![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Children's Fiction & Fun > General
ontvoer . Sy pa is meer verleentheid as ooit. Hy het onverwags op die ergste moontlike manier aanlyn virale geword. En wanneer die skoolfotodag met die Super Science Spectacular bots , is dit bestem om op te blaas in 'n haarverhoging, tandeversplinterende ramp van epiese proporsies!
"Het jy al ooit ’n goor week gehad? Justin Chase het!
Maandag was mal, Dinsdag was dol, Woensdag was
woes, en nou is dit . . . Donderdag.
Maak gereed vir 'n nuwe strokiesboekreeks deur die skepper
van Hondman!
Buyisiwe feels like a stranger in London, where he grew up. And then he
receives the terrible news: he has to go and live with his estranged
father in a game reserve in South Africa. Africa is not what Buyisiwe
expected it to be. It is a place of great beauty and splendour,
magnificent animals and terrible danger. And now a scarred, man-eating
lion prowls the reserve, waiting for his next victim. Will Buyi be able
to heal from the physical and emotional scars left behind?
´n Aardbewing op ´n Vrystaatse myndorp laat 'n skoolgebou ineenstort en
keer drie tieners onder die puin vas. Terwyl hulle suurstof en hulle
hoop al minder word, beleef die leser die angswekkende situasie saam
met hulle. Die vasgekeerde kinders ervaar engtevrees en angs vir die
naderende dood, en opflikkerings van verbete hoop en selfs humor,
totdat ´n reddingspan hulle dae later eers uitgrawe. Maar een van hulle
oorleef dit nie . . .
Moedverloor word deur ’n verskriklike droogte geteister. Die dorp is
verlate – behalwe vir Koot Marais, die apteker, en sy gesin. Maar dan
beland Katisja op hulle voorstoep – gewapen met slegs haar rooi
sambreel en onmoontlike oplossings vir allerhande onmoontlike probleme.
En wat volg is suiwer maltrap-avontuur: ontploffende drankies, singende
Agtertrekkers, tweeling-fortuinvertellers, geheimsinnige wakiste,
verlore kinders, en ’n skouspelagtige lugontsnapping in ʼn
sigeuner-karavaan!
Enzo, Frikkie en Georgi neem deel aan die Wêreld-Robotolimpiade se
kompetisie vir robotte van Lego-blokkies. Een van dr. Ragno se
spinnebotte kom handig te pas en word met Lego-blokkies gepantser.
Georgi is bekommerd oor die spinnebotte se ingeboude lasers. Die
kompetisiereëls verbied wapens. Toe die Dassie-span met Skerpioen 8 by
die kompetisie opdaag, sien hulle ’n lang skraal man en ’n meisie wat
baie bekend lyk. Maar dr. Ragno en Veronica moet mos in die tronk wees
. . .
Gretchen en Barbara haat mekaar. Gretchen kry die hoofrol in hulle dramaklub, maar word geboelie oor haar gewig, terwyl die gewilde Barbara die boelie is. 'n Geheimsinnige sakkie wenspoeier veroorsaak egter chaos . . . Want Barbara daag die vakansie in Gretchen se lyf by die dieetkamp op, terwyl Gretchen in Barbara se lyf by die dramakamp aankom! ’n Skreeusnaakse, maar deernisvolle storie oor boeliegedrag, selfbeeld en ware vriendskap.
Bea Malan, oftewel, Koningin Bea, vind met 'n skok uit haar ouers gaan
skei en dat sy en haar ma na Johannesburg verhuis. Nou bevind sy haar
tussen vreemde kinders in 'n stad wat sy nie ken nie en 'n skool wat sy
nie verstaan nie. Maar namate haar geheim al swaarder op haar druk,
beweeg sy nader daaraan om nuwe mense – en dinge – in haar lewe toe te
laat. Sy sal moet grootword as sy nie wil toelaat dat die lewe haar
soos borrelgom kou nie.
Die verhaal neem die lesers op ʼn lugballonavontuur saam met Katerien, Stef, Ouma Katie en ʼn Great Dane-brak – Krummel. Ouma Katie se emmerskoplys neem hulle letterlik na hoër hoogtes. Die titel vorm deel van die Best Books vir klaslees-reeks wat fokus op leesboeke wat EAT-leerders in die klas kan lees.
