Halfpad Hol is die storie van vier karakters wat hulle lewensweg
moet vind in die godsdienstig-versplinterde landskap van
post-apartheid Suid-Afrika. Die twee manlike perspektiefkarakters
is beide vasgekeer in 'n gat; Coenraad fisiek onder in 'n myn,
terwyl sy boesemvriend Henk se stryd tussen sy ore afspeel. Saam
met Tracy en Benita word hul oortuigings getoets rakende etiek in
besigheid, die huwelik en verhoudings. Daar is vertwyfeling oor die
grootmaak van kinders, verhoudings met bejaarde ouers en houdings
teenoor tradisionele instellings. Traumas weens die verlede se
indoktrinasie beinvloed steeds hul lewenskeuses. Halfpad Hol bekyk
die invloed van volksgodsdiens en die nadraai daarvan op die psige
van die enkeling.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!