![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Promotions > Red Tag Sale > Books > Afrikaans
Portchie is een van Suid-Afrika se suksesvolste kunstenaars, maar wie
is die man wat agter die skilderye skuil? Waar kom die naam Portchie
vandaan? En hoe en wanneer het Jan Hendrik Viljoen van die klein dorpie
Tweeling in die Vrystaat, aangemeld om die wêreldbekende kunstenaar
Portchie te word? Hierdie memoir kombineer Portchie se inspirerende
verhaal met foto’s, staaltjies en selfs resepte. Dit vertel die storie
agter die storie: onopgesmuk, sonder tierlantjies, maar met ’n tikkie
flair.
Topverkoperskrywer Louisa Holst weet wat die lugbraaiermark wil hê en het weer plaaslike geure na vore gebring! Resepte sluit in springbokkie-kaaskoek, brandewyn-en-coke-hoendervlerkies, snoek- en appelkoosfilo-samosas, en 'n visvinger-Gatsby vir die honger kinders wat hulle self kan opslaan. Peri-peri-hoenderpastei, gammon (ja – dit kan in die lugbraaier gedoen word), gebraaide lam, karringmelkbeskuit, pavlova en mini-vrugtekoeke is nog meer van die watertand geregte in die boek.
Hierdie boek het Tobi vir drie redes geskryf Eerstens het elke resep net drie bestanddele Tweedens vir die ekonomiese faktor Nie almal kan duur bestanddele bekostig of ses soorte kase in die yskas aanhou nie As plaasseun verstaan hy ook dat almal nie altyd toegang het tot groot winkelsentrums waar elke bestanddeel onder die son beskikbaar is nie Derdens vir tydsbesparing Met dié kortpadresepte hoef jy nie vir ure in die kombuis te staan nie. Tobi beskou homself nie as ‘n chef nie Trouens hy wil nie eers die gesogte titel koskenner voor sy naam skryf nie Omdat ek myself nie as ‘n kosmeester beskou nie koop ek byvoorbeeld sonder om te blik of te bloos klaar voorbereide skilferkorsdeeg En met geblikte kos kan jy soms toor en hoekom het hulle ‘n vrieskas in die eerste plek gemaak as jy nie kos mag vries nie. Tobi glo kook is ‘n manier van ontvlugting waar jy jouself kan uitleef in ‘n kombuis En hier deel hy sy passie deur maklike vinnige en bekostigbare geregte
Hierdie boek is geskryf met die doel om die basiese beginsels en toepassings van rekeningkunde meer verstaanbaar en bruikbaar te maak vir studente wat nie rekeningkunde as skoolvak geneem het nie en ook nie as hoofvak gaan neem nie.
Ten spyte van getroue kerkbywoning, Bybel lees en gebede is dit
opvallend dat ons geloof dikwels nie ’n verskil in ons lewe maak nie.
Hoe kan ’n mens dan in ’n nuwe kragtige geloofsrat inbeweeg? Deur
'n ware konneksie met die Here te maak. In hierdie 250
onopgesmukte dagstukkies deel Susan alledaagse stories uit haar lewe
wat jou sal help om die Here se nabyheid oral tasbaarder te ervaar. Die
boek is daarop gemik om geestelike groei aan te moedig deur nuwe
maniere van dink en doen te kweek.
Die nuutste roman van topverkoperskrywer Helena Hugo. Caroline is maar
dertig jaar oud toe sy haar agtste kind in die wêreld bring. Al waarop
sy gehoop het was om te sterf. Die kloof tussen haar en Willem is so
wyd dit lyk asof hulle mekaar nooit weer sal vind nie. Intussen dan pak
die onweerwolke van oorlog op die horison saam. Maar die hoop beskaam
nie: Genesing begin by 'n weggooikind en 'n gekneusde veldblom.
Die slawe aan die Kaap het as draers en skeppers van kultuur, ten spyte van onderdrukking, ’n groot invloed uitgeoefen op die ontwikkeling van die samelewing aan die suidpunt van Afrika en veral van ’n inheemse, kreoolse kultuur. In hierdie boek word die slawe se rol in die ontstaan van dié eiesoortige kultuur vir die eerste keer verken.
Ekstra taaloefeninge is iets wat skaars is en menige onderwyser (ouer
en leerder) soek. Dit is wat die Taalwerkboek Afrikaans Eerste
Addisionele Taal Graad 10-12 ideaal maak: Dit is ’n taalhersieningsboek
vir Afrikaans Eerste Addisionele Taal met oefeninge vir taalstrukture
en -konvensies. Daar is hersieningsoefeninge van die volgende
taalaspekte: woordeskat-uitbreiding, woordkeuses, sinsbou, spelling en
punktuasie. Die hersieningsvrae is ook in noue samehang met die
Nasionale Eksamenvraestel 1 vir Afrikaans Eerste Addisionele Taal (NSS
en IEB) opgestel.