Tjoppie is baie opgewonde - maar ook 'n bietjie op sy senuwees - om 'n
nuwe lid van hulle gesin te verwelkom. Toe die voordeur uiteindelik
oopgaan, sien Tjoppie 'n oulike klein hondjie met 'n pienk rokkie aan.
Dit is sy nuwe sussie, Tjippie! Tjippie lyk baie bang. Maar Tjoppie en
sy beste maat Fluit-Fluit sal haar sommer gou tuis laat voel.
Vir Wim is graad tien nes graad nege, maar op steroids. Hy land teen sy
sin die understudy-rol van Nick Bottom in die skool se opvoering van ’n
Midsomernagsdroom. Maar dis iets nader aan ’n nagmerrie as ’n droom,
want 'n ander ou sleep vlerk by sy Jenny. Ouma Hantie is sy enigste
hoop, maar haar kop is op ’n ander plek. Boonop beland Wim en sy ma
byna in die tronk saam met Harold en sy advokaat-pa moet weer die dag
red. Wim gaan dinamietplanne moet uitdink as hy dié jaar gaan oorleef.
Heloise begin graad elf by Presidentpark. Daar ontmoet sy AB, die skool
se "bad boy", wat ook in haar kunsklas is. Wanneer hulle kunsonderwyser
bedank, stel AB vir Heloise voor aan sy ouma, beeldhouer Heike Leibig.
Heike se middeleeuse heldin is Heloise, wat saam met haar geliefde
Abelard (na wie AB vernoem is) in Parys se oudste begraafplaas lê.
Toeval? Die verhaal verweef temas van tuiskoms, aanvaarding, oorgawe,
en die kuns van die lewe en liefde.
Het jy al ooit ’n goor week gehad? Justin Chase het! Ná
’n gespartel en gespook lewe hy darem nog ná ’n
taai Maandag,
Dinsdag, Woensdag en Donderdag. Maar nou is dit . .
. Vrydag!
Het JY al ooit ’n GOOR WEEK gehad? Justin Chase het MAANDAG en
DINSDAG skaars oorleef, maar nou is dit . . . WOENSDAG!
Wanneer Helena se vervreemde pa toevallig by haar ma se werkplek inloop
en sy besluit om hom vir onderhoud te dagvaar, gebeur daar iets wat
hulle lewens onherroeplik verander. Soos 'n hedendaagse Aspoestertjie
verruil Helena die gehawende wendyhuis op die plot vir al die luukses
wat haar hart begeer. Maar selfs in hierdie idilliese bestaan kan
Helena nie van die werklikhede van die lewe ontsnap nie.
Volgens die skoolhoof, Mev. Brombom-Bredeboud, is 4B die stoutste klas
op aarde. Sy sê skool gaan nie oor leeglê en lyf wegsteek, of pret
hê nie. Dit gaan oor leer en dis hoogtyd dat 4B harder dáárin probeer
uitblink.
Welkom in die Skool vir Talente. Hier kan almal fantastiese dinge doen.
Hulle kan van vorm verander, met diere kommunikeer, water beheer . . .
en nog baie meer!
"Elzandri, ’n holderstebolder plaaskind uit ’n groot, hegte familie,
het een jaar om aan haar pa te bewys sy kan haar eie toekomsbesluite
neem voor hy haar dwing om ná matriek universiteit toe te gaan.
Wanneer haar oudste niggie verloof raak en Elzandri vra om die
troufoto’s te neem, is dit die perfekte geleentheid om haar geliefde
stokperdjie in ’n besigheid te omskep. Daar’s net een probleem: sy moet
die knorrige buurseun vra om haar te help."
