|
Books > Fiction > New Fiction Releases
|
Promises
(Paperback)
M. P. Kollman
|
R432
R391
Discovery Miles 3 910
Save R41 (9%)
|
Ships in 10 - 15 working days
|
|
The world has changed for Spider-Woman as the events of GANG WAR over
take New York City! She was wiped out of existence in 'End of the
Spider-Verse' and when she came back... well, things weren't the same.
Brace yourself for the next shocking chapter of Jessica Drew's story!
Diana en Gerhard deel dieselfde droom, maar dit is beslis nie een wat
hulle saam kan uitleef nie. Dit is óf die een óf die ander se droom wat
gaan realiseer.
Hulle is albei doelgerig en vasbeslote in hul soeke na sukses. Sake
word bemoeilik toe hulle hul harte onherroeplik op mekaar verloor.
Hoe gaan hulle die groeiende passie tussen hulle keer? En wie se drome
gaan op die ou einde aan skerwe lê?
Toe Cérie Château Monet erf, besluit sy om daar te bly. Hier is sy
geliefd en haar geheim is veilig. Arthur Arenberg, ’n welgestelde
hertog en Cérie se lojale jeugvriend, is bereid om met Cérie trou om
haar teen haar pa te beskerm.
Warrick is op sy gelukkigste op sy ouers se wildsplaas in Suid-Afrika.
In Frankryk vir ’n kursus, lei ’n motorongeluk hom na Cérie se deur.
Waar lê Cérie se toekoms? In Frankryk as Arthur se vrou of in haar
geboorteland saam met Warrick?
Although Kippei and Keita have been together for ten years now, they’re
still finding it difficult to be completely honest with one another.
However, it seems fate has a plan to reignite their passion and fix
their communication problems. The morning after Kippei accidentally
breaks a sentimental mug, he swaps places with his younger self from
ten years ago! Suddenly, the couple both have the opportunity to face
the person they fell in love with a whole decade back, and maybe
reignite the passion that’s been threatening to fade away.
Toe Marguerite ’n jaar ná haar mislukte verlowing terugkeer na haar
grootworddorp, is almal presies nog soos wat sy hulle onthou.
Almal behalwe Bernard Visagie. Die bruingebrande boer se omgeewoorde en
bokse met groente veroorsaak ongekende moeilikheid in haar hart.
Marguerite sien nie so gou weer kans vir ’n verhouding nie. Daarby is
hulle ouers teen hul vriendskap gekant oor iets wat dertig jaar terug
gebeur het.
Sal Marguerite en Bernard hul vriendskap lig en sonder onnodige
komplikasies kan hou?
“Hy’s onnosel,” fluister hy voor sy lippe stadig oor haar sproete gly.
“Dis pragtig. Jy’s pragtig.”
Die snak wat oor haar lippe kom, kan sy op geen manier keer nie. Met ’n
kreun trek hy haar kop nader en soen haar. Die oomblik wat hulle lippe
ontmoet, slaan begeerte intens en onmiddellik op haar maag.
’n Mens soen nie sommer wildvreemde mans nie, probeer ’n ou stemmetjie
haar keer, maar vir die eerste keer in haar lewe gaan sy haar nie aan
enige stem steur nie. Of dit die rooiwyn op sy tong of sy baard teen
haar vel is, weet sy nie, maar sy sink met ’n kreun weg in die soen.
Niks anders behalwe die een sensasie na die ander wat oor haar spoel,
maak op hierdie oomblik saak nie. Niemand het haar al ooit so gesoen
nie. Niemand nie. So asof hy sy hele lewe net vir hierdie oomblik gewag
het, asof hy nooit genoeg gaan kry nie en nooit gaan ophou nie.
Met ’n gromgeluid diep in sy keel, verdiep hy die soen. Lyflike plesier
soos sy nog nooit vantevore ervaar het nie, vloei deur haar soos warm
heuning. Haar hande beland op sy borskas. Warm, kliphard, gespierd.
Onder haar vingers struikel sy hart op dieselfde oomblik wat sy tong
deurglip en hare ontmoet.
