![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Books > Local Author Showcase > Biography > Literary
Hierdie boek is die voltooiing van Elsa Joubert se outobiografiese drieluik wat ingelei is deur ’n Wonderlike geweld (2005) en Reisiger (2009). Dit fokus hoofsaaklik op die skrywer se latere jare, in die aftreeoord in Kaapstad waar sy nou al geruime tyd woon, maar haar belewenis van die hede en onlangse verlede word onlosmaaklik vervleg met herinneringe aan veel verder terug, alles geteken met die kenmerkende woordvaardigheid van een van Afrikaans se mees gevierde skrywers. Elsa Joubert - Biografiese inligting Elsabé (Elsa) Antoinette Murray Joubert is op 19 Oktober 1922 in die Paarl gebore. Sy matrikuleer in 1939 aan die Hoër Meisieskool La Rochelle in die Paarl. Sy behaal ’n BA-graad (1942) en ’n Sekondêre Onderwysdiploma (1943) aan die Universiteit van Stellenbosch. In 1945 verwerf sy ’n meestersgraad aan die Universiteit van Kaapstad. Daarna is sy die vroueredakteur van Die Huisgenoot van 1946 tot 1948. Hierna begin sy te reis en in 1957 verskyn haar eerste reisverhaal, Water en woestyn, wat handel oor haar ervarings in Egipte en Uganda. Elsa Joubert se reise deur Afrika, Suid-Amerika, Europa en die Verre-Ooste het op ’n besondere wyse in haar werk neerslag gevind. In 1963 verskyn haar eerste roman, Ons wag op die kaptein, wat onder meer die Eugène Marais-prys ontvang het. Sy is met die WA Hofmeyr-, CNA- en Louis Luyt-prys bekroon vir haar invloedryke roman Die swerfjare van Poppie Nongena (1978), wat in 2002 aangewys as een van die honderd beste boeke in Afrika. In 1981 ken die British Royal Society of Literature die Winifred Holtby-prys aan haar toe en word sy ’n Fellow van die Society. Haar magistrale roman Die reise van Isobelle (1995) is met die Hertzogprys bekroon. Haar lewenswerk word bekroon met eredoktorsgrade van die Universiteite van Stellenbosch (2001) en Pretoria (2007), en sy ontvang die Orde van Ikhamanga (2004). Skakel van Maandag, 18 Junie 2018 af in op RSG om te luister na Elsa Joubert se jongste roman, Spertyd (2017, Tafelberg) voorgelees deur Rika Sennett.
Die outobiografie dek die eerste 25 jaar van Joubert se lewe, haar grootwordjare in die Paarl, haar skooljare, studentejare aan die universiteite van Stellenbosch en Kaapstad, eerste onderwysposte en haar slyping in die joernalistiek. Dit is 'n outobiografie wat met verstommende detail 'n beeld bied van 'n bepaalde era in die land se geskiedenis, maar ook van die wording van 'n skrywer. Joubert deins nie terug van omstrede kwessies nie, en onder meer kom haar betrokkenheid by die Ossewabrandwag aan bod. Maar die vernaamste beeld is die van 'n skrywer wat as kind reeds die drang na woorde ervaar, wat in die onstuimige tyd na die Tweede Wereldoorlog te midde van klomp invloede haar onafhanklike stem as skrywer probeer vind.
The Ven Archdeacon Professor Emeritus Peter Tshobisa Mtuze is a poet, priest and academic. He has worked as an interpreter in the law courts of the old South Africa, as a radio announcer, a salesperson for a publishing company, a civil servant in the homeland government structures, a lecturer at UNISA, and as Editor in Chief of the Greater Dictionary of isiXhosa at Fort Hare. He then joined Rhodes University as Professor and Head of the isiXhosa Department, and he also served there as Deputy Campus Director and Deputy Registrar. From 1966 to date, he has published more than 30 books in many genres – novels, short stories, essays, drama, poetry, autobiography, and cultural and theological publications. Some of these works received awards and accolades from various institutions, and one of his novels is on the list of literary classics. Many of the titles are available in Braille and as audio recordings. Mtuze translated former President Nelson Mandela’s monumental autobiography Long Walk to Freedom into isiXhosa as Indlela ende eya enkululekweni. From a poverty-stricken farm background, he fought his way up to become one of the most accomplished academics, with a PhD from the University of Cape Town, a DTh from UNISA and a DLitt (Honoris Causa) from Rhodes University. Mtuze’s autobiography will serve as an inspiration to one and all.
