0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R100 - R250 (11)
  • R250 - R500 (8)
  • -
Status
Brand

Promotions > Festive Shopping > Books > Afrikaans

Tietie & Nanna se Huiskos (Afrikaans, Paperback): Najma Abrahams, Azba Fanie Tietie & Nanna se Huiskos (Afrikaans, Paperback)
Najma Abrahams, Azba Fanie
R375 R275 Discovery Miles 2 750 Save R100 (27%) In Stock

Soos vinkel en koljander, dís Najma Abrahams (Tietie) en Azba Fanie (Nanna). Dié twee TikTok-tuiskokke se hande staan vir niks verkeerd óf stil nie, veral nie vir die kospotte nie. Hul resepte is hartskos – niks fensie bestanddele nie, net geurige regte, egte huiskos met ’n Kaaps-Maleise twist.

Groenboontjiebredie, tamatiekos, split pea-sop en selfs die vergete sagobredie, blomkoolbredie, panfrikkadel, Nando’s-hoender, broodpoeding en dhaltjies eerlik gemaak, sonder fieterjasies – dit is mos die onopgesmukte huiskos waarna elkeen verlang. Die kerries is natuurlik ook daar – suikerboon-, hoender-, dhal- en mincekerrie, breyani, noem maar op. Snoek-in-die-oond, kerrievis en seekos-paella (times are tough, ’n mens moet maar ’n paar maande of so spaar daarvoor, sê die twee siezas) bring die see in jou kospotte. Vir “broke week” is daar sakpas-randrekkers soos dhanya-soesys, eierkerrie en spaghetti-en-sardyne. Tietie se peperminttert en lemon meringue is uit ’n ander wêreld en Nanna se braised skaapnek sal enige onthaaltafel laat kreun van smaakgenot. Mavrou, Tietie se lamsvleis-weergawe van dié tradisionele gereg wat in die Kaaps-Maleise kultuur by troues voorgesit word, is ’n tydlose treffer.

En moenie van die happies en lekkernye vergeet nie – dis nou die “soet en sout” waarmee Mzansi se mense grootgeword en die lewe om elke hoek en draai gevier het. Watertand-verleidings soos bollas, flapjacks, skons, snowballs, patatkoekies, sweetcorn fritters en vele meer. Samoesas en roti’s kry variasies in geure en kleure om van te droom. (Só sê Tietie: Roti is baie versatile – eet dit met kerrie, masala steak of selfs as ’n poeding. Dis tog te lekker met strawberries, strawberry jam en cream.)

Nou ja, as jy nie so ’n tuiskombuis geken het nie, is jy waarskynlik reeds daaraan voorgestel op Tietie en Nanna se kookprogram, Tietie en Nanna kook op VIA, kanaal 147 op DStv, of in hul stories en kwinkslae op Instagram en TikTok.

Met Tietie en Nanna se onfeilbare resepte, perfek beproef, kan elkeen weer huiskos, soos ons ma’s, oumas en tantes dit gemaak het, in hul eie kombuise opdis.

Atmosvuur (Afrikaans, Hardcover): Jan Braai Atmosvuur (Afrikaans, Hardcover)
Jan Braai
bundle available
R590 R425 Discovery Miles 4 250 Save R165 (28%) In Stock

Hierdie boek is ’n universele gids oor alles wat Jan Braai tans oor braai weet. Dit is ’n viering van hierdie wonderlike Suid-Afrikaanse tradisie waaraan 15–20 miljoen Suid-Afrikaners elke jaar op 24 September op Nasionale Braaidag deelneem. Om hierdie kulturele gebeurtenis se 20ste herdenking te vier het Jan Braai meer as 200 resepte bymekaargesit wat oor ’n houtvuur gaargemaak en daar langsaan geniet kan word.