Hitte, honger, passie. Moenie ophou nie, moenie ophou nie, is die
enigste gedagte wat bly maal.
Trou met ’n man wat jou sproete tel, het haar ouma vir Ava Badenhorst
geleer. Ava kry so ’n man in ’n restaurant in ’n Karoodorp, maar hy’s
een van haar nuwe base en te vatterig na haar sin.
Edward Sutherland soek nie iets ernstigs nie, maar besef sy gevoelens
vir Ava is nie net vlietend nie. Ava dra heelwat seer saam en wys nie
sommer haar gevoelens nie.
Is daar ’n kans dat dinge tog tussen twee rooikoppe kan uitwerk?
Verpleegsuster Kira Louw gaan werk op die Sea Nymph-toerskip sodat sy
van ’n teisteraar af weg kan kom.
Sy en die aantreklike dokter Albert Dorell is dadelik aangetrokke tot
mekaar maar albei het voorbehoude. Kira is nou lugtig vir mans. Albert
se pa se ryk familie op Malta het op sy ma neergesien en sy ouers is
geskei.
Vroue is net so aangetrokke tot Albert as wat mans tot Kira is. Sal die
liefde seëvier?
Die kunstenaar Marieke Marais gebruik ’n koffietafelboek waaraan sy
werk as verskoning om te vlug van haar manupilerende eksverloofde. Sy
gaan bly in afsondering in ’n berghuis om haar opdrag te voltooi.
Toe haar nuwe buurman haar as sy verbeelde trouvrou voorhou om die
attensies van sy baas se besitlike dogter te ontwyk, word Marieke se
lewe van voor af gekompliseer.
Sal sy kan onderskei tussen voorgee en werklike liefde? En sal sy
haarself van ander se manupilasie kan bevry?
Die drie Van der Walt niggies is elkeen vasgevang in hul eie uitdagings
na die onlangse warrelwind van gebeure.
Lenore worstel met ’n groot persoonlike verlies. Die kringloop van haar
beproewinge oor die afgelope tyd het haar vrese oor verlating wat sy al
in kleintyd ontwikkel het, net verder verdiep. Maar noudat sy self ’n
ma is, besef sy dat sy haarself hiervan sal moet bevry om ’n
standvastige ouer vir haar kinders te wees. Hulle oupa Tjaart se visie
vir Bateleur-reservaat rus ook op haar skouers, en sy dra swaar daaraan
om getrou hieraan te bly.
Bella, wat al in haar tienerjare wees gelaat is ná haar ouers se
selfvernietigende besluite, begeer ’n familie van haar eie. Ná haar
broer, Jaco, se hartseer dood in ’n skiettragedie, het sy in haar
alleenheid die ideaal van ’n perfekte familie nagejaag. Maar miskien is
daar tog ’n hegte kring van liefde vir Bella bedoel wat nie uit die
standaard definisie van die perfekte familie bestaan nie, maar eerder
in die warm koestering van ’n laslap familie.
Tarien se fokus is só onwrikbaar gevestig op haar toewyding aan die
Here en die opofferings wat sy in haar diens aan Hom maak, dat sy nie
besef haar sendeling bestaan het ’n selfopgelegde prys geëis wat die
Vader nooit van haar gevra het nie. Haar ma is sterwend en Tarien begin
wonder oor haar im-pulsiewe, romantiese uitkyk op die lewe en hoe dit
haarself en haar naastes benadeel. Sy begin twyfel of dit ooit só moes
wees. Miskien lê die antwoorde op haar vrae en brose behoeftes op haar
grootwordplaas ...
|
You may like...
Now You Suffer
Gareth Crocker
Paperback
(1)
R280
R199
Discovery Miles 1 990
Intermezzo
Sally Rooney
Paperback
R410
R285
Discovery Miles 2 850
Leo
Deon Meyer
Paperback
(1)
R385
R260
Discovery Miles 2 600
Triangle
Danielle Steel
Paperback
R385
R275
Discovery Miles 2 750
Witness 8
Steve Cavanagh
Paperback
R415
R280
Discovery Miles 2 800
|