|
|
Books > Health, Home & Family > Handicrafts > Needlework & fabric crafts
Van babakomberse en sjaals tot truie en bykomstighede, hierdie breiboek
bied ’n versameling van 50 hoogtepunte uit die baie suksesvolle reeks,
Brei saam met Vrouekeur.
Die 50 breipatrone beloof om elkeen se brei-lus te bevredig en jou te
inspireer om daardie babakombers of trui te brei. Die patrone is mooi
en prakties genoeg sodat enigiemand dit kan brei. Daar is ’n groot
verskeidenheid patroonsteke vir oud en jonk en nuttige wenke
wat jou die geleentheid bied om ook ander artikels te brei.
20 Hekeltegnieke bevat verskillende tegnieke en idees waarvoor hekelwerk gebruik kan word. Elke tegniek word vergesel deur een of meer patrone om die spesifieke tegniek op ’n moderne manier uit te beeld.
Die skrywer verskaf basiese hekeltegnieke vir die beginner, asook meer gevorderde tegnieke vir diegene wat reeds ervare met hekelwerk is.
20 Hekeltegnieke is geskryf om jou kreatiwiteit vrye teuels te gee.
|
|