0
Your cart

Your cart is empty

Price
  • R250 - R500 (5)
  • R500+ (1)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Promotion > Author Of The Month > Modern Dramas

Die Ballade Van Robbie De Wee - En Ander Verhale (Afrikaans, Paperback): Deon Meyer Die Ballade Van Robbie De Wee - En Ander Verhale (Afrikaans, Paperback)
Deon Meyer 1
R375 R335 Discovery Miles 3 350 Save R40 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Internasionaal gevierde misdaadskrywer Deon Meyer se bundel tydskrifverhale Bottervisse in die jêm het in 1997 verskyn. Nou is dié lekkerleesverhale in ’n splinternuwe, hersiene gedaante te kry, mét vyf verhale wat nog nooit voorheen gebundel is nie, onder andere "Die ballade van Robbie de Wee".

Elke verhaal ontlok ’n gevoel van deernis met die karakters, of ’n uitbundige skaterlag. En die romantiek bly nie agterweë nie.

Van eerste tot laaste krul die leser se tone van pure leesplesier.

Jagveld - En Ander Draaiboeke (Afrikaans, Paperback): Deon Meyer Jagveld - En Ander Draaiboeke (Afrikaans, Paperback)
Deon Meyer 4
R375 R335 Discovery Miles 3 350 Save R40 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Vir die eerste keer is vier van Deon Meyer se Afrikaanse filmdraaiboeke nou saam gebundel.

Jakhalsdans:
Die jong weduwee en onderwyseres Mara Malan wil keer dat die skooltjie op Loxton sy deure sluit. ’n Musiekkonsert kan uitkoms bring, maar Ruan Landman, die beroemde sanger wat hier woon en die ideale hoofkunstenaar sou wees, het ontaard in ’n stuurs kluisenaar.

Die laaste tango:
Ná hy die boosaardige reeksmoordenaar Basson aanrand, word werkverslaafde speurder Herkules de Wet na ’n klein dorpie gestuur om te gaan afkoel. Hier ontmoet hy vir Ella Winter, ’n mooi, passievolle vrou wat sterwend is aan kanker. Op die nag van hul laaste dans saam, maak Basson sy opwagting op die dorp.

Die ballade van Robbie de Wee:
Voorheen suksesvolle musiekvervaardiger Len van Jaarsveld het in volslae ellende verval. Sy ontdekking van die briljante rockster Robbie de Wee bied aan hom ’n tweede, lááste kans, maar net toe Len behoorlik op sy voete begin kom, dreig die dood van ’n jong meisie om alles weer in duie te laat stort.

Jagveld:
Die gewetenlose Bosman se bevele word áltyd deur sy manne uitgevoer, meedoënloos. Maar nou het Emma gesien wat hulle gedoen het . . . en word sy hier in die Groot-Karoo soos ’n dier gejag. Tog skuil daar ’n donkerte agter haar oë wat hulle nie verwag het nie . . .

Wie Met Vuur Speel (Afrikaans, Paperback, 3de Uitgawe): Deon Meyer Wie Met Vuur Speel (Afrikaans, Paperback, 3de Uitgawe)
Deon Meyer
R375 R335 Discovery Miles 3 350 Save R40 (11%) Ships in 5 - 10 working days

By 'n boekeveiling sien Ragel Bergh vir Dirk Buchner raak. Na 'n naweek op Houwhoek weet sy sy is nog nooit so volledig bemin nie. Weens populere aanvraag, die heruitgawe van Deon Meyer se heel eerste spanningsroman!

Proteus (Afrikaans, Paperback): Deon Meyer Proteus (Afrikaans, Paperback)
Deon Meyer
R375 R335 Discovery Miles 3 350 Save R40 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Tobela “Tiny” Mpayipheli, oud-KGB-sluipmoordenaar, ook bekend as “Umzingeli” (Die Jagter), het gedink hy het sy vorige lewe agtergelaat. Hy het vrede gevind, maar bevind hom skielik in ’n onmoontlike situasie. Want lojaliteit is belangrik – en hy moet nou binne 72 uur in Lusaka uitkom, anders sterf ’n ou vriend, ’n medestryder wat gyselaar gehou word. Maar die “losprys” wat hy saam met hom moet neem, is gevaarlik – ’n hardeskyf met “sensitiewe” inligting. Die plaaslike intelligensiediens gaan alles in hul vermoe doen om hom te keer. En nou word jagter die prooi. Op ’n “geleende” BMW-motorfiets vat hy die lang pad. Maar hoe verder hy vorder, hoe stywer span die net om hom. Spanning uit die boonste rakke; ’n boek wat geen leser sal kan neersit nie.

Feniks (Afrikaans, Paperback): Deon Meyer Feniks (Afrikaans, Paperback)
Deon Meyer
R375 R335 Discovery Miles 3 350 Save R40 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Kaptein Mat Joubert moet ’n sjarmante rower vastrek wat die een bank na die ander teister, en terselfdertyd moet hy ook die bloedspoor vat van ’n laksman. Maar op 34 is Mat oorgewig en hy rook en drink te veel. Bart de Wit, Moord en Roof se nuwe politiek korrekte bevelvoerder, pas terug uit exile, plaas druk op hom. Daar is nog hierdie een kans om homself te bewys en weer voor te begin …

Donkerdrif (Afrikaans, Paperback): Deon Meyer Donkerdrif (Afrikaans, Paperback)
Deon Meyer
R614 Discovery Miles 6 140 Ships in 18 - 22 working days

'n Moord by die Kaapse Waterfront, koelbloedig. Maar eers moet Bennie Griessel en Vaughn Cupido op Stellenbosch soek na 'n verdwene student, en die spoor vat van die eiendomsagent wat die kooptransaksie van Donkerdrif, korporatiewe swendelaar Jasper Boonstra se peperduur wynplaas, behartig het. En al hul ondersoeke het 'n gemene deler: gierigheid.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Booth
Karen Joy Fowler Paperback R463 R260 Discovery Miles 2 600
Over My Dead Body
Jeffrey Archer Paperback R295 R264 Discovery Miles 2 640
Blood's Inner Rhyme - An…
Antjie Krog Paperback R370 R330 Discovery Miles 3 300
Broken Country
Clare Leslie Hall Paperback R434 Discovery Miles 4 340
Early Life History and Recruitment in…
R.C. Chambers, Edward A. Trippel Hardcover R7,974 Discovery Miles 79 740
An Island
Karen Jennings Paperback  (1)
R280 R259 Discovery Miles 2 590
Fishes of the Genus Sinocyclocheilus…
FSBI FSBI Paperback R1,414 Discovery Miles 14 140
The Wish
Nicholas Sparks Paperback R383 Discovery Miles 3 830
Air - Elements: Book 4
John Boyne Hardcover R355 R317 Discovery Miles 3 170
Patterns in Freshwater Fish Ecology
William J. Matthews Hardcover R10,774 Discovery Miles 107 740

 

Partners