Die boek is in 20 hoofstukke verdeel en sluit resepte in vir tradisionele gunstelinge soos klassieke potjies, steaks, burgers en ribbetjies, tot minder konvensionele geregte wat op die braai voorberei word, soos pasta, pizza, slaai en nagereg. Elke gereg is smaaklik en die meegaande fotografie sal jou mond laat water en jou familie en vriende geesdriftig op ’n samekoms langs die vuur laat aandring terwyl jy jou braaivaardighede ten toon stel. Jan Braai se duidelike instruksies en nugter houding teenoor die braaikuns sal verseker dat selfs groentjiebraaiers hierdie resepte maklik baasraak.

Daar is iets vir almal in hierdie boek, en die maklik verkrygbare bestanddele beteken dis verspot maklik om die maaltye saam te stel, aangesien die meeste items waarskynlik reeds byderhand is, of met min moeite of ’n vinnige rit na die supermark in die hande gekry kan word.

Ook beskikbaar in Engels, as 'Atmosfire'.

Lugbraaier - Herman se 100 Beste Resepte (Afrikaans, Paperback): Herman Lensing Lugbraaier - Herman se 100 Beste Resepte (Afrikaans, Paperback)
Herman Lensing
R350 R245 Discovery Miles 2 450 Save R105 (30%) In Stock

Verken die wêreld van lugbraaiers met celeb-sjef Herman Lensing en ontdek hoekom dié veelsydige toestel jou nuwe beste vriend is.

Bloedbroers - Na die slagveld van Smokeshell en terug (Afrikaans, Paperback): Deon Lamprecht Bloedbroers - Na die slagveld van Smokeshell en terug (Afrikaans, Paperback)
Deon Lamprecht
R290 R195 Discovery Miles 1 950 Save R95 (33%) In Stock

“Dis politici wat oorlog verklaar, nie ons nie. Ons het gedoen wat ons geglo het ons moes doen en hulle [die vyand] ook . . .” – Marco Caforio, ouddienspligtige

Op 10 Junie 1980 gedurende ’n eindelose dag van bloedige gevegte onder die Angolese son is 13 lede van die Suid-Afrikaanse Weermag dood en etlike beseer toe 61 Gemeganiseerde Bataljon Groep ’n kompleks van Swapo-basisse in die suide van Angola aangeval het.

Gedurende Operasie Sceptic het tweede luitenant Paul Louw sy peleton in vier Ratels na die slagveld by die doelwit Smokeshell gelei.

In die chaos wat daardie dag gevolg het, is 12 dienspligtiges in sy peleton van 44 noodlottig gewond en hy is self ook beseer. Een van sy troepe, die 18-jarige HP Ferreira, is met ’n 14,5 mmmasjiengeweer deur sy pelvis geskiet en hy is ook deur etlike AK-47 koeëls getref. Hy het wonderbaarlik oorleef. Louw, nog met die bloed van sy manne aan sy klere, en ’n handjievol ander soldate het die aand deurgebring in ’n Ratel wat deur ’n RPG-vuurpyl getref is. Hulle was heeltemal afgesny van die res van die aanvalsgroep en het nie geweet of hulle die son sou sien opkom nie.

In Bloedbroers vertel van die oorlewendes van hul ervarings tydens die geveg. Dit werp ook lig op wat met soldate gebeur nadat die laaste skote afgevuur is en volg die veterane toe hulle vier dekades ná die operasie vir die eerste keer na die slagveld teruggekeer het.

Harry Potter en die Kamer van Geheimenisse (Afrikaans, Paperback, Heruitgawe): J. K. Rowling Harry Potter en die Kamer van Geheimenisse (Afrikaans, Paperback, Heruitgawe)
J. K. Rowling; Translated by Janie Oosthuysen
R250 R215 Discovery Miles 2 150 Save R35 (14%) In Stock

Harry Potter se somervakansie is aaklig: nie net was dit die slegste verjaarsdag ooit nie, maar boonop verskyn ’n vreemde huiself genaamd Dobby om hom te waarsku om nie weer na die Hogwarts Skool vir Towerkuns en Heksery toe terug te gaan nie – vreeslike dinge gaan daar gebeur. En vreeslike dinge gebeur inderdaad. Dit is Harry se tweede jaar op Hogwarts en nuwe probleme wag op hom. Hy hoor vreemde fluisterstemme deur leë gange – en dan begin die aanvalle . . .