'n Biografie van die bekroonde skrywer Jeanne Goosen, met foto's, briewe en bydraes van vriende wat vertel hoe hulle dié ikoniese figuur ken. Die skrywer, Petrovna Metelerkamp, is die 2019-wenner van die ATKV-Veertjie vir nie-fiksie vir Ingrid Jonker - 'n Biografie. Die boek bevat materiaal wat voorheen ontoeganklik was en beloof om ure se leesgenot te verskaf aan die duisende aanhangers van die digter-dramaturg en skrywer van Ons is nie almal so nie.
At Close of Day is the author's thoughts and meditations about old-age, aging and the end of a life, together with memories of a general nature to give a stirring depiction of the author’s life of almost eighty years. The series of autobiographical books that started with ’n Duitser aan die Kaap, Merksteen and Die laaste Afrikaanse boek is concluded with this work. It is a highly personal book about old-age, the process of writing and self-determination with commentary about aging and being old in a modern society, and was updated for the last time on 26 April 2017, a few days before his death. He gives practical hints and information about the possible and probable end of his life. The element of farewell and acceptance are obvious throughout the text. He realizes that old age becomes the main theme of his thoughts and his daily life. The references and quotations are poignant and speak of someone who made his reading world his living word. In the end he explains his liberating decision about his planned suicide.
Richard Rive was a writer, scholar, literary critic and teacher in Cape Town. This biography creates the composite qualities of a man who was committed to the struggle against racial oppression and beneath whose public persona lurked a constant and troubled awareness of race and guardedness about his homosexuality.
The Fifth Mrs Brink is Karina M. Szczurek’s memoir of her life before, during and after her marriage to André P. Brink. Polish-born Karina was twenty-seven when she met the acclaimed writer, forty-two years her senior, and they spent a decade together. Here she chronicles their relationship, from their first encounter in Vienna, Austria, and moving across continents to be with each other, to finding calm and stability in their married life in Cape Town, and finally facing the challenges of André’s deteriorating health in the last year of his life. This soul-baring account is also the story of two interwoven writing lives, Karina’s burgeoning and André’s in its final phase. It is a diary of creative dissolution and knitting back together, a homage to a marriage reality tragically cut short but also to a love to last a lifetime.
Al is die Nobelpryswenner J.M. Coetzee wereldwyd as romanskrywer en letterkundige bekend, was daar nog geen omvattende biografie oor hom nie. Vir J.M. Coetzee: 'n Geskryfde Lewe het J.C. Kannemeyer, wat veral vir sy Afrikaanse literatuurgeskiedenis in twee dele asook verskeie biografiee van Afrikaanse skrywers bekend is, die samewerking van Coetzee self gehad. Coetzee het onderhoude aan hom toegestaan, en Kannemeyer met familielede, vriende en kollegas in aanraking gebring. Coetzee het hom ook toegang tot 'n aansienlike aantal dokumente in sy private besit gegee. Voorts het Kannemeyer die geweldig omvattende literatuur oor Coetzee bestudeer en op inligting afgekom wat nie tevore ontgin is nie. Kannemeyer het hierdie biografie voor sy skielike heengaan op 25 Desember 2011 voltooi, en Michiel Heyns het dit uit Afrikaans in Engels vertaal. Die boek is 'n reis deur Coetzee se lewe, en begin met 'n ondersoek na sy geslagsregister. Daarna kom sy kinderjare in Kaapstad en Worcester onder die loep. Na 'n beskrywing van sy skooljare word sy loopbaan, van sy studentejare aan die Universiteit van Kaapstad en sy tyd as rekenaarprogrammeerder in Brittanje, uitgele. Hierna het hy sy doktorsgraad aan die Universiteit van Texas in Austin verwerf, en daarna was hy drie jaar lank 'n lektor aan die New Yorkse Staatsuniversiteit in Buffalo. Sy deelname aan vreedsame versetoptrede teen die teenwoordigheid van die polisie op die Buffalo-kampus het daarop uitgeloop dat sy aansoek om 'n visum vir verdere verblyf in daardie land geweier is, en hy moes na sy geboorteland terugkeer. Met sy terugkeer in 1971 is Coetzee as lektor in Engels aan die Universiteit van Kaapstad aangestel, en vir die volgende dertig jaar het hy 'n vermaarde akademiese loopbaan geniet. Onder meer was hy besoekende hoogleraar aan universiteite in die Verenigde State, en het hy ook talle lesings en voorlesings by 'n groot verskeidenheid konferensies en instellings gelewer. Sy eerste roman, Dusklands, het in 1974 verskyn, en is gevolg deur etlike romans wat hom as 'n vooraanstaande romanskrywer in Engels gevestig het. Vir die eerste keer openbaar hierdie biografie inligting oor 'n outeur wat nie net by uitsondering onderhoude aan joernaliste toestaan nie, maar ook baie swygsaam oor sy private lewe is. Die biograaf het 'n geleentheid gekry om talle wanopvattings wat steeds bestaan, reg te stel, en inligting te voorsien wat lig op die ontstaan en implikasies van die romans werp. Die biografie is in wese 'n onontbeerlike bron vir almal wat hulle met die werk van J.M. Coetzee bemoei.
