0
Your cart

Your cart is empty

Books > Biography > Literary

Buy Now

J M Coetzee - 'n Geskryfde Lewe (Afrikaans, Paperback) Price: R430
Discovery Miles 4 300

J M Coetzee - 'n Geskryfde Lewe (Afrikaans, Paperback)

J C Kannemeyer

 (sign in to rate)
Price R430
Sold by
Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
Discovery Miles 4 300

Bookmark and Share

Expected to ship within 2 - 4 working days

Al is die Nobelpryswenner J.M. Coetzee wereldwyd as romanskrywer en letterkundige bekend, was daar nog geen omvattende biografie oor hom nie. Vir J.M. Coetzee: 'n Geskryfde Lewe het J.C. Kannemeyer, wat veral vir sy Afrikaanse literatuurgeskiedenis in twee dele asook verskeie biografiee van Afrikaanse skrywers bekend is, die samewerking van Coetzee self gehad.

Coetzee het onderhoude aan hom toegestaan, en Kannemeyer met familielede, vriende en kollegas in aanraking gebring. Coetzee het hom ook toegang tot 'n aansienlike aantal dokumente in sy private besit gegee. Voorts het Kannemeyer die geweldig omvattende literatuur oor Coetzee bestudeer en op inligting afgekom wat nie tevore ontgin is nie. Kannemeyer het hierdie biografie voor sy skielike heengaan op 25 Desember 2011 voltooi, en Michiel Heyns het dit uit Afrikaans in Engels vertaal. Die boek is 'n reis deur Coetzee se lewe, en begin met 'n ondersoek na sy geslagsregister. Daarna kom sy kinderjare in Kaapstad en Worcester onder die loep. Na 'n beskrywing van sy skooljare word sy loopbaan, van sy studentejare aan die Universiteit van Kaapstad en sy tyd as rekenaarprogrammeerder in Brittanje, uitgele. Hierna het hy sy doktorsgraad aan die Universiteit van Texas in Austin verwerf, en daarna was hy drie jaar lank 'n lektor aan die New Yorkse Staatsuniversiteit in Buffalo.

Sy deelname aan vreedsame versetoptrede teen die teenwoordigheid van die polisie op die Buffalo-kampus het daarop uitgeloop dat sy aansoek om 'n visum vir verdere verblyf in daardie land geweier is, en hy moes na sy geboorteland terugkeer. Met sy terugkeer in 1971 is Coetzee as lektor in Engels aan die Universiteit van Kaapstad aangestel, en vir die volgende dertig jaar het hy 'n vermaarde akademiese loopbaan geniet. Onder meer was hy besoekende hoogleraar aan universiteite in die Verenigde State, en het hy ook talle lesings en voorlesings by 'n groot verskeidenheid konferensies en instellings gelewer.

Sy eerste roman, Dusklands, het in 1974 verskyn, en is gevolg deur etlike romans wat hom as 'n vooraanstaande romanskrywer in Engels gevestig het. Vir die eerste keer openbaar hierdie biografie inligting oor 'n outeur wat nie net by uitsondering onderhoude aan joernaliste toestaan nie, maar ook baie swygsaam oor sy private lewe is. Die biograaf het 'n geleentheid gekry om talle wanopvattings wat steeds bestaan, reg te stel, en inligting te voorsien wat lig op die ontstaan en implikasies van die romans werp. Die biografie is in wese 'n onontbeerlike bron vir almal wat hulle met die werk van J.M. Coetzee bemoei.

General

Imprint: Jonathan Ball Publishers SA
Country of origin: South Africa
Release date: August 2014
Authors: J C Kannemeyer
Dimensions: 225 x 144 x 58mm (L x W x T)
Format: Paperback - Trade
Pages: 752
ISBN-13: 978-1-86842-638-6
Languages: Afrikaans
Categories: Books > Language & Literature > Biography & autobiography > Literary
Books > Biography > Literary
Books > Afrikaans > Taal en Letterkunde
Books > Afrikaans > Biografieë
Promotions
Books > Local Author Showcase > Biography > Literary
Books > Local Author Showcase > Afrikaans > Biography
LSN: 1-86842-638-6
Barcode: 9781868426386

Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate? Let us know about it.

Does this product have an incorrect or missing image? Send us a new image.

Is this product missing categories? Add more categories.

Review This Product

No reviews yet - be the first to create one!

You might also like..

The Love Song Of Andre P. Brink - A…
Leon De Kock Paperback  (1)
R460 Discovery Miles 4 600
Chris van Wyk: Irascible Genius - A…
Kevin van Wyk Paperback R360 R175 Discovery Miles 1 750
Bamboozled - In Search Of Joy In A World…
Melinda Ferguson Paperback R340 R319 Discovery Miles 3 190
Koning Eenoog - 'n Migranteverhaal
Toef Jaeger Paperback R110 Discovery Miles 1 100
Olga Kirsch - A Life In Poetry
Egonne Roth Paperback R275 R254 Discovery Miles 2 540
On Leopard Rock - A Life Of Adventures
Wilbur Smith Paperback  (1)
R250 R198 Discovery Miles 1 980
Love And Fury - A Memoir
Margie Orford Paperback R300 R268 Discovery Miles 2 680
There Goes English Teacher - A Memoir
Karin Cronje Paperback R781 Discovery Miles 7 810
Ingrid Jonker - 'n Biografie
Petrovna Metelerkamp Paperback R390 R360 Discovery Miles 3 600
Sol Plaatje's Mhudi - History…
Sabata-Mpho Mokae, Brian Willan Paperback R320 R295 Discovery Miles 2 950
Die Geskenk - Liefde, Selfdood en Dieper…
Riette Rust Paperback R350 R328 Discovery Miles 3 280
We Two From Heaven - A Memoir
James Whyle Paperback R315 R249 Discovery Miles 2 490

See more

Partners