Rooisand - Die verhaal van Dirk Aruseb en die Bondelswarts (Afrikaans, Paperback): Jeremy Vearey Rooisand - Die verhaal van Dirk Aruseb en die Bondelswarts (Afrikaans, Paperback)
Jeremy Vearey
R360 R275 Discovery Miles 2 750 Save R85 (24%) In Stock

Dirk Aruseb was sewentien toe Abraham Morris hom uit die Pella-weeshuis kom haal het om by die Bondelswarts aan te sluit. By Schansvlakte begin die eerste van Dirk se lewenslesse: wees nederig, geduldig, en genadig. Vind jou eland, tem jou janfiskaal.

Rooisand speel af in Namaland – van Duits-Suidwes-Afrika tot die Kaapkolonie – vanaf 1904 tot 1922. Dit is ’n epiese oorlogsroman wat strek van Tsumeb tot Upington, van Windhuk se interneringskampe tot die droë rivierlope van die Visrivier.

Breekpunt (Afrikaans, Paperback): Marie Lotz Breekpunt (Afrikaans, Paperback)
Marie Lotz
bundle available
R340 R249 Discovery Miles 2 490 Save R91 (27%) Ships in 5 - 10 working days

Wanneer iemand jou kind steel, wat is jou breekpunt?

Twee jong kinders verdwyn spoorloos uit die veiligheid van hul ouerhuise in Johannesburg. Albei is meisies, albei word in die middel van die nag weggelok . . .

Kaptein Alek Strauss ondersoek die saak en kom agter die ontvoerder se modus operandi stem grootliks ooreen met dié van ’n misdadiger wat al jare agter tralies sit nadat hy twee ander meisies ontvoer het. Hoekom dink een van die slagoffers se ma dan hierdie man is onskuldig? En watter skokkende ontdekking maak sy in haar dogter se slaapkamer ses jaar ná haar verdwyning?

Dan kom ’n jong paartjie op ’n gruvonds in die Drakensberg af en dit dompel almal in ’n nuwe maalkolk van raaisels.

Sal hulle die meisies betyds vind?

Breekpunt, Marie Lotz se vierde spanningsroman, is ’n meesleurende en meesterlike speurtog.

Die Keiser se Duim (Afrikaans, Paperback): Chris Karsten Die Keiser se Duim (Afrikaans, Paperback)
Chris Karsten
bundle available
R350 R269 Discovery Miles 2 690 Save R81 (23%) Ships in 4 - 8 working days

Ella Neser en Lou Pepler werk weer saam as private ondersoekers. Maar die dag voor Ella op pad is Brugge toe, daag ’n familielid van Lou se eks op en smeek hulle om hulp. Liesbet se broer en sy neef is wynboere wat in Hongarye op ’n wynlandgoed naby Boedapest werk. Maar nou het hulle verdwyn. Lou moet tog dringend die twee jong boere in een stuk terugbring.

So vertrek Ella na België, en Lou na Boedapest. Maar iewers duskant die Donau regeer daar ’n mafioso met die mag van ’n keiser.

Die Onsigbare (Afrikaans, Paperback): PJO Jonker Die Onsigbare (Afrikaans, Paperback)
PJO Jonker
R320 R235 Discovery Miles 2 350 Save R85 (27%) In Stock

Wanneer spraakstramme skaapboer Jada Olivier op sy Karooplaas Erfdeel met die bewustelose, gebroke liggaam van ’n vreemdeling aankom, sluit hy die ketting van die plaashek en raak ’n gevangene van sy besluit.