Andre P Brink En Die Spel Van Liefde is die heel eerste biografie van ’n Suid-Afrikaanse skrywer wat gedurende sy leeftyd in dieselfde asem as Gabriel García Márquez, Peter Carey en Aleksandr Soltzjenitsen genoem is, en wie se romans in meer as 30 tale vertaal is. In Leon de Kock se langverwagte biografie word Brink se persoonlike dagboeke en joernale as die belangrikste bronmateriaal hanteer. Brink het meer as 50 jaar lank sy ervarings en gedagtes pligsgetrou opgeteken: hierdie notaboeke, waartoe De Kock eksklusief toegang verkry het, word nou vir die eerste maal bekend gemaak. Die spel van liefde is ’n omvangryke biografie wat die leser ’n openhartige, onverbloemde blik gee op Brink se gedagtes en gevoelens – oor homself én ander. Brink beskryf die hoogte- en laagtepunte van sy vyf huwelike asook sy verskeie verhoudings met ’n groot aantal vroue – ’n onderwerp wat hy in sy memoir, ’n Vurk in die pad, maar slegs vlugtig bespreek. Gedurende sy leeftyd het Brink hom nie net teen die politieke bestel verset nie, maar veral ook teen tradisionele seksuele sedes. In hierdie biografie van ’n skrywer aan wie die Nobelprys vir letterkunde byna toegeken is, bekyk De Kock Brink se persoonlike, outobiografiese aantekeninge vanuit ’n kritiese, literêre oogpunt. Daarmee saam vergelyk hy die dagboeke met akademiese en ander, alledaagse bronne, waaronder getuienisse deur Brink se vriende, familie, eggenote en minnaresse. Die spel van liefde is ’n unieke, belangrike toevoeging tot die Suid-Afrikaanse lettere, maar veral ook tot navorsing oor Brink se lewe en skryfwerk.
The first ever memoirs from the Number One global bestselling adventure author. Wilbur Smith has lived an incredible life of adventure, and now he shares the extraordinary true stories that have inspired his fiction. From being attacked by lions to close encounters with deadly reef sharks, from getting lost in the African bush without water to crawling the precarious tunnels of gold mines, from marlin fishing with Lee Marvin to near death from crash-landing a Cessna airplane, from brutal school days to redemption through writing and falling in love, Wilbur Smith tells us the intimate stories of his life that have been the raw material for his fiction. Always candid, sometimes hilarious, and never less than thrillingly entertaining, On Leopard Rock is testament to a writer whose life is as rich and eventful as his novels are compellingly unputdownable.
The Nobel Prize-winning author's brilliant trilogy of fictionalized memoirs--now available in one volume for the first time Few writers have won as much critical acclaim and as many admirers in the literary world as J. M. Coetzee. Yet the celebrated author rarely spoke of himself until the 1997 arrival of "Boyhood," a masterly and evocative tale of a young writer's beginnings. Continuing with the fiercely tender "Youth" and the innovative "Summertime," "Scenes from Provincial Life" is a heartbreaking and often very funny portrait of the artist by one of the world's greatest writers.
I came to know the country, I have enacted my life not better or worse
than others, the harvest was not richer or poorer than that of others,
though full of good shoots. But I knew that I was coming to die here
next to the river; I came to look for it like the elephants do.
Ek het die land leer ken, my lewe bedryf nie beter of slegter as ander
nie. Die oes was nie ryker of skraler as dié van ander nie, maar dit
was vol goeie are. Tog het ek geweet dat ek kom doodgaan langs die
Valschrivier. Ek het dit kom soek soos die olifante. |
![]() ![]() You may like...
|