Decoupage is een van daardie eeue-oue handwerksoorte wat telkens
weer in 'n nuwe gedaante sy opwagting maak. Die jongste neiging is
om decoupage met lap as basis te gebruik vir die versiering van 'n
verskeiden heid voorwerpe, van inkopiesakke tot bedlampies en
badkamerteels tot berebokse. Dit is 'n maklike, prettige manier om
enige denkbare ding te hergebruik en te versier volgens idees en
tegnieke van verskeie ander handwerksoorte. Hierdie praktiese gids
se verfrissende en oor spronklike benadering tot decoupage fokus op
die gebruik van lap en tekstielstowwe as dekoratiewe medium. Dit
teks is propvol inligting, nuttige wenke en praktiese raad.
Gedetailleerde aanwysings, aangevul deur duidelike stap-vir-stap
foto's, verduidelik al die tegnieke wat vereis word om pragtige
artikels te skep en professioneel af te werk. Die uitmuntende
foto's van alle voltooide projekte sal enigeen aanspoor om sommer
dadelik aan die werk te spring.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!