“Die Onsigbare is ’n rare spin van die tradisionele plaasroman . . . bevestigend, andersmakend en uiteindelik vierend.” – Frederik de Jager

“’n Mens moet dit verwelkom as ’n profetiese roman van ons tyd.” – Kerneels Breytenbach

Skepselkos (Afrikaans, Paperback): Isabella Niehaus, Louis Jansen van Vuuren Skepselkos (Afrikaans, Paperback)
Isabella Niehaus, Louis Jansen van Vuuren
R575 R399 Discovery Miles 3 990 Save R176 (31%) In Stock

Tuiskokke Isabella Niehaus en Louis Jansen van Vuuren span weer saam om uitsonderlike publikasie van vegan geregte saam te stel.

Nadat hulle die Gourmand World Cookbook Awards in 2023 gewen het met Daar’s Vegan op my Verandah as die beste vegan kookboek in die wêreld kom hulle nou met splinternuwe plantgebaseerde kosboek, Skepselkos wat ook in Engels beskikbaar is as Earthling Food.

Met hierdie unieke boek is dit nie net die twee glanssjefs wat hul kragte saamspan nie, maar hulle word ook bygestaan deur tien vriende wat almal bekende sjefs en kundiges op kosgebied is. Hierdie gesprekke tussen die skrywers en hul vriende skep besondere agter-die-skerms situasie wat kyk na die inspirasie en kreatiwiteit agter Suid-Afrika se plantgebaseerde koservaring.

Lesers sal geïnspireer word deur die stories en resepte wat waardering skep vir plantgebaseerde kos. Die resepte is toeganklik met alledaagse bestanddele wat maklik beskikbaar is. Met Skepselkos/Earthling Food nooi Isabella en Louis jou uit om op uitsonderlike kulinêre avontuur te gaan. Hierdie boek bied iets vir almal, of jy nou ervare sjef of nuweling in die kombuis is. Dit is meer as net kookboek – dit neem jou op reis van geur, kultuur en kreatiwiteit wat blywende indruk sal laat en jou ook sal inspireer om met plantgebaseerde disse te eksperimenteer.

Uit die Beek 2025 - 365 Dagstukkies (Afrikaans, Paperback): Barend Vos Uit die Beek 2025 - 365 Dagstukkies (Afrikaans, Paperback)
Barend Vos
R265 R195 Discovery Miles 1 950 Save R70 (26%) In Stock

100 jaar van genade. 100 jaar se getroue lesers. Uit die Beek gee daaglikse geestelike leiding en inspirasie. Hierdie feesuitgawe is geskik vir persoonlike stiltetyd, huisgodsdiens én Bybelstudiegroepe. Vanjaar kom dit weer uit die pen van bekroonde skrywer en predikant Barend Vos. In 2025 vertoef ons by elke Bybelboek, terwyl ons steeds groot momente in die kerkkalender, soos Lydenstyd en die Pase, Pinkster, Koninkrykstyd en Advent in ag neem.

Harry Potter en die Halfbloed Prins (Afrikaans, Paperback, Heruitgawe): J. K. Rowling Harry Potter en die Halfbloed Prins (Afrikaans, Paperback, Heruitgawe)
J. K. Rowling; Translated by Janie Oosthuysen
R350 R269 Discovery Miles 2 690 Save R81 (23%) In Stock

Wanneer Dumbledore een nag in Ligusterlaan aankom om Harry Potter te kom oplaai, is sy hand swart en verskrompel, asof die vleis weggebrand is. Geheime en gerugte versprei deur die towenaarswêreld, en selfs Hogwarts is nie veilig nie. Harry is oortuig dat Malfoy die Donker Merk dra: daar is ’n Doodseter tussen hulle. Harry gaan kragtige towerkuns en egte vriende nodig hê terwyl hy Voldemort se donkerste geheime ondersoek, en Dumbledore berei hom voor vir die lot wat nog altyd op hom wag . . .