Jakkals' wag won't work! Is she sick? Is her tail broken? Mom and Dad are worried, but it is little Lollipop, her best friend, that knows her best. Jakkals and Lollipop love swimming in the lake, Jakkals diving and breaching like a whale. She needs nothing more than Lollipop's understanding to regain her wag. In spite of the problem of Jakkals' seemingly broken wag, the author manages to keep the story light and positive by using humour and creative language. Humour stimulates creativity and brings a fresh angle to the story and a welcome change from other books for this age group, often with educational or moralising messages. The Dog with the Broken Wag provides lots of opportunity for funfilled interaction between reader and listener, creating lasting memories of shared reading experiences.
Die omnibus bevat drie avonture waarin beste vriendinne Nina en Jessie
die misterieuse swart-en-rooi pet inspan om hulle met speurwerk te
help. Waar kom die kopluise vandaan waarmee almal in Laerskool Tierkop
skielik sukkel? Hoekom is die koeldrankfabriek so gretig om hulle nuwe
energiedrankie aan die skool te skenk? En sal die slim mense by die
Eksotiese Eksperimente Ekspo uiteindelik Nina se vrae oor die pet se
spesiale kragte kan opklaar?
WJ, sy suster Mindie, en hul beste vriend Raj, wil graag iets
asemrowends aantrek vir die skool se kostuumdag aan die einde van
Boekeweek. Hulle moet soos karakters uit hulle gunstelingboek aantrek
en besluit op Die Drie Musketiers. Maar wanneer hulle in 'n vreemde
oudhedewinkel op die perfekte bykomstighede vir hulle kostuums afkom,
loop dinge lelik skeef. Nou is hulle Die Drie Muskiete! En hulle moet
'n wêreld van insekte en monsters oorleef om weer hul pad terug te vind
huis toe.
Herontdek die tydlose verhaal van Aspoestertjie met hierdie
betowerende opwipboek! Aspoestertjie wil graag na die prins se bal toe
gaan, maar haar wrede stiefma en stiefsusters los haar by die huis.
Gelukkig verskyn die towerfee betyds om seker te maak dis ’n
onvergeetlike aand.
Jakkals word wakker met 'n stert wat nie wil swaai nie. Is sy dalk siek? Kan 'n hond se stert net skielik breek? Haar mense is bekommerd, maar dis Lolliepop, Jakkals se beste maat, wat raai wat fout is. Hulle twee swem mos graag in die dam, waar Jakkals duik en rol soos 'n wafferse walvis. Al wat Jakkals nodig het om beter te word, is iemand wat verstaan, soos Lolliepop! Die scenario van troeteldiere wat hulle eienaars soggens kom wakker maak, is aan baie huishoudings bekend, en kinders sal maklik hiermee identifiseer en assosiasies maak. Die teikenmark (3 – 7 jaar oud) kan op dié ouderdom al met ander simpatiseer en veral wanneer assosiasies gemaak word met gebeure of karakters wat vir hulle emosionele betekenis inhou. Jakkals se dilemma sal jong verbeeldings aanwakker om redes en oplossings te probeer vind. Kreatiewe denke word ook so gestimuleer. Die skrywer maak dit verder vanuit die staanspoor duidelik dat die ouers (volwassenes) nie Honds verstaan nie, en in hierdie geval dus nie sal kan help nie. Deur op ’n kind te fokus om die saak te beredder, word kinders (’n jong voorleesgehoor) dadelik by die verhaal betrek. Kleuters sal hulle aan die kant van die kind en Jakkals skaar en die verhaal enduit, en waarskynlik herhaaldelik, wil hoor om by die oplossing en gelukkige einde te kom. Ten spyte van Jakkals se bekommernis, slaag die skrywer daarin om met humor en kreatiewe taalgebruik die verhaal lig en positief te hou. Humor stimuleer kreatiwiteit en waar baie boeke deesdae opvoedkundige of morele boodskappe oordra, is Die hond met die stert sonder swaai ’n lekker storie met baie geleenthede vir prettige interaksie tussen voorleser en kind om aangename boek- en leesherinneringe te skep. Alle lesers het ’n paar boeke uit hulle vroeë kinderjare wat kosbare herinneringe oproep. Prenteboeke kan lewenslange boekliefhebbers skep.
|
You may like...
Skin We Are In - A Celebration Of The…
Sindiwe Magona, Nina G. Jablonski
Paperback
R159
Discovery Miles 1 590
|