsingsbelangstelling in plantsistematiek en plantbenutting. Hy is die skrywer van internasionale wetenskaplike topverkopers soos Medicinal Plants of the World en Food Plants of the World.
Gideon F. Smith is Hoofdirekteur van Biosistematiek en Versamelings by die Suid- Afrikaanse Nasionale Biodiversiteitsinstituut, professor in Plantwetenskap aan die Universiteit van Pretoria, en 'n navorsingsgenoot aan die Universiteit van Coimbra in Portugal. Hy is die skrywer of medeskrywer van meer as 40 boeke oor onder meer aalwyne, sukkulente, tuinbou, tuine, Angola, taksonomie en indringerplante.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Ultimate Cookies & Cupcakes For Kids
Hinkler Pty Ltd Kit R299 R234 Discovery Miles 2 340
Cracker Island
Gorillaz CD R207 R114 Discovery Miles 1 140
Cadac Mantles (300 CP D/T) (3 / Blister…
R121 Discovery Miles 1 210
Revealing Revelation - How God's Plans…
Amir Tsarfati, Rick Yohn Paperback  (5)
R199 R145 Discovery Miles 1 450
Bostik Clear Gel (25ml)
R40 R23 Discovery Miles 230
Loot
Nadine Gordimer Paperback  (2)
R205 R164 Discovery Miles 1 640
Loot
Nadine Gordimer Paperback  (2)
R205 R164 Discovery Miles 1 640
Joseph Joseph Index Mini (Graphite)
R642 Discovery Miles 6 420
JBL T110 In-Ear Headphones (White)
R229 Discovery Miles 2 290
Create Your Own Candles
Hinkler Pty Ltd Kit R199 R156 Discovery Miles 1 560

 

Partners