Tweede kanse vir tweedehandse harte …
Ná Milan se man se dood in ’n vliegtuigongeluk, moet sy haar rykmanslewe in Sandton vaarwel roep. Haar man het hul geld uitverkwis en die skuldeisers eis alles op. Al wat sy vir ’n erflating oorhou, is haar man se tant Corrie se huis op Vaalkrans. Dis vir haar ’n groot aanpassing: Haar bure wat tydig en ontydig by haar huis inkom; die oornooi vir etes en gesprekke oor persoonlike dinge al ken hulle mekaar nie; die omgee vir mekaar en uiteindelik ook die omgee vir haar.
Haar geldsake is beroerd maar soos wat sy haar voete vind, en tant Corrie se huis leer ken, sien sy potensiaal en begin uiteindelik ’n leefstylwinkel in een van die dele van die huis.
Om dinge verder te kompliseer is daar twee mans wat haar in die oog het: Die eiendomsagent wat haar huis moet verkoop, Cloete Rademan, asook die boer op Skilderkloof, Herk Bocklenberg met sy moeilike dogter, lewenslustige tweelingseuns en dieselfde drang as Milan om oor te begin.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!