'n Sterk bewustheid van die geskiedenis van Suid-Afrika kenmerk die
gedigte in Retoer, Bezuidenhout se debuutbundel. Die bree verloop
van die geskiedenis kry 'n persoonlike kleur deur die bytrek van sy
eie voorgeslagte en deur die aanvaarding van 'n lotsverbondenheid
met sowel die voorgeslagte as tydgenote, die wat “in Angola en in
Wimpy Bars moes vrek”. In talle gedigte is reise ter sprake: reise
in die verlede soos die van die Europese immigrante na die land,
die reise van die Voortrekkers die binneland in, van mynwerkers na
Johannesburg, van lattelanders na groot stede; ook die van
dienspligtiges na die buurland Namibie en van emigrante na lande
soos Kanada en Australie. Telkens word daar egter teruggekeer na
die twee groot stede Pretoria en Johannesburg. Bezuidenhout slaag
daarin om die moeisaamheid, somberheid en selfs uitsigloosheid van
'n kleinburgerlike bestaan in die stad te verwoord, maar bowenal om
die menslike gesig van die stede ook na vore te bring. Die gedigte
in die vyf afdelings van Retoer is oop en toeganklik en roep 'n
wereld op wat vir die meeste Afrikaanse lesers herkenbaar behoort
te wees.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!