Die geliefde dominee Barend Vos se sketse oor die lewe van ’n predikant en sy gesin in ’n plattelandse gemeente het tot op hede in vyf bundels verskyn. Dié sketse verskyn die afgelope tien jaar elke maand in die tydskrif LIG, met illustrasies deur Fred Mouton.
In Liefdegroete, Grootseun word ’n dertigtal van Vos se Grootseun-stukke wat die afgelope jare in Lig verskyn het, byeen gebring as keur van die meer as 100 wat sedert sy laaste versameling verskyn het. Elke rubriek word aangebied as ’n brief wat deur “Grootseun” geskryf word aan sy ouers. Die sketse het meestal ’n sterk humoristiese aanslag en gefokus op ’n plattelandse kerkgemeenskap waarvolgens “Grootseun” die Jongdominee van die gemeente is. Die ruimte is dus plattelands, kerklik en geskryf met ’n deernisvolle aanbod wat eie is aan Vos se skryfstyl.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!