Seun (Afrikaans, Paperback): Dana Snyman Seun (Afrikaans, Paperback)
Dana Snyman 1
R320 R235 Discovery Miles 2 350 Save R85 (27%) Ships in 4 - 8 working days

Dana Snyman deel in Seun die deel van sy storie waaroor hy nog nooit gepraat het nie: sy ervaringe in die 1980’s. Dit is die tyd van PW Botha se vinger, van die Voëlvry-toer, AWB-saamtrekke, onderhandelinge en die laaste dae van diensplig. Dana word oneervol ontslaan uit die weermag, maar eers maak hy ’n draai in Saal 24. Werkloos en doelloos eindig hy in ’n gewese bediendekamer in Pretoria. Dié rou, selfonthullende memoir vra: hoe word ’n seun ’n man? Met Seun neem Dana lesers in sy vertroue.

Harry Potter en die Skatte van die Dood (Afrikaans, Paperback, Heruitgawe): J. K. Rowling Harry Potter en die Skatte van die Dood (Afrikaans, Paperback, Heruitgawe)
J. K. Rowling; Translated by Janie Oosthuysen
R350 R269 Discovery Miles 2 690 Save R81 (23%) In Stock

Terwyl Harry Potter in die sykar van Hagrid se motorfiets klim en in die lug opstyg om Ligusterlaan vir die laaste keer te verlaat, weet hy Heer Voldemort en sy Doodseters is nie ver agter nie. Die beskermende towerspreuk wat Harry tot nou toe veilig gehou het, is verbreek, maar hy kan nie aanhou wegkruip nie. Die Donker Heer blaas vrees in alles waarvoor Harry lief is, en om hom te stop, sal Harry die oorblywende Horcruxe moet vind en vernietig. Die laaste stryd moet begin . . .

Harry Potter en die Orde van die Feniks (Afrikaans, Paperback, Heruitgawe): J. K. Rowling Harry Potter en die Orde van die Feniks (Afrikaans, Paperback, Heruitgawe)
J. K. Rowling; Translated by Janie Oosthuysen
R350 R255 Discovery Miles 2 550 Save R95 (27%) In Stock

Donker tye het aangebreek op Hogwarts. Ná die Dementors se aanval op sy neef Dudley, besef Harry Potter dat niks Voldemort sal stuit om hom te vind nie. Al is daar diegene wat die Donker Heer se terugkeer ontken, is Harry nie alleen nie: ’n Geheime orde vergader by Grimmauldplein om teen die Donker Magte te veg. Harry moet professor Snape toelaat om hom te leer hoe om homself te beskerm teen Voldemort se wrede aanvalle op sy gedagtes. Maar hulle word sterker en Harry se tyd raak min . . .

Harry Potter en die Gevangene van Azkaban (Afrikaans, Paperback, Heruitgawe): J. K. Rowling Harry Potter en die Gevangene van Azkaban (Afrikaans, Paperback, Heruitgawe)
J. K. Rowling; Translated by Janie Oosthuysen
R250 R185 Discovery Miles 1 850 Save R65 (26%) In Stock

Wanneer die Ridderbus deur die donker bars en skreeuend voor hom tot stilstand kom, is dit vir Harry Potter die begin van nog ’n ongewone jaar op Hogwarts. Sirius Black, ’n berugte moordenaar en volgeling van Heer Voldemort, het uit Azkaban ontsnap – en hulle sê hy is op Harry se spoor. Boonop sien professor Trelawney ’n aaklige voorbode oor die dood in Harry se teeblare . . . Maar miskien is die vreesaanjaendste ding van alles die Dementors wat die skoolgronde patrolleer . . .

Harry Potter en die Beker Vol Vuur (Afrikaans, Paperback, Heruitgawe): J. K. Rowling Harry Potter en die Beker Vol Vuur (Afrikaans, Paperback, Heruitgawe)
J. K. Rowling; Translated by Janie Oosthuysen
R335 R245 Discovery Miles 2 450 Save R90 (27%) In Stock

Die Drietowenaarstoernooi vind by Hogwarts plaas. Slegs towenaars wat ouer as sewentien is, mag inskryf – dit keer Harry egter nie om te droom dat hy die kompetisie eendag sal wen nie. Maar toe die Beker Vol Vuur op Allerheiligeaand die kampioene aanwys, is Harry verstom om te ontdek sy naam is een van dié wat uitgesoek word. Hy moet lewensgevaarlike take uitvoer en drake en Donker towenaars trotseer . . . Maar met sy beste vriende Ron en Hermione aan sy kant, mag hy dit dalk net oorleef . . .

