Clea Cilliers, student en entrepreneur, wag nie vir ’n djin in ’n lamp
om haar wense te bewaarheid nie. Sy gebruik haar erfgeld om ’n
baristafiets en koffiepitte te koop sodat sy aan haar
oorbeskermende broers kan bewys sy kan op haar eie voete staan.
Bedags is sy barista by haar koffiestasie in die middestad sodat sy
saans lesings kan bywoon vir haar BA-graad.
Pierre Grundling se besigheidsaanbod wat die geleentheid insluit
om ’n agtiende-eeuse dagboek in Afrikaans te vertaal, verander
alles. Haar lewe raak so vervleg met die avonture van die
dagboekskrywer en die ontstaan van die koffiekultuur, dat sy begin
vermoed dat koffie dalk wel ’n towerdrankie is.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!