Hoe kleiner die plek, hoe groter sy geheime
Ja, die ketodieet is al lankal bekend; jy het daarvan gehoor maar
verstaan die konsep nie heeltemal nie en dink dis te duur. Of miskien
het jy dit getoets maar is oorweldig deur ’n oorvloed dikwels
teenstrydige inligting en het jy moed opgegee. Miskien volg jy dit
noukeurig maar het jy nuwe inspirasie nodig. Daar kom in elk geval
altyd nuwe inligting na vore. Ná die wegholsukses van sy eerste boek
twee jaar gelede, Living the Ultimate Keto Lifestyle, het
Hendrik Marais besluit dis tyd om die ketogeniese leefstyl aan selfs
meer mense bekend te stel, terwyl hy aanhangers terselfdertyd ’n
vereenvoudigde uiteensetting van die jongste neigings en ’n volledige
stel maklike en smaaklike resepte wou bied.
Greg Owen, die ou wat sy eie pa vir die wolwe gegooi het, is 'n eerstejaar op Stellenbosch. Klaar met hacking. Ingeskryf vir 'n graad in Sportwetenskap. Maar sal hy ooit van die skadu van Lawson Kollege en Project Nursery Rhyme kan wegkom? As jy wil wraak neem, moet jy twee grafte grawe, besef hy gou, in hierdie vervolg op die topverkoper Onderwêreld. Verkorte skooluitgawe van die topverkoper. 'n Gratis leesgids is beskikbaar.
Die wêreld is te groot vir een leeftyd. Tyd en lewe het my geleer dat hoe jy ook al probeer, die donner weet, jy kan nie regtig alles wat jy wil doen, inpas nie. Maar dit beteken nie jy kan nie probeer nie! Johan Bakkes kies altyd maar die smalle weë, daar waar min ander dit nog gewaag het. Soos die berg Stok Kangri in Indië, al 6 200 meter daarvan. Maar Samoe(r)sa reis gee ons nie net insae in Bakkes se Indiese ekskursie nie. Benewens die heerlik avontuurlustige vertellings is daar ander stories wat veel nader aan die huis afspeel, en hy gee veral aandag aan die “Boksombende” wat al sy wedervaringe saam met hom meegemaak het.
100 jaar van genade. 100 jaar se getroue lesers. Uit die
Beek gee daaglikse geestelike leiding en inspirasie. Hierdie
feesuitgawe is geskik vir persoonlike stiltetyd, huisgodsdiens én
Bybelstudiegroepe. Vanjaar kom dit weer uit die pen van bekroonde
skrywer en predikant Barend Vos. In 2025 vertoef ons by elke Bybelboek,
terwyl ons steeds groot momente in die kerkkalender, soos Lydenstyd en
die Pase, Pinkster, Koninkrykstyd en Advent in ag neem.
Dirk Aruseb was sewentien toe Abraham Morris hom uit die Pella-weeshuis
kom haal het om by die Bondelswarts aan te sluit. By Schansvlakte begin
die eerste van Dirk se lewenslesse: wees nederig, geduldig, en genadig.
Vind jou eland, tem jou janfiskaal.
’n Onskuldige man word in sy motorhuis met ’n jaggeweer doodgeskiet. ’n
Jong vrou se lyk hang aan ’n boomtak diep in die Magaliesberg.
Headstart Natuurwetenskappe en Tegnologie Graad 5 Leerderboek is 'n gebruikersvriendelike boek met 'n eenvoudige, stapsgewyse benadering wat verseker dat die KABV volledig gedek word. Dit is 'n vaste fondamente en lei leerders deur middel van toeganklike taalgebruik en 'n deurdagte werkstempo soos hulle deur die Intermediere Fase vorder
So lyk ’n vrou, Ilse Verster se hartroerende verhaal oor Esli se lewe
van mishandeling deur ’n gewelddadige eggenoot, het lesers in 2022
geskok en aangegryp. ’n Vrou staan op is die vervolg op die
blitsverkoper en vertel van die nuwe hoofstuk in Esli se lewe.
Dié jongste bundel verse deur Philip de Vos is vir jonk én oud, en getuig opnuut van sy vakmanskap as digter, sy slinkse, aweregse humor maar ook sy fyn waarnemingsvermoë. Ritme dien as ruggraat vir elke vers, met ’n goeie skeut tong-in-die-kies stuitigheid, maar soms ook met ’n melancholiese, elegiese ondertoon. Daar is verse oor die Skepping, oor Moses en oor Lot, verskeie oor nig Mara en Maraaia, en ter afsluiting meer as ’n handvol stoute kwatryne.
In 2021, is Damian de Jong biesag mette boek oo serial killers. Hy
force homself ommie dae te onthou toe hy asse kind innie 90s oppie
sandduine gespeel. Die man wattie media ‘The Railway Ripper' noem,
het begin coloured boys doodmaak en begrawe in vlak grafte innie bosse
en sandduine rondomie Western Cape. Hy praat met ex-detective
Michelle Wakefield ma soe meer sy die feite vi Damian ytlê, soe minner
vestaan hy wat rêrag daityd gebeerit.
This new, slimmer edition is even more compact, user friendly and
affordable! |
![]() ![]() You may like...
Die Antwoord-Reeks Graad 12…
Liesl Sterrenberg, Helena Fouche, …
Paperback
Die Antwoord-Reeks Wiskunde 'n klasteks…
Anne Eadie, Gretel Lampe
Paperback
|