Harry Potter en die Towenaar se Steen (Afrikaans, Paperback, Heruitgawe): J. K. Rowling Harry Potter en die Towenaar se Steen (Afrikaans, Paperback, Heruitgawe)
J. K. Rowling; Translated by Janie Oosthuysen
R250 R215 Discovery Miles 2 150 Save R35 (14%) In Stock

Harry Potter se lewe verander op die dag wat 'n posuil 'n geheimsinnige brief by die Dursleys aflewer: 'n brief wat Harry nooi na 'n ongelooflike plek wat hy – en almal wat oor hom lees – nooit sal vergeet nie. Dit is juis op Harry se elfde verjaardag wat hy die verstommende nuus kry: Hy is 'n towenaar en hy word genooi na die Hogwarts Skool vir Towerkuns en Heksery. 'n Ongelooflike avontuur is op die punt om te begin!

Noodlot - Die Ontwaking Van Winter: Boek 2 (Afrikaans, Paperback): Sunel Combrinck Noodlot - Die Ontwaking Van Winter: Boek 2 (Afrikaans, Paperback)
Sunel Combrinck
R280 R210 Discovery Miles 2 100 Save R70 (25%) Ships in 7 - 11 working days

Na die naelbyt-avonture in Hartklop, is die gevaar nog lank nie verby nie. In ’n desperate poging om Colden uit mal koningin Melody se kloue te hou, roep Zander ’n Forya en’ tarna, ’n Elwe-grootwordritueel. Die vriendegroep word geskei en dis die begin van ’n nuwe avontuur en soeke na antwoorde deur die hele Tír na hÓige.

Nereida, Lumi en Kai gaan na Oneiro waar Lumi vinnig leer dat Waternimfmans vleiend in hul soeke na beheer is, en Nereida begin wonder of Kai regtig so ’n slegte toekoms vir haar sal inhou.

Zander en Colden bevind hulleself in Izua, waar Zander vir Raidan, die Prinses van Storms, ontmoet en skielik is dit maklik om van sy sielsgenoot, Nereida, te vergeet en ’n nuwe tuiste te vind.

“Hierdie storie het begin by die Seisoene en Gruwels en dis ook waar dit moet eindig. Ek weet nie waarom Tír na hÓige julle kinders gekies het om hierdie beeldskone nagmerrie sy vrede te gee nie, maar na vandag is daar ’n teiken op julle rûe.”

Tot die eindtyd? Nee wat, hierna is alles moertoe!

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Hoe Ek Dit Onthou
Francois Van Coke, Annie Klopper Paperback R300 R219 Discovery Miles 2 190
Braai
Reuben Riffel Paperback R495 R359 Discovery Miles 3 590
Man Alone - Mandela's Top Cop, Exposing…
Caryn Dolley Paperback R310 R225 Discovery Miles 2 250
Kirstenbosch - The Most Beautiful Garden…
Brian J. Huntley Hardcover R400 R299 Discovery Miles 2 990
The South African Keto & Intermittent…
Rita Venter, Natalie Lawson Paperback R390 R299 Discovery Miles 2 990
Air Fryer - Herman's Top 100 Recipes
Herman Lensing Paperback R350 R245 Discovery Miles 2 450
Atmosfire
Jan Braai Hardcover R590 R425 Discovery Miles 4 250
Nomad Heart - Adventures on and off the…
Ian Roberts Paperback  (1)
R330 R220 Discovery Miles 2 200
The Super Cadres - ANC Misrule In The…
Pieter du Toit Paperback R330 R220 Discovery Miles 2 200
Comfort
Yotam Ottolenghi, Helen Goh Hardcover R795 R570 Discovery Miles 5 700

 

Partners